Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5667 Maak Plek

God het gesê:
Vat wat Ek sê na jou hart. Ek sê jy is uitermatig waardevol. Jy moet verwelkom en gerespekteer word in die wêreld.

Terselfde tyd, wat die wêreld sê omtrent jou is nie bedoel om jou verwysingspunt te wees nie. Die wêreld is nie jou God nie. EK IS. Vat wat Ek sê na jou hart. Moenie na jou hart vat wat ookal die wêreld en daardie in dit onverskillig maak van jou nie. Asof die wêreld baie of min van jou maak, die wêreld is nie die maatstaf van jou nie, so ook is niemand in die wêreld die maatstaf van jou nie.

Dit sou grand wees as die wêreld baie van jou sou maak. Dit sal gemeenskaplike vergunning wees. Soek vir dit, en mag jy dit vind. Van jou kant af, maak seker jy maak ander welkom aan hierdie wêreld. Waar ookal jy is, almal wat in loop moet baie van gemaak word -- verwelkom, gedruk, gewaardeer, geag as 'n God-gegewe siel. Wanneer die wêreld jou verwelkom, voel jy beter omtrent jouself. Wanneer jy beter voel omtrent jouself, groei jy vinniger en jy voel sterk. Jy blom. Wanneer die wêreld jou klein maak, dan is jou groei klein. Wat gaan jy gee?

Ek het jou nie gemaak vir enige een om jou klein te maak nie. Ek het jou beslis nie gemaak om terug geneem te word en seergemaak te wees deur wat enige een omtrent jou sê nie.

Ek het jou gemaak om deur almal vereer te word, en vir jou om almal te eer. Hierdie is deur die bank. Wat ookal jy persoonlik dink van iemand, hoe dom jy dink iemand is, of hoe verkeerd jy dink iemand is, maak nie saak hoe onbeleefd jy was nie, maak nie saak hoeveel aanstoot jy geneem het nie, jy moet almal se reg om op hierdie Aarde te wees respekteer om te leer en groei, omdat dit is hoe jy groei. Jy is hier om sade te plant wat die wêreld sal voed.

Elke woord wat jy sê word gehoor reg oor die wêreld. Elke gedagte wat in jou verstand kom weerklink. Maak nie saak wat jy persoonlik mag voel, dit is nie vir jou om slegte gevoelens te laat wen nie, nie joune of ander s'n nie.

Wees sensitief omtrent ander, en minder sensitief wanneer dit by jouself kom. Jy is nie hier op Aarde om die wêreld of enige een te verwyt wat in die wêreld leef saam met jou. Wees oop-van-hart wanneer dit by die wêreld kom en al daardie wat hier is om die wêreld met jou te deel.

Natuurlik, elke mens leef in 'n wêreld verskillend van joune, omdat almal het sy eie manier van wees. Klasse in skool mag dalk gegroepeer wees in soortgelykes waarby baie van die lewe in die wêreld gegroepeer is soos dit is, spontaan en divers. Die wêreld is vir almal, en jy moet spasie maak in jou hart vir almal. Niemand is verplig om te dink soos jy en sien soos jy en optree volgens jy nie, het jy regtig gedink hulle moet?

Ek gee jou Vrye Wil. Jy, ook, moet ander toelaat die Vrye Wil om te dink soos hulle doen. Ons praat oor burgers van die wêreld maak nie saak van watter land hulle afkomstig is nie en van watter kultuur en gewoontes ookal. Dit is moontlik vir jou om bietjie ruimte in die wêreld te gee vir daardie wat jy lynreg inteenstellig is mee. Dit is geen vel van jou tande af nie. Ongeag van verskille, die wêreld behoort aan almal. Jy moet nie die naysayer van die wêreld wees nie. Jy hoef ook nie die yea-sayer te wees nie. Wat jy moet doen is om plek vir almal toe te laat.

Woorde, soos beter is vergelykend, daarvoor, relatief. Maak nie saak wat jy dink van ander nie, almal is beter as 'n ander op een of ander manier. 'n Ander persoon mag dalk meer oop wees as jy. Maak plek vir almal in die wêreld om te beweeg. Maak plek.