Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5595 Getuig Van Die Heerlikheid Van God

God het gesê:

Vanoggend het Ek jou gesien jou hare vleg en hoor sing:

My liewe Vader God, U wat my opgewek het en my op die Aarde geplaas het, Wie my gevoed het, Wie my steeds voed en lief het, Wie my die heiligheid van U Hart gemaak het, Wie my als gee wat ek is, my lewe gegee het, my lewe gegee het rou en in prag, Wie my bome gegee het om my te versterk en my rug reguit te maak, en die grond om op te loop, Wie my berge gegee het om te klim en af te tuimel, Wie my Sy hart gegee het sodat ek vol liefde kan wees, Wie my gehad het as sy getuienis dat die lewe in alle geure en die konsep van Die Hemel is myne vir altyd, Wie my lewe oneindig gegee het, my alle moontlikhede gegee het, my die Vrug van die Wynstok en seisoene gegee het, Wie my glorie en liedere gegee het om te sing. Wat het U, God, nie vir my gegee nie?

"God, ek was nie altyd so dankbaar soos ek nou is nie. Kan dit wees dat ek dankbaarheid geleer het? Het ek alles geleer insluitende hartseer en wrede vorms van lyding? Ek moes aan myself gedink het as koring vir die meul, gevang in 'n net, vermom op Aarde, tog van die Hoèr Realms, en tog deur myself versoek. Het ek gekom om U te sien, liewe God, en mySelf?

"Kan U en ek regtig Een en dieselfde wees? Waar was ek al die jare? En waar het ek gegaan na dit? U het vir my gesê dat ek nooit nêrens was behalwe by U nie, selfs wanneer ek gedink het ek sit op 'n hooimied.

"Tot wat het ek bygedra, en wat het U my gegee? Tot wat was ek gegee? U het my blatante geskenke gegee, ek was bederf deurdat ek hierdie blykbare geforseerde verkenning op Aarde weerstaan het. Ek het 'n wrok teen U gehad, God, alhoewel nou kan ek nie onthou wat dit presies oor was nie.

"Nou sien ek U Heerlikheid, en dit is nou al wat ek voor vra. Ek was gewoond om te vra vir sukses in die wêreld. Naas U, is sukses in die wêreld soos 'n kleinigheid wanneer U en U alleen die punt van alles is. U het my omhels, en ek het U omhels. U maak my omhelsbaar. My waarde kom vanaf U, en dit brei uit na U, ook.

"U het U Groot Liefde na My uitgebrei. Ek buig neer op Aarde. Wat is daar vir my om te doen behalwe om neer te buig tot U wat dieselfde is as om verhoog te wees na U en aanhou styg hoèr en hoèr?

"U het my op die Aarde gestrooi in die vorm van baie. Ek het opgestaan. Ek het nie verstaan Wie ek was en wat ek hier gedoen het nie en wat ek voor was nie, indien enige iets. Ek begin om dit nou te sien. Ek getuig U, en U syfer deur my. U gooi U Lig deur my. U lig is myne. U sê ek verdien U. Dat ek U verdien en U dien is dieselfde. Ons dans, God, U en ek. Ons dans as Een. Ons is die Dans wat saam dans in Die Hemel en Aarde. Ons is die Dans.

"U het my geslinger na die Aarde, en U het my gevang. U het Uself aan my gelewer. U het my aan U gelewer. Ons het opgestaan as Een Pragtige Wese, tog jaag ek U steeds. Ek wil ten volle Joune wees, tog somtyds storm ek rond. Somtyds trek ek terug. Dit is asof ek my eie warboel vorm. Dan word ek wakker, omdat U my aanpor om wakker te word op Die Aarde en die genade te aanvaar wat U op my versprei het.

"Ek het altyd gedink ek was in 'n woestyn. Nou weet ek U het my 'n Oasis genaamd Paradys gegee. U het my geken nog die heeltyd selfs al het ek net oor U geloer, so gevang in slegs belangstelling in myself.

"U laat my glo dat ek 'n geskenk aan U is, 'n geskenk van Uself aan U Self. Ons omhelsing hou nooit op nie. Nie 'n enkele een van ons kan U Liefdevolle Hart ontsnap nie, omdat U in ons harte hoort en ons harte in Joune, Een hart in die Een Hart van Joune.

"Is U 'n Geskenk wat ons aan onself gee? Met sekerheid, U is 'n Geskenk. Dit is 'n plesier om U te ontmoet."