Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5594 'n Verenigde Toestand Van Bewussyn

God het gesê:

Wat wil jy die graagste hê moet Ek vir jou sê? Wat juk jou hart om te hoor?

As jy maar net na My wil luister nou, regtig My hoor, sal jou hart vol vreugde wees. God praat met jou, en God is lief vir jou met al die Liefde in Die Hemel en op Aarde.

Op Aarde, oordeel jy liefde. Jy het 'n klein optel masjientjie wat vas haak en lyk of dit nie hoog genoeg kan gaan nie. Vanaf Die Hemel, reèn liefde op jou neer 24 uur elke dag. Verseker, daar is geen horlosie in Die Hemel nie. Daar is geen tydsberekeninge nie. Daar is nie meer of minder nie. Daar is Is-wees. Daar is Wees, en om te Wees is Alles.

Daar is geen breuke (soos in somme) in Die Hemel nie. Alles is in die Volheid van Wees in Die Hemel. Jy kry 'n volle rit na Die Hemel selfs al is jy reeds in Die Hemel. Jy is regtig in Die Hemel. Jy soek steeds om ingestel te wees tot Die Hemel, wanneer, die heeltyd, is Die Hemel jou einste Wese. Jy kan ontspan in Die Hemel. In Die Hemel, is daar geen spanning nie. Hoe kan daar wees?

Daar is geen spanning in Die Hemel nie, omdat daar geen teenoorgesteldes is nie. Liefde is Alles, en Alles is Liefde. Daar is nie twee verskillende dinge nie, omdat Alles Een is, en Een is Alles. Terselfde tyd as wat Die Hemel 'n Heiligdom van Liefde is, is Die Hemel nie 'n Wegkruipplek nie. Daar is geen voèls gehok in Die Hemel nie. Jy kan in vlieg. Of jy kan in loop. Jy kan nou in loop sonder verlof. Daar is geen gesluite deure in Die Hemel nie. Daar is geen borde wat sê Geen Toegang nie. As daar borde was, sou hulle in pragtige skitter kleure sê:

Hierdie Pad na Die Hemel.

Kom reguit in.

Geen Handtekening Nodig Nie.

Betree Hier.

Vlieg In, Lig soos 'n Voèl.

Kom, Bly 'n Ruk.

Kom, Bly Virewig.

Permanente Verblyf Hier.

Hier Is Waar Jou Hart Bly.

Hierdie Is die Pad na Ewige Liefde.

Hierdie Pad na Vryheid van Hart.

Hierdie Pad na God.

Kom, Sit 'n Ruk en Rus Jou Voete.

Hierdie is Hemel 101.

Die Hemel Is die Eenvoudigste Plek van Alles Selfs Al Is Die Hemel Nie 'n Plek Nie.

Die Hemel Is 'n Bewustheid van Die Waarheid.

Jy Is in Die Hemel.

Om Die Waarheid te Sê, Jy Het Nooit Die Hemel Verlaat Nie.

Slegs as 'n Idee In Jou Kop Kan Jy Moontlik Die Hemel Verlaat.

Wie In Sy Regte Verstand Sal Ooit Die Hemel Verlaat?

Die Hemel Is Waar, en Enige Iets Minder as Die Hemel Is 'n Mite.

Enige Iets Minder As Die Hemel Is 'n Film toneel.

Die Hemel Is Nie 'n Gebeurtenis Nie. Die Hemel Is 'n Elke Dag Soort Van Ding.

Die Hemel Is Jou Natuurlike habitat, Dit Is, As Die Hemel 'n Plek Was.

Die Hemel Is 'n Verenigde Toestand Van Jou Bewussyn Waarheen Jy Genooi Is Selfs Al Is Daar Geen Ander Plek Om Te Wees Behalwe In Die Fiksie Wat Jy In Rond Rol.

Hierdie Pad Na Die Hemel.

Hierdie Pad Na Die Waarheid.

Betree Oneindigheid Hier, Stap Net In.

Die Hemel Is Groter As Wat Jy Weet.

Bly Hier Vir Ewig.

Hier Is Die Hemel.

Jy Hoort Reg Hier In Die Hemel Saam Met My.

Jy Is Hier, Onwetend Deur Jou.

Jy Is Nêrens Anders Nie.

Hier, In Die Hemel, Saam My, Is Waar Jy Is.

Jy Weet Dit en Daar Is Geen Tekens Nie.

Dierbares, voorheen, het julle bewustelik gespeel in Die Hemel, die idee gespeel van "Nou Sien Jy My, en Nou Sien Jy My Nie." Spelery kom nou aan 'n einde.

Bly by My.