Heavenletter #5599 Lief Soos Die Son Wat Skyn
God het gesê:
Erken, jy het baie keer 'n gewoonte gehad om jou hart toe te druk. Wanneer jy op die agtervoet is, word jy styf. Jy trek jou hart toe. Daar is tye wat jy vinnig is om jou hart in twee te sny.
Jy wil konstant liefde gewys word, selfs al onttrek jy jou hart om jou te beskerm van liefde wat na jou toe storm, dalk van vrees dat liefde later van jou weg gepluk sal word, of dat jy die liefde wat jy die heeltyd gesien het verkeerd sal interpreteer. Jy sal weerstaan om opgevee te word in liefde, omdat jy ongetwyfeld die harde manier geleer het.
Om weg te trek van liefde in jou hart is beslis die harde manier. Jy mag liefde sien soos die Son, en tog kommer jy oor sonbrand of 'n sproet. Jy deins weg van die Son wat, eintlik, jou ware voedsel is. Jy ontduik en ontwyk die Son. Jy bedek jouself teen die Son.
Op dieselfde manier, deins jy weg om kwesbaar te wees vir Liefde en 'n moontlike charade wat voortgesit word teen jou of wat jy voortsit teen jouself. Oh, hoe jy 'n getekende kwitansie vir jou liefde wil hê voor dit maklik is vir jou om dit te gee. Jy is nie heeltemal in staat om jou hart weg te gee vir niks nie.
Hier is die delikate punt:
Ander mense hoef nie enige iets te doen nie. Hulle hoef nie jou liefde te ewe nie. Jy moet nie jou liefde dood maak voordat dit nog die lig van dag sien nie. Laat elkeen doen soos hulle waarneem en elkeen besluit wat volgende kom.
Enige een kan in die skadu sit soveel soos hy wil vir watter rede ookal of geen rede, tog moet jy nie jou liefde hou in 'n klein nood beursie nie. Nee, jy moet jou hart wyd oop maak en plek maak vir liefde om in te kom. Jou verantwoordelikheid is om uit te gee en nie aanspreeklik te wees vir 'n terugkeer nie. Jy vat 'n kans op liefde, selfs die liefde in jou eie hart.
En, as liefde van jou eie hart vlug, wel, liefde is soos liefde doen, en jy is ook vry vir jou liefde om aan te hou liefde wees sonder dat jy dit eien of iemand anders dit eien. Watter manier jy dit ookal sny, liefde moet nie vasgehou word vir als wat dit werd is nie. Liefde is liefde, en liefde is nie 'n vertoning of 'n skuld wat enige een moet terug betaal nie.
As jy in skuld wil wees vir liefde, wees in skuld dat jy liefde het en gehad het in jou hart, selfs al het jou liefde weg gevlieg of die liefde van 'n ander vir jou het weg gevlieg. Ja, liefde is 'n voèl met vlerke en moet nie gehok word nie. Liefde kan nie 'n verpligting wees vanuit enige een se oogpunt nie.
Sommige van My kinders lief makliker en lief meer voortdurend terwyl vir ander, is dit nie so maklik om aan te hou lief nie. Sommige liefde lyk of dit 'n hiatus het en dan vanself restoreer. Sommige van My kinders se liefde lyk of dit kom en gaan, en, tog, onthou, daar is, nietemin, liefde binne jou wat tyd en plek transendeer.
Huwelik is 'n uitdaging. Die een persoon wat jy mee trou mag lyk om die mees moeilikste van almal om mee een te wees. Somtyds vind jy 'n manier om in harmonie te wees, en somtyds vat jy 'n ompad. In ieder geval, is jy hart-seer. En, somtyds, bly julle bymekaar omdat jy nie jouself kan kry om te verlaat nie. Daar is so baie vasgebind in 'n gelofte.
Wie ken vooraf die een wat hy of sy mee trou? Jy mag nie weet wie jy jouself is voordat jy die tou knoop nie. En, in elk geval, wie weet die toekoms? Wie weet wat reg is en wat is nie, en wie weet hoe om hulle lewens met hul drome te versoen?
Almal doen die beste wat hy kan. Jy is nie die langarm van die wet nie. Jy is nie 'n posse nie. As jy iemand moet laat gaan, dan moet jy die iemand laat gaan. Dit is 'n geen-fout beleid nie. Hoekom 'n wrok hou teen iemand omdat hy leef in die wêreld soos hy doen eerder as wat jy sal verkies hulle moet? Om te laat vaar is om te laat vaar van beheer oor dit wat nie in jou herkoms is om te beheer nie. As jy moet laat vaar, wat anders is daar om te doen behalwe te laat vaar, en te laat vaar grasieus?