Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5613 Die Verlede, Die Verlede, Die Onbekende Verlede

God het gesê
:
Geliefdes, hoekom is hartseer so belangrik vir jou? Hoekom is treur vir die verlede so belangrik vir jou hart? Jy voel groot hartseer vir al die vriende en familie wat jy mis en vir al die gebeure en geleenthede wat jy mis. En dan het jy ook jou spyte oor die geleenthede wat jy op uitgemis het waarvoor jy lief is. Somtyds is jy moeilik om tevrede te stel en so maklik om hartseer gemaak te word oor enigiets.

Hoe dierbaar is die verlede vir jou, op een manier of 'n ander, vervul of onvervuld, asof jy dit aandag gegee het daai tyd of net nou daaraan gedink eers, so lank daarna. Waar het hoogtepunte in jou lewe heen verdwyn, en, natuurlik, jy wonder ook wat is die punt van als wat jy sal terug bring of herskryf as jy net kon.

Somtyds sal jy op gebuigte knieg gaan om verskoning te vra as jy net kon. Jy sal dalk in die skool opstaan, byvoorbeeld, en aan die onderwyser en die klas se:

"Julle het my nie geken nie. Julle het my glad nie geken nie. So ook het ek julle ook nie geken nie. En ook nie myself geken nie. Ek was verstom en verdwaas meeste van my lewe, asof in 'n soort van trans. Ek het 'n verskyning gemaak, tog was ek nie eintlik teenwoordig nie. Asof ek geniet het of nie geniet het nie, ek was skaars teenwoordig. Ek het deur mosies gegaan van daar wees. Ek het nie geweet hoe om op te tree nie so toe rol ek myself op in 'n sekere postuur, en ek was nie regtig daar nie.

"Ek het gewag vir iets, 'n sekere soort redding, en redding het gekom en gegaan, tog weet ek nie wat dit beteken het nie. Verseker, ek het op die uiterlike staat gemaak om my te lig, en, tog, hierdie buitekant wat nie op staat gemaak kan word nie is steeds van uiterste belang vir my. Ek weet ek sal anders wees nou as ek kon terug gaan. En tog al die onwaarhede wat ek oor die lewe, ander, en myself, gehad het, teer en veer my hart nou. Ek kan nie goed genoeg uitlos nie.

"Ek het julle ook nie geken nie. Een onderwyser of 'n ander het my vrede of meer gegee, en tog het ek ook nie daardie vergetes waardeer nie. Op 'n manier, was dit als dieselfde vir my. Miskien was die lewe 'n blur toe, tog herinnering kom in druppels nou, 'n bietjie ragtail geheue, sal ek se.

"Ek het nie geweet wat van my sou word nie, en ek weet nie wat word nou van my nie. In een sin, is ek nie verder vooruit as wat ek ooit was nie. In 'n ander sin, ek was nooit, en ek is nie seker nou of ek eintlik bestaan het nie. Ek gee voor ek is hier. Ek lees die klok. Ek maak die yskas oop, en tog weet ek nie regtig wie gaan deur die mosies nie.

"En tog wat ek sal gee om in die klaskamer te wees nou saam met almal van julle vir selfs vyf minute. Ek dink ek sal julle omhels, my gesiglose onderwyser, en al die studente wie se name ek nie meer kan onthou nie. Jy, hierdie een, en jy, daardie een.

"Ek dink nie dat die lewe was 'n great ervaring vir my of dat ek dit selfs ervaar het nie. Ek dink ek het op 'n heuwel gesit en gedink dat iets aan die gang was. Ek was so ver weg van alles. Ek het nog nie heeltemal daar gekom nie.

"Op 'n manier voel ek soos 'n hobo. Ek ry op 'n trein, en dit maak nie saak waar dit vandaan kom of waar dit heen gaan nie. Ek is geblokkeer van myself.

"Ek weet nie eens wat ek se nie of wat ek bedoel om te se of wat ek bedoel deur wat ek wel se. Dit lyk of ek weet dat ek die relings ry, en ek kan nie afklim nie. Terselfde tyd, is ek wel bewus dat ek ontspoor is.

"Waar is ek van, en waar gaan ek heen? Waar gaan ek en waar dink ek gaan ek?

"Waar was jy, Klaskamer Onderwyser? Klasmaats, het ons ooit mekaar geken? Ons beset sitplekke in 'n kamer, en ek dink dit was die omvang van ons verbinding. Wat was dit als oor en wat was dit nie oor nie?"

Tog, Geliefde Seuns en Dogters, dit was iets. Dit was nie niks nie. Selfs al weet jy nie die betekenis van dit nie of as daar selfs is of betekenis was, om te gesit het in daai klaskamer het af gevryf aan jou en tot jou bygedra, op 'n manier, iewers. Jy hoef nie te weet nie, en jy hoef dit nie te herleef of streef vir dit of dit ontken nie.

Waar gaan jy vandag?