Heavenletter #5618 Word Slim, Goddelikes
God het gesê:
Wanneer jy na die petrolstasie gaan, het jy 'n keuse van graad van petrol om te koop om jou tenk te vul.
Het jy nie ook dieselfde keuse, wat om jou hart mee te vul. Jy het die vryheid van keuse. Jy het jou eie Wil en jou eie Self-determinasie. Altyd, het jy 'n keuse voor jou.
'n Bui kom oor jou? Wat is 'n bui langs jou vryheid? Ek bedoel, regtig, dink jy 'n donker bui is meer kragtig as jy? Maak leeg die bui vanaf jou hart, en hervul dit met vreugde.
Ek dink jy sal vreugde kies. Dalk is Ek verkeerd, en jy sal eerder 'n donker bui het as 'n vreugdevolle een. Dalk geniet jy om te sink in 'n bui in en uit te roep, "Oom, ek gee op." Terselfde tyd, wil Ek dit stel dat oorgee is nie - Ek herhaal - beteken nie nederlaag nie.
In elk geval, jy het keuse. Jy mag dink dat jy hulpeloos is. Ahem, dit is jou eerste wanopvatting. Jy het Wil, en jy het Vryheid van Wil. Jou sin van hulpeloosheid mag jou gunsteling bui wees, so te se, jou gunsteling platform om van te kom. Jy wil dalk versorg word eerder as om te waag op jou eie. Hulpeloosheid mag jou modus operandi wees. Dit kan werk. En, so, mag jy jouself 'n bedelaar van die lewe maak. Jy neem 'n postuur aan wat se arme jy, hoe graag jy aalmoese benodig. My Wil vir jou was nog altyd onafhanklikheid en vreugde, arm in arm.
Tel jouself op en gaan aan. Jy kruip nie. Jy grom nie. Nooit weer moet jy ooit dink of aan jouself se: "Alas, arme ek."
Plaas daarvan, staan jy op en jy dank die grond waarop jy loop dat jy opreg is. Jou postuur is belangrik. Jou postuur is jou ooreenstemming met die wereld.
So ook moet jy nooit van My bedel asof jy hulpeloos is. Wees jou eie goeie geluk. Wees jou eie wens-put. Gaan voort met jou Self-ontwikkeling. Jy het regte tot jou eie lewe in die wereld.
Dit gaan nie oor om iets te wees wat jy nie is nie. Dit is glad nie dit nie. Dit gaan oor dat jy jou Self moet wees met al die regte en voordele van 'n selfversorgende mens. Maak jou eie omstandighede. Wees jou eie beweger. Weet jy kan. Weet dat jy en jou lewe uitvoerbaar is.
Weet dat wat ookal jou lewe na lyk, jy is verantwoordelik. Jy mag sidder aan hierdie idee. Kom Ons gee oor die oomblik dat jy nie verantwoordelik is vir jou lewe soos in die skepping van hoe dit vir jou lyk nie. Kom Ons se dat jy jouself in hierdie spesifieke plek op Aarde bevind en dat jy nie verantwoordelik daarvoor is nie. Met alle liefde vir jou, vra Ek jou:
Wie is nou verantwoordelik? Wie gaan jou arms en bene nou beweeg? Dank God dat jy die vermoe het om vorentoe te beweeg op jou eie twee voete. Dank God jy het 'n hart en verstand, en die vermoe om hulle te stel in die rigting wat jy wil gaan. Dank God dat jy nie 'n kewer op sy rug is wat nie kan opkom nie. Dank God dat jy 'n Wese op Aarde is en 'n Hoer Wese in die Hemel terselfde tyd. Wees bly dat jy bestaan. Wees bly dat jy nuwe hoogtes kan bereik.
En as jy jouself verlam vind en nie kan beweeg nie, dank God vir jou verstand, en dank God vir jou hart, en help jouself deur die paaie van jou hart en verstand. Dank God dat jy jouself nie 'n martelaar of bidder maak nie.
Oorweeg dat waar ookal jy sit of le dat jy op 'n koninklike troon sit, en jy dra 'n Goue Kroon, omdat Ek saam jou is, en Ek is binne jou.
Word slim, Goddelikes.