Heavenletter #5593 Laat Jou Hart Styg En Jou Na Plekke Vat
God het gesê:
Wat sal jy uit jou hart uit vat as jy kon? Jy sal uit haal wat nie daar hoort in die eerste plek nie. Jy sal kleinlikheid verwyder. Jy sal ego verwyder. Jy sal angstigheid, trots, hartseer, verlies, kommer en enige fragmentasie wat jou mag vashou los.
Om die Waarheid te sê, jy sal baie los. Jy sal baie herhinneringe los as jy kon. Jy sal lief wees om klaar te wees met die seer verlede. Jy mag die lieflike verlede mis, tog is die verlede 'n bewegende rivier wat nie meer hier is nie.
Jy sal enige gevoel van nutteloosheid en frustrasie verwyder. Jy sal skuldgevoel verwyder en die hele konsep van spyt. Jy sal oor niks spyt wees nie. Die lys is lank van dit wat jy sal verwyder van jou hart wat ook Myne is. Jy is wel bewus van wat in jou hart hoort en wat nie. Jy sal jou hart optel. Jy sal dit troos. Jy sal jou hart vertel dat als reg is. As jy van vashou kan laat vaar, ja, dan, is als reg.
Wat kan jy verbonde wees aan? Slegs iets van die verlede. Slegs van ou idees moet jy laat vaar in plaas van vashou aan hulle asof hulle regtig goud werd was vir jou. Baie van jou idees het jy gegradueer van as jy net hulle wou los. Somtyds hou jy by die oud omdat dit oud is, en so weerhou jy van die nuwe net omdat dit nuut is en, in jou gedagtes, is waaghalsig. Eintlik, is dit die verlede wat waagdheid vat om in jou lewe gelê te word nou. Jy vrees die nuwe omdat dit ongetoets is. En tog mag jy aan die verlede vashou maak nie saak hoe baie dit kort gekom het nie.
Daar is soveel meer wat jy jou hart mee wil opvul sowel. Jy sal onskuldigheid en vriendelikheid byvoeg. Jy sal vreugde byvoeg as jy net weet hoe. Jy sal deernis byvoeg as jy kon as dit net nie swaar op jou sal weeg nie. Jy sou regtig. Jy sal vrede en kalmheid byvoeg. Jy sal hoop en ander helder lig tot jou hart byvoeg. Jy sou jou hart 'n brandende son maak as jy net geweet het hoe.
Ek sê vir jou dat jy weet hoe. Jy voeg dimensies by jou hart eenvoudig deur net te laat gaan van alles wat jy daar gehou het. Moenie jou hart alles vertel wat jy hom vertel nie. Jou hart is 'n groot seiner vir jou. Luister na sy tekens. Gee jou hart 'n duime-op. Jou hart is nie bedoel om te struikel nie. Jou hart is bedoel om te styg. Laat jou hart styg en jou plekke vat.
Restoreer jou hart tot sy regmatige plek. Daar was te veel baklei met jou hart, en vertel hoe hy moet optree. Daar is geen moet tot die menslike hart nie. Daar is geen moes wat geforseer kan word nie. Jou hart, bo alles, is oor wat is, nie wat was nie, en nie oor alles wat jy mag gelees het of vertel was nie.
Jou hart is 'n hart is 'n hart is 'n hart.
Jou hart is nie wild nie, tog het jy jou hart terug gehou. Jou hart moet vry wees om te gaan waar dit homself lei. Jou hart het hoè aspirasies wat dit wil volg. Jou hart is nie 'n luilak nie. Jy moet nie jou hart van sy drome omseil nie.
Laat jou hart uitvind waar dit wil gaan sonder dat jy 'n hamer daardeur dreun.
Laat jou hart jou hart wees en die rigting vind wat jou dien en die Heelal. Jou hart is nie dwars nie. Jou hart ken jou beter as wat jy doen. Borg jou hart.