Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5617 Vreugde en Strewe Is Nie In Dieselfde Bal-Park Nie

God het gese:

Die lewe wat jy begeer kom nie van uitermatige inspanning nie. Die wereld, soos dit verskyn, mag se dat jy moet hard werk vir alles. Tog om hard te werk is nie genoeg nie. Eintlik, om hard te werk is gereeld te veel, omdat dit jou uitput.

Baie van die goed in die lewe wat jy ontvang arriveer sonder inspanning. Dit gebeur. Dit gebeur net. Jy mag dalk nie eens vir dit gekyk het nie. Dit spring op reg voor jou.

Duidelik, dit is nie jou inspanning wat die Son laat skyn en die reens laat kom nie. Idees wat na jou toe kom, kom nie deur druk nie. Druk voorkom idees om te kom. Wanneer idees kom, spring hulle op soos 'n daisy wat op pop. Vreugde kom dan as 'n by-produk. Jy het dalk nie vreugde in gedagte gehad as jou hoof doel nie en het na dit gestreef. Hoe streef jy na vreugde? Vreugde en streef is nie in dieselfde bal-park nie.

Om hout te kap, moet jy werk, en dit is fisiese moeite, tog kan die kap van hout goed voel vir jou. Tersefde tyd, baie wat in die gym oefen werk hard, en hulle sweet, en, tog, hulle geniet hulself. Dit voel goed. Hulle mag of mag nie 'n eind resultaat in gedagte het nie, en tog die oefening vanself gee satisfaksie.

So ook is dit nie die grootste poging wat jou uit die put van wanhoop kry nie. Hoeveel kan jou wil en determinasie vreugdevolle skatte vir jou bring?

As jy 'n diamantring in die straat optel, was die optel van 'n diamantring dalk die laaste ding op jou gedagtes totdat jy oor dit gestrompel het.

Jy mag dalk hard daaraan werk om 'n werk te vind, tog sodra jy 'n nuwe werk kry - en een waarvan jy hou - was dit maklik. Jy mag dalk baie hard gewerk het om 'n werk te vind, en, tog, dalk het jy iemand op die trein ontmoet wat 'n werksopening het in sy maatskappy en het gesoek vir die regte persoon vir die betrekking, en hy vind jou per ongeluk en, per ongeluk, val jou nuwe werk in jou skoot.

Daar is geen ongelukke nie. Jy mag dalk na iets soek op jou linkerkant, en dit verskyn aan jou regterkant.

Natuurlik, jy moet dalk hard werk om goeie punte in ingenieurswese in die hoerskool te kry. Iemand anders hoef dalk glad nie te studeer nie. Dit kom maklik na die een en nie vir die ander nie. As jy baie hard werk aan jou studies, maak jy die keuse om hard te werk vir goeie punte. Ons kan dit uiterlike motivering noem. Terselfde tyd, daar is iets omtrent dit om hard te studeer en dit die moeite werd vir jou te maak - of, dalk, mag dit nie.

Dit is nie dat jy moet prestasie-georienteerd bo alles wees nie, tog het prestering ook sy plek in die lewe. Daar kan vreugde wees in die opgooi van drie lemoene in die lug en hulle weer te vang en hulle dan weer op te gooi in 'n sekere vordering en hulle weer te vang in 'n sekere vordering.

Tog die leef van die lewe was nie altyd pret vir jou nie.

Grotendeels, wanneer jy gespanne is, geniet jy nie. Dit lyk of Spanning ignoreer vreugde en maak dit moeilik. Hoe kan jy in vreugde gevul wees wanneer jy gespanne is? Ek praat van die lewe en nie van toneelspel nie. Natuurlik kan jy gespanne wees om 'n toespraak te gee en baie goed doen, en so, na dit, geniet jy die geheue van die gebeure vir jare wat kom.

Dit kan wees dat jy groot geword het met die verstand dat die lewe was bedoel om 'n stryd te wees, dat die lewe dalk bedoel was om 'n stryd te wees tussen wat jy sal geniet en wat jy verplig is om te doen, en jy het dit nog nie heeltemal uitgepluis nie.

Die Lewe is nie veronderstel om een of 'n ander manier te wees nie, tog is die lewe ook jou keuse. Op een of ander manier, is jy die maker van jou lewe.