Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5626 'n Bui is 'n Bui

God het gesê:

Een dag is jy bo op die wêreld, en die volgende dag is jy wanhopig, en jy het geen idee hoekom nie. Jy is net. En hier is jy, so nors as kan wees, weereens neerslagtig, miserabel en jy voel ongeliefd.

Nou maak dit nie jou hart ligter om te weet - en jy weet wel - dit sal verby gaan. Alles gaan verby soos Ons praat, maar jy sien nie wat goed dit doen vir jou wanneer 'n bui soos 'n mes in jou hart steek.

Jy soek vir redes om jou bui te regverdig, asof hoe meer redes hoe beter. Hoe jy verduidelikings soek. Geliefdes, dit is 'n bui. Buie is nie regverdigbaar nie.

Hierdie hele wêreld wat jy in leef is gevul met so baie dinge en seëninge dat Ek voorstel dat jy aan redes dink vir hierdie hele Gawe van die Lewe. Wanneer jy op-getrap voel, skielik of meer geleidelik, het jy vergeet van die glorie waarin Ek jou hou en die Glorie van God waarvan jy gemaak is.

Wanneer jy in die middel van wanhoop is, vergeet jy om vars lug en die natuur te onthou. Jy vergeet om te onthou van al die skoonheid wat jy in deel. Jy vergeet jou waarde aan My en aan die wêreld. Jy vergeet jou Self. Vir 'n tydjie, aanvaar jy 'n beperkte weergawe van jouself en vat dit as wet, asof buie jou beter ken as Ek.

Jy weet, geliefdes, dit wat net 'n gordyn is wat oor die verhoog getrek is wat jy op is, is niks meer as hoe 'n sekere lampskerm 'n verskillende kleur van lig reflekteer nie. Die lig in die Hemele bly dieselfde en verander nie. Deur dit alles, die Lig in die Hemel bly onveranderd.

Daar is Een Lig in die Hemel. Die lig in die Hemel is moeiteloos suiwer. Die lig in die Hemel is nie gemeng nie en ook nie agtertoe en vorentoe nie. Die Hemel is nie bederf met buie nie. Daar is geen buie in die Hemel nie. Buie is mens-gemaak. Net Waarheid bly in die Hemel.

En, so, hierdie ongemaklikheid van hart wat jy voel en 'n bui noem is niks anders as 'n illusie soos enige ander illusie nie.

Maar hoe waar jou buie lyk vir jou. Dit is asof jy in die maag geslaan is en die gordyn toegetrek is om die Son en Sterre weg van jou gesig te hou.

Aanvaar die onheilspellendheid van buie as 'n geleentheid om op te staan en te dans. Laat toe dat die ontsteltenis onttrek.

Buie is die teken dat Helder Lig is gereed om terug te klim in jou hart. Jy maak plek vir meer en groter Liefde en Lig. Daar is geen ander manier om in te kom nie.

Moenie vir redes soek hoekom hierdie neerslagtigheid jou volg nie, omdat hierdie neerslagtigheid maak plek vir jou lot. In sy ware bedoeling, is buie 'n gawe. Buie is maar net 'n herhinnering van hoe die lewe kan wees met buierigheid, en dan Lig wat weer helder op jou skyn.

Aanvaar die Waarheid dat jy magtig is verby jou denke en die denke van die wêreld ook. Die wêreld kry dit nie regtig nie.

Die verlamdes kan loop, en jy kan opstaan uit die bed uit en jou buie omseil. Jy kan vrolik word nou. Jy is nie afhanklik van buie nie. Dit is 'n sekere teken dat die inhoud van buierigheid het tot die oppervlak gestyg en is oppad uit. Buie is 'n sekere teken van verligting wat kom.

Draai jouself onderste-bo vir 'n ruk, en al die stres en spanning en ongewenste gedagtes en gevoelens sal uit jou skud. Wonderwerke sal gebeur, omdat nou is jy vry van die grense wat jou gebind het, eintlik die grense wat jy jouself in