Heavenletter #5634 'n Sak Vol Verrassings
God het gesê:
Jy is vry op Aarde. Dit mag dalk nie vir jou so lyk nie. Jy mag vasgeval voel in so baie dinge dat jy oorweldig is.
Liewe Ene, julle is vry om selfs oorweldig te wees. Dit is nie ongehoord om te sê dat uit 'n pak van moontlikhede, mag jy wel een gekies het genaamd Oorweldig.
Daar is so baie keuses in die lewe voor jou. Almal van hulle is vir jou om van te kies.
Jy het selfs die keuse om weg te hardloop van wat jy sal lief wees om te kies. Jy mag jou hand uit steek, en dan jou hand terugtrek. Jy gee nie vir jouself krediet vir die vermoë om jou begeertes te bereik, en so staan jy terug, of, dalk, dit kan gesê word dat jy trek terug om 'n begeerte van jou te vervul uit bedeesdheid of, dalk, van een of ander vrees vir sukses of mislukking. In ieder geval, dit kan wees dat jy minder as jou volle kwosient aanvaar.
Op een vlak, maak dit nie saak nie. Op 'n ander vlak, maak dit baie saak. Wel, wie in die lewe weet vir 'n feit wat die beste keuses is? Jy kan slegs raai.
Dalk kan jy jouself opbou om meer Ja te sê vir dit wat jy begeer eerder as om gereeld Nee te sê vir wat jy begeer. As die Lewe 'n blom vir jou gepluk het, mag dit jou betaam om die blom te aanvaar en dit nie weg te gooi nie.
Ongeag, die Lewe is jou keuse, en jy kies een manier of 'n ander.
Versigtigheid sê vir jou dat jy kan nie alles aanvaar wat op jou pad kom nie. Aan die ander kant, jy wil hê jou hart moet vloei waar dit wil vloei.
Uitdagings is aanvaarbaar. Jy hoef nie sure bets te maak nie. Jy kan werk aan dit wat jy wil hê. Alles hoef nie 'n sure thing te wees nie.
Jy hoef nie te slaag in alles nie. Sukses kan wees om jouself jou beste te gee.
Dalk kan jy met iets aanhou net so maklik as wat jy dit kan los. Jy hoef nie aan te hou met dit nie net soveel soos jy kan ophou met dit. Vry keuse.
Maak jou keuses joune eerder as die advies van die gesiene wêreld. Daar is alle soorte winste. Daar is baie soorte winste. Watter paar brille wil jy deur kyk?
Hou jou opsies oop. Beslis, jy kan kies om op dieselfde baan te bly. Beslis, jy kan nuwe horisonne ook kies. Jy is 'n kieser van keuses.
Ek praat hier van om te waag om jou hart te volg. Hierin lê die beloning. Die ding is, om jou hart te volg of om jou logika te volg is nie so maklik vir jou om te weet wat is wat nie. Lewe in die wêreld het baie veranderlikes.
Somtyds is jy nie seker wat is hart en wat is ego nie, en somtyds spandeer jy jou hele Lewe in debat oor 'n besluit. En, somtyds, moet jy eenvoudig net kies.
En somtyds moet jy laat vaar van keuses wat gemaak is.
Kom ons veronderstel dat daar is geen beste keuse of slegte keuse nie. Daar is net keuses. Hê geen berou nie. Berou is 'n vertraging aksie. Met berou, hou die verlede jou in sy slawerny.
Kyk, berou is jou keuse ook. Moenie jou Lewe mors op berou nie. Jy kan nie aanhou om dieselfde bladsye in 'n boek oor en oor te lees nie. Blaai die bladsye om, en skuif aan.
Wanneer jy oop is, geliefdes, is jy oop tot 'n soort magiese sak vol verrassings. Enige iets kan gebeur. Enige iets kan gebeur op meer as een manier. Open jou hart en verstand tot dit wat jy sal lief wees om te gebeur gedurende jou Lewe op Aarde. Wat is die moontlikhede wat jy aan dink? Wat is die moontlikhede wat jy nog nie aan gedink het nie?
Verwag 'n wonderlike lewe op Aarde. Maak oop die hekke na goeie geluk. Word wakker, jy is nie hier vir ongeluk nie.