Heavenletter #5598 Die Opening Van Die Blare Van Leer
God het gesê:
Hoe wyd is wyd, en hoe lank is lank? Hoe hoog is die lug? Hoe groot is oneindigheid?
'n Ma mag haar klein kind vra, hoe baie lief is jy vir my? En die kind maak sy arms wyd oop so ver as wat hy kan en sê: "So BAIE."
In 'n paardeblom wat 'n kind skenk aan sy ma, skenk hy die hele Heelal aan haar. 'n Kind ken regtig Oneindigheid beter as wat hy die eindige wêreld ken. Wat is daar vir die kind om te leer op Aarde wat hy nie alreeds weet nie behalwe die eindige dinge? Van die hele spektrum van kennis, kom die kind neer op besonderhede en afmetings en vermindering van skaal en word hy geleerd in die wêreld, maar ware geleerdheid is iets wat gesnap moet word en nie bestudeer word nie.
'n Kind onthou Totaliteit, en dan wat hy formeel geleer word, word verminder tot perke van een of ander soort. Baie van die geleerdheid op Aarde is minder eerder as meer. In plaas van Volheid, kom daar 'n sekere soort van opvulling wat nie naby Volheid kom nie, 'n verdringing as't ware, een of ander soort sand in die petrol tenk en die gemaal van ratte.
Om te leer is bedoel om vreugdevol te wees. Die kind wil vuiste vol kennis snap. Verbeel jou hoe 'n kind taal leer so pragtig en so maklik, en hoe gewillig. Alles wat integraal is tot die leer van taal, die vou van die tong en die aspirasies van die lippe, en die ore gee 'n encore. Wanneer iemand 'n taal kan leer en al sy ramifikasies , dan kan hy enige iets leer wat hy begeer om te leer.
Wanneer het leer werk geword asof leer iets spesifiek tot hom is en op hom gedruk word, wanneer alle leer is omtrent die lewe en die lewendigheid van om te leer. Van wanneer af is leer iets wat op 'n kind geforseer moet word asof leer apart was van vreugde van die lewe self, en die kind moet in 'n wa gedruk word en moet na een kant of 'n ander gaan?
Laat leer liefde en vreugde ontlok, want is liefde en vreugde nie die punt van leer nie? Daar is geen punt vir en geen noodsaaklikheid vir dwang nie.
Een ding in die lewe lei na 'n ander. Die hart en verstand begeer om gevul te word met kennis. Moenie ware geleerdheid met feite en informasie misgis nie. Ware kennis is om 'n konneksie te maak. Dit is om uiteenlopende elemente te vat en te sien hoe hulle verenig en voeg tot die spiraal van lewe in die wêreld.
Twee verskillende sake het 'n gemeenskaplikheid. Om te leer is om dinge bymekaar te sit. Om te leer is om uit te vind hoe die uiteenlopende nie die uiteenlopende is maar lewendig en gelyk. Wat het taal en musiek in gemeen? Selfs binne taal en musiek, is daar stilte. Daar is stilte tussen woorde, en daar is stilte tussen note. Daar is stilte tussen gedagtes. Daar is onderdompeling in subjektiwiteit, en daar is objektiwiteit wat nie bedoel is om ver weg te wees nie. Objektiwiteit kan jou nader bring aan My, maar jou hart moet ook leer.
Leer moet vir vreugde wees, of wat is dit werd? Die toets van leer is hoeveel dit beteken vir die een wat leer. Leer is meer as oefening en repetisie. Leer is 'n verkenning van die wêreld. Alles kan in sy plek wees, en alles kan hierdie plek of daar wees. Alles kan alles wees, of dit kan niks wees, en niks kan alles wees.
Ware leer is ontdekking. Die Lewe is bedoel om te ontdek. Daar is geen voltooiing van ontdekking nie. Dit is wêreldwyd. Dit is Heelal-wyd. Dit is hemelwaarts. Die Lewe is sonder enige beperkings wat daarop vertolk word. Die Lewe is 'n Wonderwerk van Ontdekking. Daar is geen grense tot ontdekking nie. Alles op Aarde is 'n blom wat gepluk moet word en weg gegee word na die verste plekke, iets soos een hart wat alle ander omhels.