Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5690 Wanneer Jy Die Lottery Wen, Die Lewe Is Ok

God het gese:

Aanvaarding en begrip is nie sinoniem nie. As jy volle begrip van die Lewe soek voor jy die Lewe aanvaar, dan argumenteer jy met die Lewe. Dit is slimmer van jou om die Lewe te aanvaar soos dit is. Dit is beter om nie die Lewe te betwis nie. Vat die Lewe soos dit kom. Jy weet baie goed jy kan nie voor die Oseaan staan en die gety verander nie.

Natuurlik, wanneer jy die lottery wen, dan is die Lewe ok. Op tye soos hierdie, dan por jy die Lewe aan. Die Lewe is jou goeie vriend, en jy is baie gelukkig. Om die jackpot te slaan noem jy big time as 'n wen. Aan die ander kant, wanneer die Lewe iets in jou skoot laat val wat teen jou wil is, dan noem jy dit 'n verlies. Jy sien 'n verlies en voel 'n verlies as 'n tragedie.

Jy is gekant om die Lewe te vat soos dit kom wanneer die Lewe nie is wat jy wil he nie. Jou hart is gewond. Jy vat dit persoonlik. Die Lewe was nie veronderstel om dit te laat gebeur nie, laat staan die feit dat dit met jou gebeur. En so veroordeel jy die Lewe en jouself as 'n slagoffer. Tragedie talm.

In die wereld is hartseer relatief. Jy registreer hartseer op een of ander skaal. Daar is groter en kleiner hartsere. Sekeres is teleurstellings en hou vir 'n dag of twee. Sommiges is groot hartgebrokenheid, en jy mag nooit oor hulle kom nie, tog, deur en deur, sommige van jou bitterheid vervaag. Jy mag dalk nie oor alles kom nie, maar, so seer en ongelooflik as wat dit is, die oortreding en die skok is minder.

Die ergste het gebeur. Sommige van My kinders mag oor dit kom, tog lyk dit of nie almal kan nie. Dit is waar jy die gety kan verander.

Toe Moses uitgeroep het: "Laat my mense gaan," wou die Farao nie die mense laat gaan nie.

Nou is dit vir jou om jouself te vra om die verlede en die wrokke te laat vaar. Liewe julle, wat ookal die misdaad wat die Lewe gepleeg het, laat vaar die pyn.

Jy mag voel die Lewe val jou aan, tog is die Lewe nie gemik op jou nie. Die Lewe pik nie op jou nie.

Dit mag dalk die moeilikste ding wees ooit wat jy gedoen het - om jou vat op die Lewe te laat vaar, tog moet jy dat bygones be bygones.

Jy moet die idee laat vaar dat die Lewe of God uit is om jou te kry. Dit is nie so nie. Sommiges oorleef 'n tornado, en sommiges nie. Sommige geliefdes bly agter, en sommige geliefdes verloor hul fisiese lewens. Jy kan net nie 'n wrok hou nie. Om 'n wrok te hou is dieselfde as om dosis van gif te neem.

Jy moet die idee van blaam laat vaar. Sommige kinders, as hulle trip of val, het geleer om die sypaadjie te blameer. Slegte sypaadjie. Al wat geweet kan wees vir 'n feit is dat 'n kind geval het en sy knieg geskraap het. Nie eens die sypaadjie moet as 'n skurk verklaar word nie, en, sekerlik, daar is geen slagoffer nie. 'n Deel van die Lewe trip oor iets. Dit is jy wat die kostes tel. Sommige gebeurtenisse in die Lewe is te vreeslik om aan te dink, en tog gebeur hulle. In elke geval, moet jy jouself optel en aangaan.

Ten einde te het wat jy sien as 'n groot verlies, moes jy 'n vorige groot gewin gehad het. Wees dankbaar vir die vreugde wat jy wel gehad het. Restoreer soetigheid aan jou lewe. Bitterheid is geen seening nie. Wees klaar met bitterheid. Moenie eens aan jouself se: "Hoe kan ek van hierdie seer ontslae raak?"

Laat vaar die greep wat jy jou hart in het. Vra jouself omverskoning, en vra omverskoning aan jou geliefdes wat jou gelukkig wil sien.

Hou op treur. Ter huldeblyk aan 'n geliefde wie se liggaam verdwyn het vanaf die gesig van die Aarde, staan op en groet die oggend dou en groet die Son wat die dou verdamp. Groet die wereld, en groet die Lewe. Die Lewe is 'n goeie ding om te het. Die Lewe is nie 'n wedstryd nie, en jy moenie kante kies nie. Vee af jou trane. Gee die Lewe nog 'n kans. Leef en Lief nog 'n dag. Maak vrede met jouself.