Heavenletter #76 Oortuigings Is Ingeplante Idees
Heavenletter #76 Oortuigings Is Ingeplante Idees
God het gesê:
Vul jouself met My Liefde.
Asem dit in.
Jy vul jou petrol tenk.
Nou vul jouself met dit wat verniet en volop is.
Nooi My in.
Nooi My lig om jou te vul.
Nooi My lig om deur jou te vloei.
Nooi My lig om jou te lei.
Jy kan nie te veel van My lig kry nie.
Hou aan om genoeg te kry.
In plaas van kwaad en ontsteltenis in te asem, asem My liefde in.
Trek na jou bewustheid van My liefde.
As My liefde te veel is vir jou om te absorbeer, neem dan My energie in.
Drink dit.
Drink My energie.
Almal soek meer energie.
Energie is Lig.
Energie is My liefde, maar jy kan, as jy wil, dink aan My liefde as onpartydige energie uitgegee aan jou outomaties. Nou laat My energie in jou bewustheid in sypel, die energie van God geplaas in jou bewustheid.
Hoe dit jou versterk.
My energie help jou om te weet wat jy bedoel is om te doen.
My energie moet gebruik word.
Dit moet gegee word.
Wat jy ontvang, moet jy gee.
Jy gee dit deur dit te skyn.
Die ontvang en die gee is outomaties, maar die bewustheid is nie.
Wanneer daar bewustheid is, is daar meer ontvang en meer gee.
Net soos jou oë die pad volg en jou vat na jou bestemming, jou bewustheid gerig op My trek meer energie na jou toe, en meer energie vat jou na hoër plekke. Hou My in jou visier, en jy sal na My kom in jou bewustheid.
Regtig, My kinders, jy begeer nie om dieselfde te bly nie. Om dieselfde te bly is dieselfde as om aan die slaap te wees. In Waarheid, jy sal wakker gemaak word.
Wees nie bangwees vir Waarheid nie.
Wees nie bangwees om te leer dat jy jouself mislei het nie.
Wees nie bangwees om te leer dat jy lyne getrek het om jou bewustheid af te sny.
Jy het buitegrense opgestel en het jouself toegang verby dit verbied.
Elke Waarheid wat jy blok, blok jy My.
Jy verplaas jou oë van My af omdat jy bang is om te laat gaan.
As jy My nie kan ag as Liefde of Energie nie, dan ag My as Waarheid.
Laat vaar jou self opgelegde illusies.
Hulle beskerm jou nie.
Hulle beskerm jou ego. Wat het jy ego voor nodig?
Jy benodig geen beskerming van Waarheid, vir Waarheid is jou sleutel tot Grootheid.
Wanneer jy toelaat dat jou ou oortuigings weg gaan, word jy eg.
Is jou ou oortuigings regtig so waardevol?
Moet jy hulle onderhou?
Het jy illusies nodig om jou te onderhou?
Jy dink jy doen. Jy dink jy sal breek as jy vry sou wees van die verlede. Jy dink vryheid is verlies.
Jou ou oortuigings boei jou, en hoe gemaklik is die boeie. Wat sou jy doen sonder hulle, dink jy. Omdat jy dink jou boeie is deel van jou, jy dink hulle is nodig vir jou behoud. Maar daardie geboeide idees stop jou van jou aanhoudende reis na jouself en daarvoor na My.
Jou gevestigde oortuigings is uitsprake, en uitsprake maak die deure van kommunikasie toe.
Eerste moet jy met jouself kommunikeer.
Moenie vir jouself jok nie.
Grootheid hoef nie ou weggooibare denke te dra nie. Omdat jy My Grootheid is, kan jy jou hardkoppige verstand laat vaar van elke karton-oortuiging wat dit ooit gehad het. Jy hoef nie Waarheid te handhaaf nie. Waarheid handhaaf vanself. Grootheid het nie oortuigings nodig om dit te onderhou nie.
Loop in My hart in, en jou oortuigings sal wegwaai in die winde.
Moenie glo in illusies nie.
Moenie glo in ou gewoontes van dink nie.
Moenie glo dat jy moet aanhou om te glo in als wat jy geglo het nie. Dalk baie, dalk meeste, dalk al die idees oor jouself en die lewe is nette wat oor jou oë en hart getrek is.
Hierdie idees sê aan jou hart van bewustheid: "Stop. Gaan nie verder. Stop reg hierso. Dit is sover as wat ek jou sal toelaat om te gaan. Ek sal jou nie laat gaan na onverkende gebiede nie."
Nou, neem kennis van jou oortuigings. Oortuigings is jou Ingeplante Idees. Neem kennis wat hulle is. Dalk glo jy jy is slim, of jy dink jy is nie slim nie. Draai jou gedagtes om, en sien watter ligte aangaan. Jy mag dalk glo dat siekte is ooreeflik, maar wat as dit nie is nie? Wat as emosies en denke aansteeklik is, en jou verstand het hulle gevang? Gedagtes word oorgedra maar hoef nie oorge-erf te word nie. Wat jy gedink het is waar mag nie waar wees nie. Wat jy gedink het as wonderlik of nie-wonderlik mag dalk nie wees nie.
Vat elkeen van jou Ingeplante Idees en draai hulle om, en luister vir wat hulle sê, en sien wat met jou gebeur. Oorweeg dat die kleinste moontlikheid bestaan dat die teenoorgestelde van wat jy altyd gedink het mag 'n Waarheid wees wat jy ontken het.
Jy weet nie eens wat jou oortuigings is nie. Vat 'n kyk. En gaan verder.
Baie oortuigings is verskonings. Hulle regverdig aan jou veroordeelde verstand iets wat jy dink moet geregverdig word. Hulle is alibi's asof jy op verhoor is. Jy verskoon jouself van verantwoordelikheid.
Wat as jy verkeerde gevolgtrekkings getrek het?
Erken, erken. Erken Waarheid in jou bestaan in.
Baie van jou idees hou jou terug.
Baie van jou idees bind jou aan 'n geslote kring van definisie.
Laat vaar vrees, en jy sal Waarheid erken.
Laat vaar vrees, en jy sal verby jou huidige definisie sien.
Laat vaar vrees, en jy sal die vryheid van verantwoordelikheid aanvaar.
Laat vaar vrees, en verandering sal jou vriend word.
Verander net een van jou oortuigings, en jy sal veranderd wees.
Laat oortuigings agter. Kom in na hierdie oomblik. Ek is hier met jou. Laat vaar jou vrese wat veroorsaak dat jy vashou aan dit wat nie so is nie.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"