Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5666 Terwyl Jy Op Aarde Is

God het gesê:
Ek, wat alles verstaan in die Heelal, verstaan nie regtig hoe sommige van My kinders hard-van-hart teenoor ander is nie, dalk opsetlik hard-van-hart sonder enige ag vir die gevoelens van ander -- asof Ek nog nooit gepraat het van vrygewigheid vanuit jou hart aan jou bure en broers en susters nie.

Dit is veral verwarrend vir My wanneer dieselfde mense My Teenwoordigheid beaam in hulle lewens. So verregaande as wat dit lyk, is daar selfs Heavenlesers wat soms verval in trots sodat hulle die mag het om die takke van hul verhoudings te buig. Om beter te weet as ander en jou meerderwaardigheid te voel is een manier wat oorloë begin.

Verseker, Ek bedoel nie om voortestel dat julle moet kowtow aan ander nie. Wat Ek van praat is wanneer jy dalk 'n keuse maak wat nie almal bevoordeel nie, meestal, jouself. Dalk kan jou lewe vorentoe beweeg in 'n verskillende en beter rigting. Dit is jou roep.

Wanneer jy 'n verhouding verlaat en jy moet die persoon wat jy mee breek verlaat, sê Ek, as jy moet gaan, gaan met goeie genade. Jy hoef nie jou verlating te rasionaliseer nie. Jy hoef nie so seker te wees dat jy al die antwoorde het en is geregverdig wanneer jy onvriendelik is nie. Dit is nie goed vir jou om te oordeel en hartseer te los op jou pad nie.

Soos Ek gesê het, 'n polisieman moet dalk iemand arresteer, tog hoef hy nie neerhalend te wees teenoor die persoon wat hy arresteer nie. Die polisieman moet nie 'n geswelde kop ontwikkel nie. Hy is nie die meester van die wêreld nie. Hy is nie veronderstel om enige een te blast of homself Koning te maak en iemand anders 'n onwaardige onderwerp te maak nie.

As jy 'n kliënt van 'n winkel is en jy is ontevrede, is jy vry om by 'n ander winkel te koop. Jy hoef nie in 'n huff te gaan nie.

Jy hoef nie jou verlating uit te saai en ander beinvloed om jou ook te volg nie. Dit is nie vir jou om 'n massa exodus te probeer nie. Wees versigtig om 'n posisie te neem wanneer jy en almal wat betrokke is vry kan wees.

Verlaat 'n vriend, as jy moet, maar gaan sonder sleg sê. Moenie 'n groot produksie maak van jou verlating soos in 'n drama.

Baie op Aarde het 'n fuss gemaak en was trots op dit. Om 'n fuss te maak is niks om op trots te wees nie, liewe julle. Jy is nie deugsaam om te begeer dat 'n ander val nie.

Niemand moet 'n sitting duck wees vir jou om mee pot shots te vat nie. Wees wonderlik, nie klein nie. Ons het al vantevore gepraat oor om die laaste woord te het. Regtig, wil jy 'n lelike laaste woord los? Is dit wat jy werklik wil los as jou laaste indruk?

As jy 'n verhouding moet verlaat, verlaat dan. Verlaat met 'n goeie wil.

Soos Ek gesê het, as jy 'n polisieman is wat iemand moet arresteer, maak die arrestasie. 'n Goeie polisieman kan hoflik wees. Hy hoef verseker nie aggressief te wees nie. 'n Polisieman is 'n polisieman, nie die regter en jurie nie.

So ook doen die gearresteerde persoon nie goed om die polisieman kwaad te maak nie. Waar is korrekte denke? Waar is gesonde verstand?

Jy kan almal goed behandel. Dit is nie vir My kinders om ander rond te skop nie. Dit is nie die lied wat Ek vir jou sing nie.

As jy 'n onderwyser is, en jy sien geen ander keuse as om die ontstelde leerling na die kantoor te stuur nie, doen dit dan. Jy mock nie die leerling nie en so ook kyk jy nie vir jou eie gejuig afdeling nie. Jy stuur die kind na die kantoor. So ook het die kind wat gestuur is na die kantoor nie die reg om met jou te spot nie.

Jy is dalk nie in staat om almal te lief nie. Dit is geen verrassing vir jou nie. Die minste wat jy kan wees is hoflik. Jy is in staat. Dit is swakheid om in te gee vir dit wat jou tekorte is. Dit is sterkte om die wêreld en jouself te bevry van oorhaastige foute. Lief terwyl jy op Aarde is. Seën. Gee om. Dra vrugte.