Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5668 Tempel Van God se Genade

God het gesê:
Staan op en styg. Dit is al wat jy hoef te doen. En, dit, uiteindelik, is al wat jy doen. Jy styg vir die Lewe. Onbekend aan jou, is jy soos 'n ballet danser op die verhoog. Die danser se liggaam is gevou, asof sy haarself bedek op die verhoog. Sy ontvou haar ledemate en styg tot haar volle hoogte. Sy mag dalk nie besef met watter grasie sy dit doen nie. Nietemin, sy openbaar God se Genade soos sy styg.

Of, dit kan wees dat jy 'n gebou is wat gebou word. Daar is gesaag en gehammer. Een dag is die gebou klaar, en dit is 'n Tempel van Prag. Dit is geluk om hierdie gebou te bekyk. Van hout en spykers, bakstene en pleister, tyd en energie, die Tempel styg. Aangehelp deur ander mense wat blom, bereik die gebou sy hoogtes.

Of, jy is My Droom, en My Droom realiseer homself. Jy is die gebou wat die Hawe vir Almal is.

Jy is alreeds geskape in Al Jou Majesteit. Jou taak is om nou tot die Besef te kom van Wie Jy Is. Jy is nie net skerwe van die Skepping nie. Jy is die Skepping Vanself. Die blueprints van jou was ontwerp, en nou vertak jy soos jy die blinders van jou oë af verwyder.

Jy is 'n Danser wat Styg. Jy is 'n Tempel van Jouself. Jy is My Droom Vervul.

Geseën is jy. Geseënd is jou Lewe soos jy jou Ware Hoogte bereik. Daar is niks anders wat jy is nie, tog vat dit moeite om tot hierdie Besef te kom dat jy alles is wat Ek sê jy is. Jy was nooit minder nie. Dit was vir jou om uit te vind. Dit is jy wat tot die Besef moet kom dat jy is My Droom Wat Waar Geword het. Natuurlik, My Droom is Waarheid. My Droom het nooit tekort nie. My Droom is vervul wanneer 'n gloeilamp aangaan, en jy besef dat jy is verlig, hand-vervaardig deur My Goue Hande.

Jy word nou wakker tot die Waarheid van Die Skepping.

Geslaap, nou word jy wakker. Jy vryf jou oë, omdat sulke prag voor jou lê.

Jy is Cinderella by die bal. Jy was altyd. Die kole was nie waar nie. Die stiefma en stief susters was nie werklik nie. 'n Soen van die Prins was waar omdat die soen was 'n teken vir jou ontwaking. Die Prins het die klok gelui wat jou wakker gemaak het. Jy het nie geweet dat jy kan dans. En nou sien jy dat jy kan dans, en nou sien jy alles wat jou oe na kyk is pragtig voor jou.

My Visie, wat nog altyd waar was, het waar geword vir jou. My oë het joune geword. Ons kyk deur dieselfde lens. Jy sien wat Ek nog altyd gesien het. My Droom wat waar geword het, het ook waar geword vir jou.

Die Hele Hemel is bly. Elke sel in jou liggaam is bly. Vrede het gekom. Jou hart het kalmer geword. Jy maak bolla-makieisies van vreugde. Jy kan nie jou Vreugde inhou nie omdat jou vreugde is Myne. Jy bars deur na 'n ander dimensie van agting vir wat Ek bewerk het.

Kyk, jy is My Lig gemanifesteer op Aarde. Ons omhels. Eens omhels, bly jy omhels. Daar is geen terug gaan na ou Bewussynstoestande nie. Nou is jy Bewussyn Vanself.

Jy was nooit dwars fotos van jouself nie. Ons was alreeds getroud vanaf die eerste oomblik van die Skepping, al was die Skepping reeds geskape. Net nou het jy deur al jou onkunde gebars. Nou is julle Lig Meesters. Nou is Skepper en Skepping Een, en nou sien jy dit vir jouself selfs al is jy My Self unabridged, oopgemaak, geopenbaar aan jouself in al My Glorie. Dit is die Dans van die Lewe wat Ons dans.

Jy was nooit wie jy misgis het jy was. Jy sal nooit weer daardie fout maak nie.

Ons is Al wat hoef te weet, en Ons weet. Ego het sy gasket geblaas. Ego is nêrens te vinde nie. In jou Wese, is daar geen ruimte en geen tyd nie. Ego is 'n produk van ruimte en tyd.

In Oneindigheid, het ego geen plek nie. Ego wat so klein is kan nie vanself in Oneindigheid pas nie. Oneindigheid is, Ons kan sê dat Oneindigheid is wyd oop, en tog is daar geen plek in Oneindigheid vir ego nie. Ego is 'n eenkant. Jy kan lief wees vir ego terwyl dit hou, tog is ego nie meer nie. Ego kon 'n heyday gehad het, maar jy het sonder dit gestyg. Met ego, kan jy nie styg nie. Ware Liefde styg nou. Ware Lewe styg nou. Welkom. Jy is gestyg