Heavenletter #5627 'n Goddelike Menslike Wese Hier Op Aarde Vir Die Goed Van Almal
God het gesê:
Met spraak, is daar 'n momentum. Dit is nie soveel dat jy moet praat sodat iemand na jou kan luister nie. Dit is meer dat jy praat om uit te vind. Wat uit te vind? Om uit te vind watter nuwe sin vir die lewe begin om in jou hart en verstand te ontluik.
Jou woorde is 'n kombinasie van jou harts verlange en jou verstand se determinasie. Ons kan moontlik sê dat wanneer jou hart praat, praat dit in stilte. Daar is 'n aspek waar daar geen woorde is vir dit wat in jou hart is om ten volle te uiter nie. As daar woorde was en jy het hulle geken, dan mag jy voel dat jy nie die woorde sou kon uiter omdat hulle so kragtig sal wees.
Soos dit is, al die woorde wat jy ken begin nie om als te sê wat jou hart wil sê nie. Jou hart is verby verwyt, en tog doen woorde dit nie. Elke Menslike Wese wat gebore is op Aarde het 'n begeerte om te praat selfs al kan vokale spraak van die wêreld nie die diepte van hart en al die swaai in 'n menslike hart uitdruk nie. Dalk kan 'n sonsondergang praat. 'n Voël kan eons praat in een refrein. 'n Digter of kunstenaar kan naby kom in die spasie tussen sy woorde. Tog als wat jou hart vul kan nie in spraak uitgedruk word of selfs in jou begrip nie.
Dit is geen geheim dat jy en jou hart is groter as wat enige woorde kan sê. Dit is ook reeds vasgestel dat jy groter is as wat jou eie oë kan sien, tog begin jy te vermoed dat daar meer is tot jou as wat jy jouself krediet voor gee.
Soos jy aanhou om meer en meer van die Krag van God wat met jou is te voel, My krag is so ellegant, jy begin vermoed meer en meer dat jy mag, na alles, wees wat Ek sê, 'n Goddelike Menslike Wese Hier op Aarde vir die Goed van Almal.
Somtyds sien iemand verby die mantels wat jy jouself in toe draai. Somtyds kry jy, ook, 'n loer van Jou Ware Self wat daar weg gesteek is.
Laat Ek jou iets vertel. Jy hoef nie te weet Wie jy is voor jy is Wie jy is!
Asem 'n sug van verligting. Dit is nie verpligtend dat jy moet weet nie. 'n Tyd sal kom wanneer jy weet, en daardie weet sal maklik wees, en die Lewe eenvoudiger en selfs revolusioenêr wanneer die tyd kom wat nou aanbreek.
Dit is wanneer jou tyd van glorie kom. Dit moet kom. Dit sal kom omdat jy gestyg het. Hoekom nie?
Die wêreld is gefragmenteer met teenoorgesteldes. Niemand twyfel dat jy laag gelê kan word nie. Eintlik, baie sal daarmee saamstem.Terselfde tyd, as jy laag gelê kan word, kan jy ook styg. Wat is die groot saak hier?
'n Kind kan aanvanklik nie loop nie. Dan kan hy kruip. Dan kan hy opstaan deur vas te hou. Dan kan hy by homself loop. Later sal hy hardloop en spring. Is dit nie 'n wonderlike ding nie? En dat jy dit elke dag sien. Hierdie wonderwerke is so alledaags. Kom aan, wat is so moeilik omtrent styg?
Jy het jouself onderste bo gedraai vir 'n ruk en al die stres en spanning en ongevraagde gedagtes en gevoelens is uit jou geskud. Wat dit beteken is dat jy is vry van die bande wat jou vasgebind het, eintlik die bande wat jy jouself mee gebind het en toe jouself gevra: "Whoa, hoe het dit gebeur? Ek verdien dit nie."
Jy verdien nie, en tog het jy dalk terug gelê en jouself toegelaat om beperk te word. Beperking voorsien 'n soort van veilige sone. Ten minste as jy bly waar jy is, miskien kan die ongewenste nie gebeur nie.