Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5669 Die Aard Van Ons Baie Persoonlike Verhouding

God het gese:

Wanneer jy Godwriting doen, hoef jy nie 'n onderwerp te kies nie. Jy hoef nie 'n drukkende behoefte te het nie. Jy hoef nie 'n agenda te het of 'n lys van vrae om te vra nie. Ek is 'n God wat meer doen as net reageer op jou beperkte vrae, en jy moet net 'n gewone persoon wees wat van plan is om van My te hoor wat My Godwriting is aan jou. Jy tel dit op. Dat jy My wil hoor is 'n seening maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

Wat is Godwriting behalwe as jou openheid om te hoor wat Ek se?

Luister hierna aangaande Ons verhouding.

Dit is waar dat Ek jou Dienskneg is. Ek is jou Dienskneg, ver meer as wat jy weet. Terselfde tyd is jy nie My Vorseerder nie. Ek is nie verplig om jou versoeke uit te voer nie. Natuurlik het jy soms gedink dat jy veronderstel is om die spyskaart van die lewe te bestel soos jy wens, en Ek moet jou begeertes op 'n silwer plaat aan jou oorhandig. As Ek nie, mag jy dink Ek is verkeerd. Dit is als reg en goed om vol selfvertroue te wees, maar selfvertroue beteken nie dat als moet uitwerk vir jou nie.

Wanneer jy seker is dat jou wil gedoen moet word eerder as Myne, mag jy voorkom as arrogant. Die presiese teenoorgestelde van arrogant is nie presies stil en sagkens nie, nie nie vol respek nie, maar meer soos nederig. Daar is 'n sekere hoogmoedigheid wanneer jy seker is dat jou begeertes moet uitgevoer word.

Nederigheid is nie om vaal te wees nie. Nederigheid is nie om die kingpin te wees nie. Nederigheid is om te weet dat selfs 'n goeie lewe hoef nie volgens wat jy verkies te gaan nie. Dit is nie dat alles in die lewe moet volgens jou gaan nie, so ook,beteken nie dit moet als nie volgens jou gaan nie. So ook moet jy nie jouself ag as 'n slagoffer van swak-diens as gevolg van My Wil nie, soos jy dit sien, was gedoen en nie joune nie.

Korrek, Ek is jou dienskneg, en Ek is bly om te wees. Ek dien jou. Maar Ek is nie jou bestuurder nie, en Ek is nie jou bediende nie. Ek is meer as 'n wens-fontein.

Jy het My dalk geag as 'n posman wie, deur wet, moet vir jou die briewe en nuus bring wat jy wil he op 'n bepaalde tyd en geen spasie vir die posman om jou enige iets te los wat nie op jou gunsteling lys is nie.

Wanneer jy lank genoeg lewe, vanaf jou perspektief, verloor jy geliefdes deur die dood wat aangaan om te gaan leef in 'n onbekende land ver weg vanaf jou. Dood lyk onvriendelik teenoor jou. Jy wonder waar My hart is wanneer Ek nie jou pleidooie vir toegeeflikheid beantwoord nie.

Liewe Julle, dit is nie vir jou om My te beveel nie. Dit is nie vir jou om My te second-guess nie. Dit is beslis nie vir jou om My wyse advies te gee nie.

Die wyse advies wat Ek jou gee het niks te make met ego nie. Natuurlik wil niemand enige iets weerhou word nie. Wanneer jy jouself en jou lewe so persoonlik vat, en jy wil nie hoor wat is, dan is die kanse goed dat jou sensitiwiteit is 'n gevolg van ego.

Tog, soos die Lewe voor jou kom, is dit gewoonlik nie in jou guns om spesiale gunste of vrystellings te kry nie. "Dit is slimmer vir jou om te kom vanuit 'n ander visie. Verseker, as jy jouself as gewond sien, lyk dit waar vir jou. Gewondheid is realiteit net op 'n oppervlakkige vlak.

Daar is, alhoewel, 'n ander vlak om van te kom, en 'n ander, en 'n ander. Jy is in 'n proses om die lewe te sien vanuit 'n sekere hoek, en jy protesteer gewoonlik wat jy sien. Kom nou, sien hoer. Wat jy maak van die Lewe is nie 'n permanente toestand nie. Klim hoer, en natuurlik sien jy die lewe vanaf 'n hoer vibrasie en meer duidelikheid.

Wat jy sien as vreeslik is hoe jy daarna kyk.

Natuurlik hoef jy nie te sien soos jy gewoonlik doen nie. Hoekom op Aarde sal jy wil vashou aan 'n mindere bewussyn?