Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5507 Jou Fantastiese Reis

God het gesê:

Die Lewe is soos 'n pot van goud wat jy jou hande insit en van pluk. Vir arguments onthalwe, kom ons sê jy is geblinddoek. Nie instaat om te sien wat jou hande optel nie, Ons mag sê dat jy blind vlieg.

Goud is goud. Deur te voel alleen, is goud nie sprankelend nie. As jy 'n stuk hout optel, maklik sal jou vingers splinters herken. Beslis, jy sit nie baie waarde in splinters nie.

Ek maak die punt dat jou lewe is goud. Blind, selfs met goud reg voor jou, herken jy nie goud soos dit reg voor jou is nie. Jy mag dalk nie jou lewe of die lewe waardeer vir die goud wat dit werklik is nie. Jy mag selfs kla oor die lewe op Aarde. Jy mag dink dis 'n mors van tyd. Jy mag selfs dink dit is onuithoubaar. Jy sien eenvoudig net nie die Waarheid van die Lewe omdat jy beperkte visie het.

Geliefdes, julle is nie hier op Aarde per toeval of fout nie. Deur groot lengtes is jy gebore hier op Aarde. Uniek, het jy gekom na die Aarde. Vanaf die wêreld se oogpunt is daar niemand net soos jy nie, alhoewel, jy jouself mag dalk 'n verbygaande bekentenis met Eenheid het wat diep in jou hart sit.

In elk geval, jy is hier vir 'n rede of vir meer as een rede. Al die konneksies is groot. Uiteindelik, wat jy sien as baie -- wel, hulle arms is verweef, en die konneksies is meestervol en somtyds ongelooflik. Oh, die ongesiende konneksies.

Jy is op 'n avontuur. Wees van mening dat die wêreld is soos die Nina, die Pinta, of die Santa Maria wat soek vir die Nuwe Lande, en jy staan op jou skip. Die skip is onder jou voete, en jy, seil, seil, seil onder die middernag lug. Jy seil voort met die Nuwe Land in gedagte, dis net dat jy nog nie land kan sien nie, ahoy.

Ongeag van storms en misdireksies, jy is op 'n Reis van ontdekking. Wanneer jy die gesogte land bereik terwyl jy die skip seil waarop jy is, soos Columbus, mag jy 'n land ontdek anders as die een wat jy gesoek het, tog het jy die vreugde gehad om te soek.

Jy het nie 'n padkaart nie. Op 'n manier het jy blind geseil. Terselfde tyd het jy drome en jy het DNA wat jou ook help om jou rit uit te merk sonder jou intellektuele begrip of vooraf kennis.

Beslis, jy seil nie op 'n pond nie. Jy seil op die Bounty Main. Jy kan verlore raak. Jy kan nie jou avontuur voorspel nie. Jy kan net oop wees vir dit. Jy sal somtyds omkant gevang word. Waarlik, jy moenie moedeloos word deur dit wat jy sien nie. Waarlik, jy moenie moedeloos word deur rukwinde of kalmtes nie. Jy moenie moedeloos word, vir wat ookal kom - kom. Jy is nie 'n sensuur van wat jou reis bring nie. Lewe op die see is in die weegskaal. Lewe op die see wag nie vir jou totdat jy reg is nie. Wat ookal gebeur of nie gebeur nie, dit is jou Fantastiese Reis.

Beslis, jy soek land wanneer jy land soek. Beslis, jy wil die juweelde kus bereik. Tog die Lewe en die Oseaan kom soos hulle kom, ongeag wat jy van hulle dink en hoe rof dit mag lyk. Jy roep nie al die antwoorde nie, Jy word nat.

Jou Oseaan reis mag dalk nie gou genoeg wees vir jou nie, tog jou reis sal tot 'n einde kom, dikwels te gou voor jy kan totsiens sê.

Ry die golwe terwyl jy kan. Geniet die water. Word nat van sout-skuim. Gee oor. Klim die mas. Ahoy, jy is 'n seeman van die see. Jy is verseker nie 'n seeman wat op see of land kan wees op 'n oomblik se kennis nie, so ook is jy nie 'n seeman wat die weer het soos jy dit onmiddellik verkies nie.

Die getye, kom in, en die getye gaan uit. Die Maan mag die getye lei, tog moet jy saam die Maan en die Getye gaan. Getye mag jou avontuur lei, tog jy kan nie die Maan en die Getye maak volgens jou wil presteer nie. Die Lewe en die Magtige Seë lei jou.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"