Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5596 'n Heerlike Oomblik

God het gesê:

Ek het iemand vanoggend hoor sê dat hierdie is 'n Heerlike Oomblik. Ek stem saam. Dit is altyd by elke oomblik, is dit nie, dat daar 'n heerlike nuwe opening in die wêreld is? Altyd tyd vir meer en meer en meer, en oneindig meer. Daar is geen perke omdat daar Oneindigheid is en geen perke nie.

Elke dag is daar 'n Oneindigheid van Nuwe Blomme wat oopmaak in die wêreld, nuwe Sterre wat bars in Vlamme van Vreugde. Elke dag, jy, wie ookal jy is -- Ster of Son, Maan in die Naglig of Maan wat Reflekteer op die Meer, Nuut Gebore of nog nie gebore nie, of Een van Baie Mane, dit maak nie saak nie, jy blom onder My Omhelsing. Daar is nooit 'n tyd wat jy nie omhels word nie.

Julle, My kinders, blom. Jy blom, en Ek styg met energie. Dit is wat liefde doen. Dit laat energie styg. Wie se liefde energie is dit in elk geval, joune of Myne? Dit is onvermydelik die Energie van Liefde, en dit is Ons s'n, en Ons gooi dit na die wêreld in vrye-vorm. Hier kom dit! Liefde geslinger na die wêreld. Beter as baseball is die slinger van liefde. Dit is 'n wedersydse gooi. Wie gooi dit? Wie vang dit? Die energie is oralste. Die energie gaan alles te bowe. Sekerlik is dit bo kleinlike argumente. Daar is niks soos die Energie van Liefde om die wêreld in te haal nie.

Nou, sal ek sê, en Ek sal meer sê as 'n metafoor, dat die Energie van Liefde is soos 'n Duisend Sterre. Eintlik, al die Energie van Liefde in die Wêreld oortref al die Sterre se Diamante. 'n Duisend perde wat gallop het nie genoeg Energie om die Liefde van Een Menslike Hart te ewe nie.

Geliefdes, julle is opgevang in die Lig van die Sterre. Julle gaan bo die Sterre op dieselfde tyd as wat julle opgevang is in hulle. Julle is lewendig in die Lig van die Sterre en die Son Lig, omdat jy die Verligte Horison van alle rigtings is. Julle is die Werkgroep van Liefde. Julle is verseker nie afwesig van liefde nie. Liefde loop op die Sterre. Liefde deurkruis die Heelal maklik en weer terug, en neem jou saam met dit. Daar is geen ander plek vir jou om te wees nie.

Wie se liefde is dit? Dit is Ons s'n. Ons Liefde reis die luggolwe. Dit maak nie saak van watter rigting dit van kom nie. Dit is Liefde, en die Lig van Liefde styg elke dag. Dit herenig harte wat nog altyd verenig was. As jy die Lig in jou oè kon sien, as jy kon sien... as jy maar net kon sien, sou jy sien dat jy niks behalwe Liefde is nie. Jy en Liefde is Een. Daar is geen inhou van die Liefde in jou hart nie, en dit sluit My in en al die liefde wat Ek jou gee het. Jy bevat My wel, en jy gee My weg alles op een slag.

Liefde is soos 'n nies in dat jy moet dit uitlaat om sy eie pad te vind. Jy kan nie die opsigter van liefde wees nie. Liefde benodig nie om bestuur te word nie. Liefde begeer om uit gelaat te word en niks te volg anders as die Vormloosheid van Al die Liefde in die Wêreld Vanself.

As jy verder as die oppervlak van heuwels en berge kon sien, sou jy Liefde oorvloedig sien. Waar ookal jy kyk, sou jy Liefde Oènskynlik sien. Waar ookal jy kyk, sou jy Liefde sien wat die Troon Betree. Waar ookal jy kyk, is daar niks behalwe Liefde wat Vlieg en Zoom in elke rigting. Liefde op die Horison, Liefde in die Werke, Liefde wat 'n Dans Dans op Lug. Jy spring op 'n Verligte Trap of Sterreweg, jou vingers is verlig, en jou tone is ook verlig. Daar is niks om te sien behalwe Lig nie. Beslis, jy is die Liefdes Lig van My Hart. Daar is niks anders nie. Het jy regtig gedink daar is iets anders?