Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5689 Oop, Oop, Oop

God het gese:

Breek weg van die idee van die een of die ander. Jy hoef nie van teenoorgesteldes te hou of nie te hou van nie. Dit is nie noodsaaklik om 'n mentaliteit te het wat hou van teenoorgesteldes tot die uiterste toe nie. Jy wil nie so vinnig wees om moontlikhede uit te gooi nie. Wees eerder oop.

Waar is dit geskryf dat iets moet goed of sleg wees, swart of wit, gelukkig of ongelukkig? Iets kan goed en sleg wees, nie wit of swart maar iets tussen in of selfs naby aan dit. Met woorde wil jy nie een aspek van die lewe veroordeel bo 'n ander een nie. Alles is nie soos jy dalk mag dink nie.

Mense kan ewe wonderlik wees en tog aansienlike verskillende opinies dra. Beter om nie te veel waarde in opinies te plaas nie. Opinies verander. Soos jy groei, wat jy van iets maak groei ook. Wat jy van dinge in die lewe maak verander. Wat modern vandag is is oud modies more en mag dan later weer 'n skat word.

Jy het gehoor van beroemde laaste woorde. 'n Opinie van jou nou mag verskillend wees van 'n opinie wat jy van tevore gehou het of verskillend wees van 'n opinie wat jy in die toekoms sal het.

Ons praat van die relatiewe wereld. Die temperatuur buitekant mag 20 grade wees en warm wees aan die einde van winter maar koel in somer. Wat oud of jonk is hang af van jou ouderdom en waar jy vandaan kom.

Smaak is 'n saak van opinie. Wie is te se dat iemand se smaak is reg, en iemand anders se smaak is verkeerd? Omtrent alles in die relatiewe wereld is 'n vraag van smaak. Mag opinies geag word as 'n saak van smaak en nie geoordeel, teengestaan of belaster word nie.

Jou opinies hoef nie korrek te wees nie, en iemand anders se opinies hoef nie verkeerd te wees nie. Opinies is net opinies, niks meer nie.

As dit goed is vir jou om vir jouself te dink, dan is dit goed vir iemand anders om ook vir homself te dink.

Twee pragtige bome vergelyk nie en kontrasteer ook nie hul blare in herfs nie. Alle kleure is mooi. Een boom se nie hy is beter as 'n ander nie. Een boom se nie 'n ander boom is nie so mooi soos hy nie.

Wat jy sien as mooi is mooi. Dit is waar, maar wat pragtig is vir jou mag dalk nie pragtig wees vir 'n ander nie.

Jy hou daarvan om jou tyd op een of ander manier te spandeer, en iemand anders mag daarvan hou om sy tyd op 'n hele ander manier te spandeer.

Jy is nie in 'n wedstryd nie. Jy probeer nie om 'n wedren te wen nie. Almal kies om te geniet soos hy wil, selfs wanneer wat hy geniet nie is wat jy geniet nie.

Jy mag dalk van helder kleure hou, en iemand anders hou van pastel kleure. Wie kan se dat een kleur beter as 'n ander is? Dit is 'n opinie, nie 'n feit nie. Dit mag dalk nou 'n feit wees dat jy groen bo blou verkies. Jou voorkeure is vry om te verander. Jy is vry om enige kleur te verkies wat jy wil op enige gegewe oomblik. Opinies is nie wette nie.

Jy is vry om ander toe te laat om enige voorkeur te het wat hulle wil. Ander se opinies behoort aan hulle en nie aan jou nie. Jy is nie die voorman van hoe ander moet dink nie.

Daar is plek in die wereld vir almal.

Sekere mense verkies die berge, an ander verkies die see.

Grotendeels vind baie mense hulself waar hulle wil wees. Hulle was daar gebore, of hulle was soos 'n saad van 'n blom wat wonderbaarlik na 'n sekere plek gewaai was deur die wind. Ander het dalk die wereld gereis om te vind waar hulle wil bly. Ander mag dalk in dieselfde huis bly hul hele lewe lank.

Wie kan se wat is die beste in die lewe en wanneer en vir wie?

Daar is alle moontlikhede in die wereld. Wie is om te se dat net sekere moontlikhede goud dra en ander nie?

Wees gelukkig waar jy is. Waar jy is is nie die hele storie nie.