Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5600 Loop In Die Sonnige Ooptes Van Die Bos

God het gesê:

Om jou lewe te laat beweeg in 'n rigting wat jy wil hê, voel eers beter.

As jy voel of jy in 'n gat is, depressief, ontmoedig help jou nie om jou lewe vorentoe te laat beweeg nie. As jy voel of jy in 'n gat is hou jou waar jy is.

Jou voete is vasgevang in dryfsand, en jy kan nie beweeg nie, en so maak jy jouself reg vir 'n stryd. Die dryfsand wat jy in vas is is die moeras van jou gedagtes. Jy mag oor en oor vir jouself sê: "Wat 'n verskriklike situasie wat ek in is."

As jy maar net kon 'n knoppie druk wat jou sal laat beter voel, dan sal beter nuus ontstaan.

So, hier weer, moet jy na 'n droewige situasie kyk, en anderste kyk na dit. Kom ons sê jy het jou werk verloor. Jy is paniekerig oor die verlies van inkomste, en jy laat jou sin van waarde jou plat maak. Jy is 'n onvriendelike onregverdige hou gegee. Jy sien 'n vyand wat nie reg aan jou doen nie. Moenie jouself 'n slagoffer maak nie. Moet dit nie glo nie.

Kyk na hierdie ernstige situasie anderste. Jy moet anderste na dit kyk.

Byvoorbeeld, jy was ontslaan van die maatskappy waar jy gewerk het, gesloef het, geen nut vir die maatskappy wat jy jou hele hart voor gegee het in oorvloed en lojaal. Uitgeskop. Maak nie saak hoe onregverdig en hoe ongegrond nie, nou is dit totsiens. Jy is op jou eie nou.

Nou moet jy uit die presiese klein prentjie kom en 'n groter arena betree verby die grense wat jy jou hart en verstand in toegedraai het. Staan op.

Die Lewe vertel jou dat jy moet vorentoe beweeg in nuwe terrein in waar 'n ander geleentheid wag vir jou. Die Lewe bedoel nie dat jy moet ontslaan word nie, byvoorbeeld, is 'n wrede slag om te gebeur. Dit is meer dat jy moet strek na groter evolusie (evolusie/groei van die denke) nou.

Moenie dink Ek glo alles is lekker as Ek jou vertel dat die verlies van jou werk, of die dood van 'n geliefde of die aankoms van egskeiding of siekte gee jou 'n geleentheid. Ja, jy word aangewys om te verander tog vrees jy verandering.

Jy vrees die idee dat die lewe jou ontwrig. Jy moes nog net 10 jaar van diens insit tot jou pensioen. Of, jy was so verlief op jou geliefde wat weg geneem is van jou. Of, jy was in uitstekende gesondheid en nou... Jy mag aandring dat niks van dit wat jy sien as teenspoed moes gebeur het nie.

Jy het begeer dat die lewe bly soos dit was. Dit is al wat jy vra. Tog, liewe julle, dit was te veel om te vra.

Neem 'n nuwe benadering. In plaas daarvan om vas te wees in die vorm wat die lewe was, nou gaan jy iewers. Jy is op 'n avontuur. Jy soek vir iets. Jy gaan dit vind. In plaas daarvan om gevries te wees in tyd, beweeg jy vorentoe. Wat is volgende vir jou? Dit is onbekend. Jy mag voel dat jou veiligheidsnet is aan flarde.

Kyk na dit op hierdie manier: Jy gaan in die bos in, en jy sal ontdek wat vir jou wag. Jy gaan iets wonderliks doen. Die tyd gaan kom dat jy bly is dat jy in die bos in gestamp was waar 'n skat vir jou wag. As jy nie in die bos ingegaan het nie, hoe sou jy die skat gevind het en nader aan jouself gekom het?