Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5505 God Hoor Jou Hart Sê

God het gesê:

Wat is dit wat jy jouself vertel wat jy die meeste wil hê in jou lewe? Selfs al het jy 'n lys van 1000 gesogde begeertes, so 'n lys is nie genoeg vir jou nie, tensy, dit is, jy een hoof begeerte het wat bo aan die lys is.

Jy mag raai dat Ek verwag jou hoof begeerte jou soeke na My is. Daar kan steeds nog 'n ander deel van die vergelyking wees, wat jy vergeet het om te noem.

"Wat?" sê jy. "'n Faktor groter as God? Wat is meer as U, God? Hemel, dalk? Liefde met 'n hoofletter L? Wat?"

Ek sal jou sê, maar nie nou nie. Beslis, die antwoord sinspeel op wat jy sopas gesê het, tog is daar 'n aspek wat jy mag mis, soos jy sal sien.

Wanneer Ek jou vertel, sal jy sê: "Oh, ja, hoe kan ek vergeet?"

Jy mag so opgevang wees in die lewe dat jy vergeet waaraan jy nie aandag gee nie. Jy mag so besig wees en het probeer by die lewe bly, jy mag nie baie bewus wees van die lewe self nie. Jou aandag is afgelei. Jy mag probeer om deur die dag te kom, by die werk te kom, die werk agterlos, en so aan. Verseker, 'n dag is opgevat. Dit hardloop weg van jou, of jy hardloop weg met dit of van dit. Dit blyk dat jy of weg hardloop van iets of jy hardloop agter iets aan. Wel, jy is opgevang in baie aktiwiteite, of jy byt jou naels, of jy is uitasem.

Dit is nie hoe jy gedink het die lewe sal wees nie. Somtyds voel jy asof jy hardloop op 'n hamster wiel, en jy wonder hoekom jy hier op Aarde is. Om tyd in te sit? Tog, jy wonder wat is die sin van die lewe? Wat is sy betekenis? Jy wonder wat die lewe, na alles, jou offer.

Ja, op een of ander manier, is jy opsoek na God, tog, daar is selfs meer tot die Projek van Lewe op Aarde as dit. Wat jy hier doen is 'n goeie vraag. En wat jy nie mag doen hier nie is ook 'n vraag om te vra.

Ja, jy is opsoek na My. Iets anders wat jy mag soek -- die vermiste faktor -- is jou diens aan My, geliefdes. Soos jy My dien, dien jy die wêreld. Ja, jy, jy moet My dien en so ook die wêreld, en die Heelal.

Jy kan selfs soek om te dien en nie aan My dink nie, tog in bediening van een deel van die Mensdom, sal jy My bedien. Dien die Mensdom. Lig dit, en jy dien My kragtig.

Vir jou om meer vreugde te hê, moet jy jou aandag van jouself af haal. Te veel aandag op jou mag selfverloëning bring. Wat jy wil doen is om jou enorme aandag af van jouself te kry en op iets dalk meer betekenisvol as jou te kry.

Ja, wees hier op Aarde vir meer as jou eie individuele self. Dit is nie dat jy nie waardig is van groot aandag nie. Jy is meer werd, oneindig meer as wat jy kan gee vir jouself sonder om versadig te wees.

Oh, hoe lief jy is vir sjokolade poeding, en hoe deur als te eet nie genoeg is nie, en, tog, terselfdetyd, is jy versadig. Wanneer jy bakke vol aandag aan jouself bedien, wil jy meer en nog meer hê. Vat meer kleiner skeppings vir jouself. Kry jou aandag van jou af en plaas dit op ander wat jy sal seën.

Verlig ander se oë. Word 'n luisteraar. Wat is iemand anders se behoeftes? Een groot nood is om gesien en gehoor te word. Jy het geen idee hoeveel harte word nie gesien of gehoor nie.

Stil en onopvallend, dien meer as jouself. Ja, dit is hoe jy My dien en die menslike hart en die wêreld en, in die proses, lief die lewe, ander, en jouself merkwaardig.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"