Heavenletter #5597 Opvolg Vrae Aangaande Die Toekoms Van Ons Planeet
God na Prashant:
Geliefde Prashant
Ek het gesê dat die wêreld het alreeds begin verander. Kyk vir die tekens daarvoor. Die leeu lê alreeds neer langs die lam. Daar is wonderlikheid in die wêreld. Kyk vir dit. Hoekom moet jy al die antwoorde ken? As jy al die antwoorde gehad het, watter doel sal hulle dien? Ander vrae sal opkom.
Hierdie vrae omtrent die wêreld wat jy vra beteken duidelik baie vir jou en die grote wêreld. Hierdie is vrae aan My vanaf jou hart, en hulle beteken meer vir jou dalk as die vrae omtrent jou individuele lewe.
Liewe Een, hierdie vrae is ook 'n afleiding van jouself, asof met 'n snap van jou vingers, kan jy al die antwoorde weet.
Antwoorde is binne jou. Al die antwoorde is diep binne jou, tog hoef jy nie die antwoorde in woorde te het nie, omdat een woord lei tot die volgende. Elke vraag het sub-vrae. Dit is hoekom jong kinders hulle pa sal vra oor die sterre. En met die antwoorde, sal die kind 'n nuwe laag van Hoekom's byvoeg, en die vrae sal aangaan ad infinitum. Vrae is oneindig. Vrae het hul meriete, en vrae hou aan.
Somtyds om vrae te vra is soos om die skille van 'n pynappel af te trek. Elke vraag kom van een hoek na 'n ander, tog is elke hoek van die een pynappel wat jy skil.
Of, Ons kan sê jy is 'n houtkapper. Hier is 'n groot boom. Jy kap hier, jy kap daar. Jy kap van verskillende hoeke totdat die boom afgekap is en op die grond val. Tog die hele tyd, vanaf die verskillende hoeke, is jy op die einde van die een boom wat jy afgekap het. Al die gekappery is op dieselfde een boom.
Al die bygevoegde hoeke van jou vrae is hoeke wat kom van dieselfde een vraag, geliefdes.
Die antwoord wat Ek jou gegee het die vorige keer, My seun Prashant, adresseer ook jou verdere lys van vrae.
In die oppervlak van die wêreld wat jy in leef, is daar lyste. In die oppervlak van die wêreld, is daar lyste van vrae om te vra. Daar is baie vrae om te vra. Hoekom vrae is nie van die belangrikheid as wat jy hulle in hou nie. Kyk na die geheel en nie so baie na die stukke nie.
In die Hemel, wat 'n Toestand van Bewussyn is, word daar nie lyste gehou nie. Daar is geen vrae nie. Daar is geen vrae om te vra nie, en daar is geen aparte persoon om die vrae te vra nie en geen afsonderlikheid ook om die vrae te beantwoord nie. Onthou, daar is Eenheid.
Wat Ek sê is dat jou vrae, ongeag van hulle spesifiekheid, was gevra en beantwoord.
Stap uit die modder van probleme. Kom weg van die verkondigde probleme. Hou op om probleme te dissekteer. Wanneer jy in die konsep van probleem induik, dan is probleem Koning en vrae is Koniging. Jy word onderdanig aan probleme. Jy buig neer voor probleme. Jy eer probleme asof hulle filmsterre is. Probleme is dramas. Kom uit die arena van probleme. Probleme belas jou.
Lewe jou lewe beter sonder die konsep van probleme. Rakende lewe op Aarde, die lewe is kort. Gaan aan met jou lewe en leef dit.
Vrae is van die verstand. Die verstand het sy plek, tog is vrae van die verstand nie jou speelplek nie. Hulle is ook nie jou Hoè Grond nie. Moenie dat die idee van probleme jou vernietig nie. Hou op om probleme in te stel. Moenie vir hulle soek nie, omdat jy hulle vererger, wat glad nie is wat jy wil bereik nie.
Die antwoord tot probleme lê nie in die probleme nie. Verhef jouself. Wat beteken dit as Ek sê lê neer in groen weivelde? Dit beteken nie om opgeril te word nie. Dit beteken nie om moeilikheid om jou te vou soos 'n serp nie. Om neer te lê in groen weivelde beteken nie om probleme te tel nie. Dit beteken nie om 'n opstand te begin nie. Die grap, is dit nie, die woord opstand. Dit beteken nie om te styg nie. Dit beteken om te veg.
Kom uit die realm van probleme. Lê neer in groen weivelde en kyk na die lug. Kyk op, om Hemels naam! Die oplossings wat jy so begeer kan nie in die probleme gevind word nie.
Bring meer vreugde in jou lewe in, en jy sal die wêreld lig. Duidelik is dit jou bedoeling, om die wêreld te lig.
Die wêreld glo daar is geen einde aan probleme nie. Die wêreld glo dat probleme is onkruid wat opduik sonder 'n einde in sig. Die wêreld glo dat probleme moet uitgewis word een vir een, en dat die wêreld die probleme moet oplos.
Die wêreld is vinnig om te glo, alhoewel, dat daar 'n einde aan geluk is. Die wêreld glo daar is 'n vinnige einde aan geluk. Wat 'n verskil dit sal maak as die wêreld sy posisie sal terugtrek.
Om die foute van die wêreld uit te wys sal nie die wêreld op lig nie. Jou rol in die wêreld is om op te lig. Jou rol is nie om die wêreld te kasty nie. Gaan hoèr as die wêreld. Gaan dieper.
Wat ookal jy doen, moenie wees wat die wêreld blyk te bedoel wanneer dit vir jou sê om realisties te wees nie.
Vrae sluit gewoonlik aanklag in. Vrae mag waarde dra, maar aanklae nie.
Ek sê vir jou om uit die drama te kom, geliefde Prashant. Drama agiteer. Drama het nie blywende vrede vir die wêreld gebring nie. Skaars.
Die konsep van lief wees vir jou vyand is nie ledig nie. Die feit is daar is geen vyande nie. Die mense in die wêreld dink so. Daar is mense veroordeel. Daar is mense uitgegooi en nie gehoor nie. En daar is kondisies en situasies wat hard na gekyk word ook.
Jy - almal, Prashant - sal goed doen om liefde in hul harte te vind vir die lewe selfs soos dit blyk te wees.
Het vertroue in My. Vertrou in jouself. Het vertroue in die lewe. Dit sal al die verskil maak in die wêreld.
Groei blomme.