Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5506 Goeie Siel, Goeie Siel

God het gesê:

Vir vandag alleen, belowe dat jy nie sal kla oor selfs een ding nie. Geen klagtes, geen kritiek. Vir hierdie een dag, moenie dat een woord jou lippe verlaat wat jy nie bly sal wees om op die voorblad van die koerant te sien nie. Eintlik, vir hierdie een dag, moenie na die nuus kyk nie en ook nie koerant lees nie.

Geen ge-kekkel oor die nuus of die stand van die wêreld nie. Geen vertel van hartverskeurende ervarings of 'n onreg gedoen teenoor jou of aan enige een. Geen kriminele statistieke. Geen skud van jou kop vir enige iets nie.

Kyk na die dag sonder om fout te vind. Ah, verseker, jy kan altyd fout vind sonder om vir dit te soek. Vandag, vat 'n dag af. Weerhou. Maak vandag 'n dag van vas om ellende te bespreek.

In effek, klop die Aarde wat jy op leef, en maak goed aan al die verskillende mense wat die Aarde met jou deel en noem elk: "Goeie siel, goeie siel."

Sien die wêreld en sy populasie dieselfde manier wat jy jou hondjie sien wat net nie genoeg liefde van jou kan kry nie, en wat, sonder om te probeer, net surplus van lewendige liefde op jou wil stort. Behandel die wêreld en sy populasie met dieselfde manier as wat jy jou hondjie sal behandel. Wees 'n lekker vir die wêreld.

Net vir vandag verruil klagtes vir wat genoem kan word waarderings. As jy nie waarderings vandag kan uiter nie, dan sluit jou lippe.

Vir een dag, gee vryheid van kritiek vir die wêreld. Sien hoe dit voel.

Jy weet, jou klagtes is dieselfde as skinder. Vandag is daar geen skinder nie. Daar is geen spekulasie nie. Vandag is daar geen die eerste wees om te weet wat jou hart en verstand vernou en so die wêreld vernou. Geen uitlating van gif vandag nie.

Vandag mag jy vind dat jy nie veel het om te sê nie. Geen drama vandag nie.

Dit is moontlik dat dit wat jy ervaar kan eerlikwaar vrede genoem word. Dit is vrede vir die wêreld en groter simulasie van vrede in jou eie beleërde hart.

Beslis, jy kom agter dat vrede is nie voortspruitend, maar stil. Hoekom moet My kinders smag na al die geraas en sorgelose spraak, spesiaal wanneer daar eerder vrede kan wees.

Ek het jou gehoor uitroep vir vrede, asof dit op jou moet val wanneer jy die een is wat vrede moet laat leef. Stilte praat 'n anderste storie. Wat as die verlede werklik agter jou kan wees. Dan sal jy nie wil 'n aanmerking maak oor wie het wat gesê en hoe jy gevoel het en wat gedoen moet word en hoe hierdie oortreding nie toegelaat moet word nie.

Liewe Een, die lewe is alreeds water onder die brug. Al wat jy vandag doen is om nie 'n woord uit te laat wat nie plesierig of, ten minste, neutraal is nie.

Jy sê net wat waar is vir jou behalwe vir die aftrekkende opmerkings wat vir jou waar mag lyk, tog vandag hou jy dit vir jouself. Jy kwarantyn negatiwiteit.

Jy leef 'n eksperiment om van negatiwiteit ontslae te raak en sulke opmerkings om jou lippe te verlaat. Sodoende, begin jy voel dat vrede jou huis betree en jou hart. Sonder om vrede te verklaar, selfs sonder 'n woord, verwelkom jy vrede. Hoe goed vrede voel. Dit verwyder selfs bekommerlyne van jou gesig af. Hoeveel jonger jy lyk.

Hierdie is nie 'n kompetisie waarin jy is nie. Hierdie is 'n stil onttrekking of selfs 'n klein verwoestende brand.

Jy mag dalk 'n papwiel opbring wanneer jy Tripla A kontak. Tensy jy lief is vir 'n papwiel en als wat saam dit gaan, dis dit. Jou papwiel en die resultaat vir jou laat wees vir werk ens. word nie die storie van die dag nie. Jy promoveer dit nie. Dit is nie die nuutste nuus om oor te kerm nie.

Vandag verklaar jy vrede in die bakleierige wêreld. Vandag maak jy vrede. Vandag het jy uitgestyg vanaf die as. Goed gedaan, liewe Seuns en Dogters. Goed gedaan.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"