Heavenletter #5587 Die Verlede, Die Verlede
God het gesê:
Alles wat jy in teenstelling is met is verbind aan 'n foutiewe persepsie wat jy maak. Die fout mag dalk nie alles joune wees nie. Dalk almal wat betrokke is in 'n ongewenste ontmoeting deel die skok van 'n gebrek aan begrip.
Dit is 'n fout wanneer vyandigheid deur jou are vloei.
Enige iets minder as liefde is veel te doen omtrent niks nie. Wat enige iets minder as liefde op afkom Is dwaasheid, fantasie, hartseer, 'n uitslag van irritasie. Dit is 'n vorm van honger. Daar is iets wat jy na honger.
Ons kan dit 'n vorm van ego honger noem. Krediet verskuldig is nie aan jou gegee nie. Dit is nie gegee want jy word nie gesien nie. Omtrent almal is pre-geprogrameer en het sy oog iewers anders. Die vorm is gestel.
Die persoon voor jou dink hy sien jou. Hy sien jou nie. Hy het iemand anders in gedagte. Dit gebeur net so dat jy hier is, en jy pas in die geval. Jy betaal vir iemand anders se skulde.
Dit was ook jou prerogatief om iemand anders voor jou te sien wat jou herhinner aan iemand, bewustelik of onbewustelik -- die bose stiefma dalk. Jy programeer jou lewe met hierdie heruitsendings, en so herhaal jy jouself.
Daar is iets in jou lewe wat jy mee moet vrede maak. Jy baklei dieselfde geveg vir te lank. Jy het 'n groep karakters ingeroep wat jou groot eer verskuldig is en hulle het dit nie vir jou gegee nie. Jou psige sê hulle moet dit vir jou gee, nou en vir altyd. Hulle skuld jou, en nou gee jy hulle die rekening. Verseker, jy het meriete om gelief te wees. Jy hou aan om daarvoor te soek terwyl jy aanhou om die persoon voor jou en die lewe weg te stoot.
Jy lees van dieselfde ou storie. Jy val in 'n lokval wat jy vir jouself stel. Jy stel dit vir jouself, en jy stel dit vir daardie wat jy dink is teen jou. Die vermeende vyand mag 'n verskillende naam het elke keer. Elkeen van julle speel 'n rol van 'n ou wanvoorstelling. Jy hou aan om dit persoonlik te vat wat nooit joune was om persoonlik te vat nie.
Jy mag voel dat die verlede weier om jou te los. Nietemin, jy hou aan om die huidige in 'n staat van emosionele vuisbokse te bring wat nie eintlik hier hoort nie.
Geen triomf styg nie. So lank as wat jy dieselfde skadu's sien, hoor jy dieselfde roep tot oorlog. Jy frustreer jouself. Ja, jy speel dieselfde fliek oor en oor. Jy is eintlik onstuitbaar, of so lyk dit. Jy speel dieselfde gevarieerde weergawes van dieselfde situasie oor en oor. Jy laat dieselfde onoplosbaarheid aangaan.
Jy sien nie wat aangaan nie en hoe jy by dit voeg. As jy jouself sien as gefnuik of mishandel oor en oor, is jy die een wat dit opbring omdat jy steeds reg is vir dit. Jy het jouself in die presiese selfde ontnemende staat gehou, en jy dring aan dat iemand anders dit reg maak.
Daar is 'n lig wat moet aangaan binne jou. Jy mag dalk dink dat jy genoeg gehad het. As jy nog nie van die verlede laat vaar het nie, lyk dit of jy nog nie genoeg gehad het nie.
Daar is 'n sekere ou oorlogvoering wat jy moet ophou mee. Jy moet ophou om 'n wenner of verloorder te wees. Daardie is ou klere wat jy eens gedra het. Dit pas jou nie meer nie. Jou aanpassing van ou dinge wag al lank om jou te verlaat. Jy moet dit laat vaar. Dit het jou nooit gedien behalwe om ou hartsere te herhaal. Daar is iets binne jou wat jy van moet laat vaar. Moenie langer aan die ou dinge vas hou nie. Terwille van die wêreld, laat vaar dit. Stap verby dit. Jy is so naby. Jy is amper hier. Net nog een stap voor jou, en dan, moenie terug draai nie.