Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5508 Wat Jy Nie Wil Hê Nie

God het gesê:

Ek hoor julle gedagtes, liewe swerwers. Ek hoor julle. Ek verstaan die Laaste Stand wat die ego maak. Moenie so baie maak van ego nie. Dit is net ego.

Ek hoor jou sê met bewing:

"Geliefde God, U is so bevoeg en slim terwyl ek 'n enorme tekort van bewustheid het of wat ek doen en hoekom. Ek verstaan nie wat ek doen in die geveg nie. Ek doen, tog ek blyk nie in staat om sin te maak van wat ek doen of dink wanneer ek in die midde van die lewe is nie. Ek wil nie my dwalende gedagtes hoor nie. Wanneer, O God, sal U Pragtige Gedagtes my pap eie vervang?

"God, Ek lees wat U sê. Ek deurdink dit. Ek knik my kop in ooreenstemming. Ek glo totaal dat ek verstaan die hart van wat U sê. Ek is baie simpatiek. My begrip van U voel soos 'n spesiale kombers wat my bedek en beskerm van bewing. Ek vang dit God. Ek vang dit regtig.

Dan, wanneer U woorde nie reg voor my is nie, is dit asof my gedagtes soos 'n Oerwoud van Gedagtes, 'n Mengelmoes van Gedagtes is, en my begrip en deernis ontgaan my, en ek het geen begrip hoegenaamd nie. My gedagtes gebruik slegte taal. Oh, my vlak van begrip en die leef van U advies is twee verskillende draaie op die lewe. Somtyds vergeet ek dat ek met siele deel wat liefdelikheid van my verwag.

"O God, my ego daag op en blyk of dit die sanggroep lei. Gaan ek ooit uit die Doolhof van Kleinheid kom wat my agtervolg? Somtyds hang ek aan 'n draad. My interne dialoog word gevlek. Ek weet U is met my, tog, wanneer als gesê en gedoen is, blyk dit of ek 'n ego wil van my eie het wie se stem harder as U s'n is.

"Liewe God, te veel van die gedagtes wat deur my verstand gaan is nie Joune nie. Ek kan nie glo dis myne nie, hierdie gemompel wat ek myself hoor uiter en mompel -- hulle maak my hart en verstand 'n wrak, en -- Ek huiwer om te sê - my siel. Ek stuier in die wêreld. Red my van die willekeurige gedagtes wat my teister wat nie waardig is van 'n Kind van U nie. Bevry my van gedagtes wat nie U s'n is nie. Ek wil nie hê hulle moet myne wees nie."

Ek sê vir jou:

Geliefde, daar is geen eienaarskap in die uiterlike wêreld nie. Nie eens jou gedagtes nie. Jy tel hulle op. Noem hulle swerwende gedagtes wat jou beval. Hulle is oorskiet wêreld gedagtes en hulle het in jou gedagtes in geloop. Jy is, dalk, te gasvry met hulle, te vriendelik, te vinnig om hierdie oorskiet gedagtes oor te vat. Hulle dring in. Hulle taal wurg jou hart, en jy voel onbevoeg om hulle af te weer. Sulke gedagtes is teen jou sin vir korrektheid aangesien. Wees van mening dat hierdie dwalende gedagtes het 'n verstand van hul eie. Hulle het geland in jou gedagte stroom.

Jy vra hoe om uit die baan te kom. Hoe meer jy probeer om ontslae te wees van hierdie gedagtes, hoe dieper mag hulle insink. Jy sal hulle ontvlug, as jy net weet hoe. Wat jy vra is hoe kry jy jou verstand af van hulle af? Of hoe hou jy hulle weg in die eerste plek? Jy wil verseker hê dat hulle moet weggaan.

Jy wil nie hierdie bondel van gedagtes terug stuur in die gedagte poel vir iemand anders om dit op te tel nie. Jy wil hê die ongevraagde gedagtes moet van die kant van die Aarde af val en nie 'n plek vind in iemand se gedagtes nie. Jy wil hulle eenkant sit vir eens en vir altyd. Reg so, jy wil dit doen sonder die kwaad wat jy voel en die kleinheid wat jy voel.

Soen dwalende gedagtes wat jou besoek totsiens, geliefdes. Sien hulle weg waai na geen-man land. Gee hulle 'n liefdevolle afsien. Stel jouself voor die gedagtes verander in anderste gedagtes in. Sien die negatiewe gedagtes weg gaan. Gee hulle 'n sagte stoot. Wys hulle die pad om te gaan.

Hierdie gedagtes het nie hulself gemaak nie. Jy kan vry wees van hulle. Jy is nie die hulpelose liefdevolle en ontwrigte gedagtes wat deur jou verstand mag gaan nie. Jy is instaat tot soveel meer.

Sê:

"Totsiens, liewe gedagtes. Julle hoef nie hier te wees nie. Julle kan julself oplos. Julle is geluide wat julle self kan omdraai en musiek word.

"Totsiens uitgedateerde gedagtes. Welkom, opgedateerde gedagtes."

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"