Heavenletter #5611 Liefde Is Nou In Die Mode
God het gesê:
Wat wil jy graag nou vir My sê? Ernstig nou, as jy en Ek knieg tot knieg sit, wat sou jy vir my wil sê? Sal jou tong geknoop wees? Sal jy stil wees van alles wat opgestoor is binne jou? Of sal jy 'n hond uit 'n bos praat en My nie 'n woord gee nie?
Dit sal nie saak maak nie. Tussen Ons, tussen die Een van Ons, Stilte praat ook, en, selfs al babbel jy aanhoudend, maak dit nie saak nie. Ons verstaan alles. Daar is geen hindernisse tussen Ons nie.
En, as jy glad nie praat nie, wat is dit wat woorde kan antwoord nou soos Ons oorloop van liefde van alle moontlike rigtings? Liefde is die medium waarin Ons lewe. Om die Waarheid te sê, liefde is Ons Konstante.
Ons ken mekaar intiem. Alles is bekend nog voor Ons praat. Om die Waarheid te sê, niks hoef gesê te word nie. Ons gaan verby praat. Ons is Een, en wat maak enige iets saak as Ons saam is verby die mure wat die wêreld oprig? Wat is daar om oor te praat regtig in elk geval wat saak maak enigsins naas die Liefde wat Ons is? Ons liefde is nie net moontlik nie, dit is vasgestel.
Ons harte praat. Ons is verby en voor taal. Ons is voèl-liedere. Ons hoor Onsself in die musiek wat die natuur sing. Geen dooiepunt kan tussen Ons bestaan nie. Daar is geen onderbreking wat Ons liefde kan onderbreuk nie, omdat Ons ingestel is.
Niks maak saak vir Ons behalwe liefde, en Ons het alles van dit. Ons is alles van dit. Liefde is alles, en alles is liefde. Dis is vir Ons onmoontlik om nie te lief nie. Jy mag voel dat jy nie in staat is om te lief of liefde te volhou nie wanneer jy die einste bestaan van liefde is.
Jy mag dalk glo in enige iets behalwe liefde. Onthou asseblief dat Ek in jou glo. Dalk dink jy My geloof in jou beteken niks. Al die toebehore waarmee jy jouself omring beteken niks. Valse geloof beteken niks. Jy steier onder al die valse geloof wat jy met jou saam dra. Dit is, jy het dit met jou saam gedra in die verlede toe jy onkundig was. Jy is ver meer slimmer omtrent liefde as wat jy was.
Dat jy voel of jy die Toestand van Liefde verlaat het of het jou vermoè om te lief van jou gesteel of op getrap mag eintlik beteken dat jy nader aan Vol Liefde is as wat jy kan dink. Dors kom voor water.
Jou liefde sal deurkom. Liefde sal deur al die hekke bars wat jy dink jy toe gemaak het. Jou bestemming is om Sluise van Liefde oop te maak. Jy is besig om jou liefde te herstel wat beteken jy baar jou liefde. Jou liefde sal nie meer kan wegkruip nie, so ook sal jou liefde nie kan weg hardloop nie. Die tyd om te lief is nou, en jy maak vol-oop nou vir liefde.
Daar is so 'n sweling van liefde in jou hart nou dat jy vrees jy sal verdrink in dit.
Vrees weg: Liefde kan nie meer 'n agter sitplek in jou lewe neem nie. Liefde styg, en liefde styg in jou. Liefde kom in die mode. Hierdie is Ware Liefde waarvan Ek praat.
Jy gebied nie liefde nie, en jy baken nie liefde nie. Jy is omring en bo-op liefde. Ego kan nie bly waar liefde is nie. Liefde kan enige plek en oral vul enige tyd, selfs wanneer ego dink hy is die koning van die berg. Ego voel bedruk op die woord liefde. Liefde swiep ego op en gooi ego op na die wolke waar ego die Onsterflikheid van Liefde in die gesig staar.
Liefde het jou op die skouer getik. Met liefde wat in jou hart klop, sal jy dans, en jy sal dans soos jy nog nooit gedans het nie. Liefde het jou hart gesteel net om dit terug te gee sodat jy meer kan lief soder opvoering of selfs hoef te gaan na 'n studio om te leer hoe om te dans. My geliewe Ene, jy is gebore om te lief, omdat liefde is jou roeping.