Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5673 Aloha, Lewe

God het gese:

Wat ookal op jou gedagtes is hoef nie in jou gedagtes te bly nie. Terselfde tyd ook, hoef jy nie dit wat op jou gedagtes is weg te shoo nie. Jy hoef nie te veel te maak van jou gedagtes nie, en so ook hoef jy nie hulle weg te stoot nie.

Natuurlik, jy begeer om antwoorde te vind vir die lewe. Jy gooi baie balle van gedagtes op in die lug. Al jou gedagtes is toss-ups. Jy vang wat jy vang, en die wat jy nie vang nie val waar hulle wil.

Vir jou, mag dit lyk na 'n straf, tog, dis alles die lewe. Waar ookal die kaarte val, dit is die lewe. Hierdie IS die lewe. Dit is hoe lewe op Aarde is. Beslis, jy lig jou wenkbroue vir die idee dat die lewe jou teleurstel! Lewe op Aarde is gewigtig vir jou. Die Lewe is van die uiterste belang. Die Lewe is gemaak van hoogtes en laagtes. Vir baie van My kinders, lyk dit of 'n ligter balans van die lewe nie bestaan nie, of dit raak te hum-drum vir woorde. Jy sal daarvan hou dat die pot geroer word en tot kookpunt kom.

Wanneer jy pannekoeke maak in die oggend, hoe ookal die pannekoeke uitdraai, hulle is pannekoeke en niks meer nie. Pannekoeke kan nie meer as pannekoeke wees nie. Hierdie is 'n werkbare manier om met die wereld te deel. Die Lewe is wat dit is wanneer dit is. C'est la vie.

Wanneer die kaarte val waar hulle wil, is jy vry om die kaarte op te tel waar hulle wil val, maar wat gaan jy nou met hulle doen? Dit kan 'n goeie idee wees om hulle weg te gooi. Hulle tyd is verby. Jou tyd is nou.

Aan die ander kant, sekere van die gevalle balle kan weer tot lewe kom. 'n Ou romans mag dalk homself herwin. Selfs 'n ou romans herwin is vordering. Die tema van die lewe is vordering. Se Ahoy vir die lewe.

Die Lewe kan verander uit sy eie uit, en dan kan jy daarmee hardloop, maar dit is nie vir jou om agteruit te loop nie. Beslis, jy wil nie he jou lewe moet 'n saak wees van ou sigaret-stompies op te tel nie.

Ons praat van die lewe te leef soos dit kom. Jy kan nie die lewe verhoed nie. Die lewe kom genooi of ongevraag. As die lewe hokkie was, het jy beheer van die puck somtyds en ander kere glad nie. Jy speel die hele spel, tog kan jy nie elke oomblik voorspel nie. Jy kan net doen wat jy kan met dit wat jy het op die oomblik wat jy dit het.

Die Lewe is 'n foray. Die Lewe is opgemaak van so baie verwagte en onverwagte dinge. Jy kan net weet hoe 'n ding uitspeel soos dit gespeel word. Selfs so, die winde kan verander en weer verander.

Sukses is nie altyd iets wat gaan volgens resultate nie. Jy kan als reg doen, en tog kan die uitkoms nie wees wat jy begeer het nie. Aan die ander kant, kan jy fout na fout maak en die uitkoms kom net reg uit.

Soos alles in die lewe, wil jy nie oordeel nie. Vat alles wat die lewe gee met 'n goeie gemoed. Wees 'n gelyke geleentheid werkgewer.

Die Lewe vanself bedoel nie om kompeterend met jou te wees nie. Jy hoef nie kompeterend met die lewe te wees nie. Niemand op Aarde het die finale se omtrent die lewe elke keer nie. Eerder as om te dink in terme van wen of verloor, oorweeg eenvoudig om te dink om die lewe te leef. Maak een van jou hoe bedoelings om die lewe te leef ten volle tot die beste van jou vermoe op enige gegewe oomblik. Wanneer die lewe volgens jou gaan, gee dit 'n druk. Wanneer die lewe nie volgens jou gaan nie, trek jou skouers op, en gaan aan met jou volgende taak met 'n hop in jou stap.

Die lewe is nie verplig om konstant te wees nie, maar jy kan altyd goed gemanierd wees teenoor die lewe en jouself vriendelik betrek met die volgende hoofstuk in jou lewe waarby jy uitkom -- en met die lewe as 'n geheel.

Se, "Aloha, Lewe."