Heavenletter #5650 Daar Is 'n Plek Vir Jou
God het gesê:
Daar is die idee in die wêreld dat almal op Aarde moet sekere eienskappe besit. In sekere tye en plekke in die wêreld, is daar 'n lys van die goeie eienskappe wat jy van gemaak moet wees. In ander tye in die wêreld, mag daar 'n lys wees van verskillende eienskappe wat jy van gemaak moet wees en 'n verskillende lys van eienskappe wat jy absoluut nie van gemaak moet wees nie.
Ek herhinner jou dat Ek jou gemaak het soos jy is.
Baie hang af van hoe jy jou situasie bekyk. Natuurlik dink die wêreld dit weet presies hoe alles veronderstel is om te wees. Wanneer als gesê en gedoen is, hoe baie weet die wêreld regtig?
Ongeag van watter eienskappe in tyd en ruimte word gesien as manlik of vroulik, suksesvol of onsuksesvol, of baie gewild of ongewild, jy is jy, en jy is bedoel om jy te wees. Jy hoef nie die wêreld se veranderde standaarde te volg nie. Jy hoef nie soos almal te wees of selfs soos enige een te wees nie. Jy is bedoel om te groei in die boom wat ek jou gemaak het om te wees, nie soos bestel nie, maar soos jy is.
Jy groei met rasse skrede. Jy is My geliefde. Jy is net reg vir My. Dit is wys om jou diepe begeertes te volg en nie iemand anders s'n nie.
Sekere van My kinders kan hulself opdeel in kategoriee - Clark Kent bedags, en Superman snags. Nie almal kan hulself opdeel in kategoriee nie. Nie almal kan 'n wonderlike ma-figuur en 'n sterk besigheids vrou wees op dieselfde dag nie. Nie almal kan 'n manier hier wees en 'n ander manier daar wees, so hoef jy ook nie te wees nie. Sekere ander mag wel, maar nie jy nie. Ek sê jy moet jy wees, soos Ek jou gegee het om te wees.
Daar is 'n plek in die wêreld vir almal.
Sagheid kan jou ware make-up en jou ware krag wees. Jy moet nie jou sagheid bekla nie en, in 'n sekere mate, vals wees teenoor jouself en hard word omdat die wêreld se hardheid word voor gevra. Vra Ek vir hardheid?
Dit is nie vir jou om anders te wees as wat jy is nie. Moet nie jou sagte hart berou nie. Sag-hartheid mag dalk die krag wees wat Ek vir jou gegee het.
Jy hoef nie te voel dat jy moet ingee met sag-hartheid nie. Luister, jy is 'n wonderlike skip wat op die see vaar. So wat as jy nie soos ander skepe is nie? Jy ry die golwe, op en af. Jy hoef nie 'n oorlogskeep te wees nie, en ook nie 'n duikboot nie. Jy is nie 'n haai nie. Okay, jy mag dalk 'n klein vis wees, tog bereik klein visse plekke en dien My op maniere wat 'n walvis nie kan nie.
As jou hart jou krag is, dan is jou hart jou krag. Jy hoef nie koppe te stamp nie. Dit mag dalk wees dat jy moet laat vaar van wêreld idees van wat jy moet wees, dalk soos opgeskryf in die maand se Vogue. Jy mag dalk 'n unieke soort van Koniging of Konigingskap wees, of unieke soort van Koning of Koningskap.
Wat van as jy jouself sal toelaat om te wees soos jy is en bly wees? Wat as jy Die Stil Koniging of Koning is? Wat as jy die Koning of Koniging van Ebbing Waters is? Die Koning of Koniging van Diepe Waters? Die Byna Onsigbare Koning of Koniging? Die Regterkant Brein Koniging of Koning. Die Denkbeeldige Koning of Koniging. Die Koning of Koniging van Stille Waters.
Wat as jy 'n Koninklike is in 'n kanoo? Koninklike wat nie die strandhoef te bereik nie? Koninklike wat kan dryf op 'n meer. Koninklike wat geen beskerming nodig het nie. Koninklike wat geen wyering of aanvaarding benodig nie? Koninklike van Stille Waters. Koninklike van Omhels.
Wat as jy jouself toelaat om te wees soos jy is? As jy nie 'n vegter in jou hart is nie, hoef jy nie die skyn van 'n vegter te neem nie.
Dit mag wees dat jy teen jouself geveg het in hierdie leeftyd. Behou nou jou eie ware karakter. Nou is dit A-OK vir jou om jouself te wees. Jy is nie shabby nie. Miskien moet jy nie skerp kante het nie. Jy hoef nie jouself op te hou aan jou skoenveters om aan jouself te sê wat jy nie is nie.
Ek het jou gemaak om jouself te wees. Ek het jou nie gemaak om 'n show, 'n produksie, of op 'n verpakkingslyn te wees nie. Ek het jou eenvoudig jou gemaak.