Heavenletter #5635 Wees 'n Wonderwerk
God het gesê:
Daar is tye dat, die Kinders van God, hulpeloos voel, nie in staat nie, nie toegalaat nie, gefrustreerd, swak. Ek sê vir jou dat jy het binne jou Groot Krag. Ek sal jou sê wat jou Groot Krag is. Vryheid. Vryheid is jou krag. Vryheid van keuse is jou krag. Daar is altyd keuse. Kies vryheid.
As jy voel of jy verdruk is, het jy jou vryheid vergeet. Ander mag inbraak maak op jou of verskyn as struikelblokke as jy so sê. Natuurlik, onbekend aan jou en aan ander, oënskynlike opposisie en beperkings mag 'n deur oopmaak tot jou vryheid wat toe was en 'n stoot nodig gehad het om oop te maak. In effek, ander mag jou stimuleer om te soek vir die sleutel tot jou vryheid.
Ek praat nie hier van 'n voornemende stryd met 'n oënslynlike ander nie. Ek praat van jou ingebore vryheid om na bo te styg. Om na bo te styg is jou vryheid.
As jy wil kragtig voel eerder as magteloos, sal jy die lewe wat jy leef jou eie verantwoordelikheid maak. As jy moedeloos is, is moedeloosheid jou keuse. Miskien, is dit moed wat jou sal help om te styg. Dalk daardie in die lewe wat jy sien as beperkings is jou aan-skakelaar sodat jy hoog sal vlieg.
Selfs al is jy in die skool, selfs al is jy in die tronk, selfs al is jy verlam, vryheid is joune. Jy kan jouself van vryheid maak.
In skool, is jy in 'n posisie waar jy moet doen wat jou onderwyser sê. Jy wil dalk praat en plesier het, tog moet jy stil wees.
In die tronk, moet jy die reëls volg. Die reëls mag dalk onmenslik wees. Nietemin, dit betaam jou om die reëls te volg.
In skool, in die tronk, selfs al is jy verlam, het jy vryheid van hart en verstand. Jy het wilskrag. Jy het die vryheid om als te wees wat jy kan onder omstandighede wat 'n verskoning kan wees vir jou om jou vryheid te blok. Jy het die vryheid om bo omstandighede te styg.
Onthou die ware storie van 'n hoof-redakteur van 'n groot tydskrif in Parys wat 'n massiewe beroerte gehad het en hom verlam gelaat het? Hy was nog nie eens vyftig jaar oud gewees nie. Daar was net een beweging onder sy beheer, en dit was om een oog te knip. Hy was in staat om Ja te sê met een oog knip en Nee sonder 'n knip.
Hoe het hy na bo gestyg? Hy het homself as gelukkig beskou. Hy het die vryheid gehad om homself kragtig te ag. Hy was ook gedetermineerd. Hy wou aanhou om te skryf. Hy het optimistiese gedagtes gehad. Hy het sy optimistiese gedagtes gemanifesteer. Niemand moet sê Ek was nie daar aan sy sy nie.
'n Genadige dame het kaarte gemaak van al die letters van die alfabet. Die eens wêreld-kragtige man het sy storie geskryf deur te knip of nie te knip nie om die volgende letter van die alfabet te kies vir 'n woord wat hy wou neerskryf. Dit is hoe diep gedetermineerd hy was om sy boek geskryf te kry.
Dit het begeerte, sterk wil, moed en die ontwikkeling van oneindige geduld - en een ander hoof bestandeel - om sy boek te voltooi. Hierdie belangrike ander bestandeel was die skrywer se Wil en Liefde vir die Lewe. Hy het sy vryheid beoefen om die lewe te lief. Sy Liefde vir die Lewe het die engele vrou geinspireer met haar kaarte van die alfabet aan sy sy en baie ander wat later sy boek gelees het.
Na die skrywer se dood, was die boek gepubliseer reg oor die wêreld en later is 'n rolprent daarvan gemaak. Hierdie was als die man se huldeblyk aan die Geliefde Lewe. Die rolle van die skrywer en die genadige dame het Toewyding vir die Lewe en Vryheid van Keuse vir baie geinspireer.
Elke mens het die vryheid - genoem vryheid krag - om te dink, te leer, om te gee, na bo te styg. Dit is jou vryheid. Jy het vryheid van doel. Jy het 'n reservoir binne jou van keuses om te maak wat net jy kan maak.
Jy het vryheid. Jy het doel. Jy het My. Jy het My maak nie saak wat nie.
Die skrywer het nooit sy fisiese verlamming oorkom nie, tog was hy 'n wonderwerk.