Heavenletter #5633 Helde Van Oneindigheid
God het gesê:
Kyk, niemand kan voor die tyd al die vrae sien wat jy mag vra voordat jy 'n sprong vat om jou lewe te leef nie.
Jy leer soos jy groei. Jy groei soos jy leer. Jy skuif vorentoe, een stap op 'n tyd. Dit is hoe jy loop, een voet na die ander. 'n Patroon ontwikkel en kom aan die lig. Dit is die Lewe - die Verrassing van 'n Leeftyd.
Jy loop in mis, soos dit is. Jy mag geen idee het waar jy is of hoe ver jy gekom het. Jy mag dink jy strompel wanneer jy eintlik vlieg so vry soos 'n voel.
Die Lewe kom nie na jou vooraf verpak nie. Die Lewe is nie als netjies en verpak soos jy daarvan sou hou nie. Die Lewe het 'n duisend maniere - 'n miljoen maniere - 'n miljard maniere - om sy pad na jou te vind en jou 'n boodskap te gee.
Die Lewe kom altyd rollend na jou toe, blykbaar soos die kinder speletjie Tiddlywinks waar jy klein plaatjies in 'n koppie flip - en daar is jy - jou Lewe opgemaak van klein sirkels wat jou bereik. Hierdie klein sirkels word die bou blokke van jou Lewe in die Wereld. Wat 'n Fantastiese wereld wat jy in is!
Kyk, Tiddlywinks kom in alle kleure, en alle kleure kom in jou Lewe en vat hul plek. Die Lewe mag toevallig of per ongeluk lyk, tog is die Lewe nie raak of mis nie. Die Lewe is inderdaad doelgerig. Die Lewe is altyd besig om jou iewers heen te lei selfs al het jy geen idee waarheen die Lewe jou lei of wat jou volgende stap sal wees nie, tog is jou volgende stap reg hier voor jou. Vat jou kanse.
Die Lewe mag vir jou meer lyk na 'n skaakspel, en jy mag die Lewe hoor se vir jou: "Skaakmaat!"
Tog altyd, is daar nog 'n skuif en nog een na dit. Die Lewe is nooit verby nie. Jy staan op, en daar is 'n ander Spel van die Lewe om te speel. Daar is geen end-game nie, geliefdes, omdat julle Helde van Oneindigheid is. Oneindigheid is open-ended. Die Lewe hou aan aangaan. Die Lewe gaan voort.
Jy mag jou Spel van die Lewe speel op 'n harde tafel of op gras of die vloer van 'n oerwoud. Op watter toneel ookal jy jouself bevind, die toneel begin nie om jou storie te vertel nie. Waar dit lyk jy is mag net sowel nie wees waar jy is nie. Waar jy gaan van hier af lei jou na die Hele Oneindigheid Storie.
Jy speel in 'n Groot Wedstryd, en jy is 'n Groot Speler. Daar is geen klein ouens nie. Almal is gelyk in hul krag om in toernooie te speel, of om gauntlets te loop, of om weg te kruip of weg te hardloop. Daar is geen tekort aan maniere om te speel of nie te speel nie. Eens in, is jy in.
Daar mag ruwe berge wees om te klim en groen valleie om in te le op jou rug en kou aan 'n paardebloem terwyl jy opkyk na die Blou Lug. Jou oe en Lug is altyd bedoel om te ontmoet. Die Son en die Maan en die Sterre ook. Julle is bedoel vir mekaar.
Wat jou oe verlig, is bedoel om jou oe te verlig en na te staar. Wat ookal die onderwerp genoem mag word, dit het jou geroep. "Kom nou," se dit. Wat ookal jou oe op rus, hoekom, dit het na jou geroep:
"Kom sien my, Kom kyk hoe pragtig ek is. Ek reflekteer jou skoonheid asof jy my skoonheid sien of nie en of jy jou eie skoonheid herken of nie."
Geliefdes, jou oe is 'n kamera. Jy kan 'n foto vat van 'n gemors hoop, en reg daar voor jou is skoonheid vervat, virewig vervat in 'n foto geneem vanuit jou oe se blik. Jou oe kan die Ware Kamera wees.
Jou oe en verstand sien die wereld, en so lei jy af hoe die wereld is. As jou oogpunt is dat die wereld tekort het, vat dan asseblief nog 'n kyk. As jy grys wolke sien wat die Son blok, kyk weer. Hou aan kyk.
Jy begin om met My oe te sien.