Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5625 Om Elke Hoek Wag Geleenthede Vir Jou

God het gesê:

Jy het dalk 'n blaaskans van verantwoordelikheid nodig vir 'n ruk. Selfs al is jou werk die droom van 'n leeftyd, het jy steeds 'n dag af van dit. Jou hele lewe is jou verantwoordelikheid. Daar is iets wat wag vir jou om dit te maak gebeur. Jy weet nie wat nie. Jy het jou verantwoordelikheid ernstig opgevat. Dit mag alles vir jou beteken. Jy mag onmisbaar voel.

Dit is nie dat jy dink die wêreld kan nie aangaan sonder jou nie. Natuurlik vind die wêreld 'n manier om aan te gaan sonder jou. Dalk is dit jy wat nie kan aan gaan sonder jou werk nie. Jy weet nie meer wat 'n vakansie is nie as gevolg van jou betrokkenheid by jou werk. Daar is meer tot die lewe as net werk of net speel.

Intussen betaam dit jou om sonder jou werk klaar te kom elke nou en dan, spesifiek wanneer jy voel dat werk oor jou hang. Somtyds benodig jy 'n nuwe perspektief in erkenning van jouself en jou identiteit apart van jou werk. Somtyds begeer jy regtig om net jouself te wees, selfs al is jy onseker wat dit beteken om jouself te wees. Jy mag wonder wie jy regtig is. Is werk jou I.D.?

Is jy dalk iets anders as werk of enige ander titel wat aan jou toegeskryf is? Dalk is jy verby enige titel wat aan jou toegeskryf is of wat jy aan jouself toeskryf. Jy bestaan ook sonder 'n titel.

As jou werk is om spykers te slaan, vat 'n blaaskans van spyker slaan. Daar is geen vraag omtrent dit nie. Soos dit is, 'n klok lui, en jy is oppad werk toe.

As jou werk meer geestelik is of meer monumentaal is as enige iets anders in die wêreld, mag jy dalk jouself vergeet. Selfs jou klein self tel. Vir die goed van jou Self, mag jy goed doen om 'n kontras te vereer. Jy bestaan onafhanklik van jou werk, jou loopbaan, jou missie, jou pligte, en wat ookal van jou mag verwag word, of wat jy so ernstig van jouself verwag.

Dit word gesê dat daar 'n seisoen is vir alles.

Dit mag jou betaam om na die lewe te luister. Dalk wil die lewe jou op skud, jou uit die ou beuels kry. Dalk die vat van 'n blaaskans vir 'n rukkie is wat nodig is vir die groot werk wat jy wil aanvat? Miskien benodig jy vars oë. Jy verlaat nie jou skip deur op 'n vaart te gaan elke nou en dan nie. Het jy gehoor iemand sê om tyd af te vat is nie vir jou nie?

Dalk is dit jy wat verklaar dat tyd-af is nie vir jou nie. Ek is seker Ek het jou nie aangestel om 'n werk-perd te wees nie. Dit mag wel wees dat jou plig is om tyd-af te vat en jouself te herkonfigureer.

Natuurlik, terwyl jy op Aarde is, is daar geen breuk van die lewe nie. Jy ry in 'n skip wat jy nie kan verlaat totdat jy daardie skip inruil vir 'n heeltemal anderste verblyf altesaam nie, en jy vat jou verlof van hierdie menslike lewe vir 'n ruk of vir ewig. Een of die ander, dit is goed.

As daar net nie etikette vir werk of speel was nie. Of, wat as werk speel genoem was? Sal werk nie anders wees nie! Wanneer dit speel is, hoef jy nie op te daag nie. Jy is nie onder opdragte nie. Speel word gesien as meer vrye-speel. Werk word gesien as verpligting.

Gereeld praat Ek met jou om van grense te laat vaar. Dit is wat 'n vakansie voor is, om nie so styf vas te hou aan een of ander beperking nie. Fokus dien, en om van grense te laat vaar dien ook.

Ek vra jou om te dien. Ek vra jou nie om te oorwerk nie.

Werk en besigheid dien, en tyd-af dien ook. Wanneer daar 'n roep vir vryheid is, beantwoord dit. Vaar op 'n ander soort Hoë See vir 'n ruk, en jy sal 'n nuwe aspek van jouself vind wat jou sal bevry en My bondig en luisterryk dien. Geleentheid wag vir jou om elke hoek.