Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5612 Die Brille Wat Jy Dra

God het gesê:

Alles nou, soos dit lyk vir jou, maak nie saak hoe jy nie daarvan hou nie, maak nie saak hoe verstom jy is oor dit nie, ontsteld, seer gemaak tot die been, bedroef, ontsteld, hartseer, en onmoontlik om dit te aanvaar, is 'n perfekte weergawe van die lewe -- as jy maar net kon sien...as jy maar net kon sien...

Geen groot kunstenaar kan 'n groter weergawe van hierdie toneel voor jou maak nie. 'n Toneel vanself, gevat uit konteks uit, is, nietemin, 'n potret gekerf uit die lewe. Dit is waar in jou oè, tog is dit nie waar nie, soos jy dit sien of ooit mag sien terwyl jy op Aarde loop. Jou prentjie is nie korrek verbind nie. Dit is 'n onduidelike prentjie wat jy hou. Dit is wat jy sien en met jou rond dra, tog is dit nie waar nie. Baie van die lewe is nie waar soos jy dit sien nie.

Jy dra brille wat nie jou visie help nie. Selfs al is dit ou brille wat jy ontgroei het, loer jy deur hulle. Daar is 'n veel groter konteks van die lewe ver verby die rou en rof van die lewe soos wat jy die lewe mag vat om te wees.

Natuurlik, jy reageer teen die lewe soos jy dit sien. Jy sien dit tot die beste van jou vermoe. Eendag sal jy meer ver-siende wees. Jy sal 'n groter visie sien en betekenis van gebeurtenisse verby wat jy nou sien as tragies.

Waar jy eens op 'n tyd gehuil het, sal jy begin om dimensies te sien wat jy nie van kon droom van tevore nie. As jy van hulle gedroom het of het 'n vermoede van hulle gehad, sou jy nie jouself laat opgebeur word deur hulle nie omdat jy was oortuig dat jou periode van treuring was nie op nie en, dalk, sal nooit op wees nie.

Uit vrees om vorige interpretasies te laat vaar, het jy 'n blinde oog gedraai en gekies om ontrou te wees aan die huidige. In die verlede, het jy agter die verlede geskuil uit 'n misplaaste sin van lojaliteit. Nou groei jou lojaliteit na die huidige.

'n Roos is nie gebind tot die verlede nie. Jy begin om te aanvaar dat jy 'n roos is ongebonde. Jy begin neer te buig vir die lewe soos dit aan jou verskyn. Jy sien dat die lewe gaan aan en gewillig voor jou en nie meer die manier soos jy dit gesien het in die verlede nie.

Die tydperk van huil is verby. Asof jy reg is of nie, die lewe het meer om jou te bied, en jy het meer om die lewe te bied. Die Lewe was nie 'n stil-staan nie. Jy het die lewe weerstaan.

Waar ookal jy jouself vind in die lewe, dit is vir jou om aan te hou. Hoe jy ookal die lewe afjak, die lewe is mooi en jy is by 'n pragtige plek in jou lewe. Aanvaar dat die lewe is onpartydig en beweeg aan, en so moet jy aan skuif.

Moenie dink Ek is oneerbiedig aan dit wat jy sien as onverdiende verlies. Self al was jou donker prentjie van die lewe waar -- wat dit nie is nie -- maar as -- moet jy steeds aan beweeg in die lewe en groei tot 'n groter prentjie. Jy is nie hier in die lewe om te grawe in kiste van wanhoop om in te skuil nie.

Gee erkenning aan jou vergane vreugdes nou deur aan te beweeg en te loer oor dit wat jy sien as 'n krans en sien wat daar onder le. Jou verlede mag diamante en robyne vir jou voorberei het. Jy sal die neerslagtigheid oorkom.

Maak jouself beskikbaar vir die lewe nou. Die Lewe roep na jou. Loop reg tot die Lewe en se,: "Hallo."