Heavenletter #5509 Die Ware Gedagtes Wat Jy Begeer Om Joune Te Wees.
God het gesê:
Ek het jou gehoor fluister, nie 'n gebed nie, maar 'n besef wat lyk of dit sy pad in jou hart wil in forseer wat vir so lank al hang. Jy sing uit:
"Geliefde God, U Wat U Self Aan Ons Bemaak, U Wat Weet Hoe Om Te Lief, U Wie Se Oê Oplig Wanneer U Ons Sien, Ek dank U vir al U Gawes aan Ons. Heilig is U, en Heilig-Makend is U. Ek wens om heilig te wees, nie as 'n Heilige, nee, glad nie - soos 'n mens wat begeer om nader aan U te wees, God, en nader en nader totdat U my in U Inner Hof bring, en ek Eenheid met U leef.
"Waar het die Kleinheid van my, dit wat ek gedink het ek was, gegaan? Ek was 'n voorgeeer tot die troon. Nou, met Oneindige Geduld het U die Pou Vere van my verwyder, en hier is ek, gemelt in Botter in, ge-absorbeer in U, Een met U. Terwyl ek op Aarde is, hou ek aan om 'n liggaam te wees wat nie U is nie. My liggaam is die Stof tot Stof. My Siel is die Suiwer Lig van God.
"Ego in die vorm van bedrog leef net nie meer in die liggaam nie. Ego kan eenvoudig net nie in U Teenwoordigheid bly nie. Ego moes uit my kom, vir, beslis, Ek moes uitstyg van alles wat nie die Waarheid van U is nie, God. Ek moes vreugde laat inkom deur die Deur van my Hart en ego by die deur uit. "Shoo, ego." Ek sê: "Shoo." Ego het gevlug by die deur uit, en ek, as God se Suiwer Lig, is oor.
"Dit Wat Ek Eens Gedink het was myself was 'n Indringer, 'n Ontwyker, Inmenger, Vermommer. Die Inmenger het verlaat, en ek was oor. Ek, in God se Waarheid was oor. My hele lewe tot nou toe was ek oorgeneem deur Illusie en Woes Aktiwiteite. Nou is ek 'n Danser van Waarheid.
"Ek sing: Die wolf is dood. Die wolf is dood. Die wolf is dood vir my ten minste. Die aasdier is weg. Die diep-voeder van die buit is weg, en die Danser van Waarheid is oor.
"Ek is so diep in vreugde dat ek skaars my ooglede kan lig. Die riff-raff is weg. Die liggaam is 'n dop. Ek is nie 'n dop nie. Die dop verskuil my nie meer van my Self nie.
Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie. Ek is selfs lief vir die ego wat moes vlug. Hy het sy lied gesing. Nou is sy stem stil gemaak, en U stem ontvou my en ontvou die wêreld. Ek is nie meer gesofistikeerd nie. Ek is gerestoreer tot my oorspronlike onskuld. Ek kan skaars praat. Ek is nuut tot dit, nuut om 'n blom te wees wat slegs groei alleenlik van God se Hart, wat in 'n onskuld opstyg wat ek skaars kan glo. Alles wat nie God was in my nie het sy vrolike pad gevat. Die individueel wat ek was is maar 'n oorblyfsel van my Oorspronlike Self. Ek is nou my Oorspronlike Self.
"Kan ek myself nou onderhou? Slegs die Hart van My wat die Hart van God is, God, bly oor. Ek is 'n Stêr in die Hemel. Ek is Lig wat Deur Breuk. Daar is nie meer hindernisse nie. U God, en ek het gemeng. Nee, nie gemeng -- saamgesmelt as Een. Om te dink, Ons was altyd Een, maar ek het op my ego se skouers gestaan, en ek was soos 'n swerwer wat my hand uit gehou en gebedel van 'n gebroke wêreld.
"Nou EK IS. Nou EK IS Suiwer Wese. Daar is skaars iets oor van my. Dit was altyd die Waarheid, maar my aandag was verlei na glinster versierings wat ek juwele genoem het maar was nie. Nou is ek eenvoudig hier, en dit is genoeg. Dit is al wat ek wil hê, om hier by U te wees. Dis al wat daar is. Ek bedoel dat dit is die Grootheid wat is. Geen meer jaag na dit wat wat nie bestaan nie, en is, na alles, 'n krummel of twee om ego te voed. Ek is nie langer 'n voeding grond vir ego nie, en nou weet ek nie waarvoor om na te smag nie, omdat ek vervat is in God, nie regtig vervat nie, meer soos 'n bloeisel van 'n roos sonder dorings, meer soos Goddelikheid Vanself, meer soos die Asem van God. Nou neem ek waar dat ek is onskeidbaar van God en God is onskeidbaar van my. Ja, dit moet Eenheid wees. Dit is so maklik, dit kan net wees dat God het my nader na Hom en Sy Mag gettek."
Ek beantwoord jou: Ja, Ek het jou verwelkom lank gelede. Voor jy dit geweet het -- die voormalige jy wat jy gedink het jy was -- het alreeds begin agterkom wat altyd so was.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"