Heavenletter #5588 Die Hart Hou 'n Ander Tempo
God het gesê:
Wanneer iets op jou gedagtes is, dan weeg dit ook op jou hart. Dit eis sy tol op jou hart. Die hart begeer vrede. Die verstand vat 'n spin in 'n blitskar teen hoè spoed terwyl die hart daarvan hou om lig in te gaan en nie gehaas of gepla te word nie.
Natuurlik, het Ek jou met 'n hart en 'n verstand voorsien. Hart en verstand is soos broers. Hulle hou daarvan om saam te gaan, tog partykeer word een broer meer begunstig as die ander. Dit is 'n goeie idee om hulle nie te hard te werk nie. Maklik doen dit. Ja, laat daar gee en vat wees. Laat jou hart en verstand soos rek materiaal wees wat buig en rek. Wat ookal jou spanning veroorsaak en op jou verstand is en swaar op jou hart is moet eindig. Jy hoef nie so styf opgewen te wees nie.
As tyd nie so 'n teenwoordigheid in daaglikse lewe op Aarde was nie, sou jy meer op jou gemak wees. Die konsep van tyd is geneig om te beperk. Tyd is nie soepel nie. Dan is dit vir jou om soepel te wees en vorentoe te beweeg.
Wat sal so verskriklik wees as jy jou vergis het en jy kon jou oordeel spiere buig en meer ontspanne wees? Wat maak jouself forseer om te dink dat jy die gekose arbitreerder is of wat jy dink is reg, selfs al is dit tot jou eie nadeel om so te dink?
As jy altyd moet reg wees in dit wat jy verklaar, en jy kan nie verkeerd wees nie, dan is die spel te hoog. Jy sny jouself ter wille daarvan om onroerend te wees. Dit is 'n feit van die lewe dat jy moet groei en skyn. Dit beteken dat jou opinies moet groei en verander. Groei beteken verandering. Besef dit. Jy kan nie groei en dieselfde bly nie.
Wat maak jou aan jouself ontken dat jy in jou hart en verstand moet groei? Wat sal jou laat aandring dat jy nie moet verander nie, en, dat, verder, jy is deugsaam om jouself elke dag op te stel om verandering te weerstaan? Wat kan hierdie onsekerheid wees behalwe in die naam van ego?
Gee in 'n bietjie. Tensy jy ingee, hou jy vas, en jy hou terug. Jy hou vas aan die verlede se onrus en jy hou die verlede voor jou as regverdig, jy waai die verlede voor jou soos 'n swaard.
Nou is dit tyd om jou swaard te vat en jou voorskoot toutjies tot die verlede te sny. As jy dankbaar is, sal jy nie 'n boeman van die lewe maak of enige een in dit nie. Jy mag huidiglik die wêreld sien jou vervolg in die vorm van hierdie een of daardie een. Dit mag jy wees wat negatiwiteit sien as 'n goeie ding, net omdat iemand anders nie perfek is in jou oè nie.
Dit is moontlik dat jy daarvan hou om jouself te sien as 'n slagoffer, en jy hou daarvan om ander te sien as 'n skurk ten einde jou verontwaardiging te regverdig? Geliefde, dit is jy wat verregaande is in jou ondersteuning van jou eie geregtigheid.
Vertel jy My dat negatiwiteit is 'n seèning in die begeleiding van jou lewens besluite? As jy dink dis die moeite werd vir jou om te kla oor jou verontregting, weet dan dat jy jouself hou in serwituut oor verontregting.
Meesal, plaas tersyde alle provokasie vir jou eie negatiwiteit.
Die wêreld behandel jou nie reg nie?
In plaas van opstaan teen jou prentjie van die wêreld, sit jouself reg. Jou versteuring oor die wêreld en daai verskriklike mense in die wêreld wat jy weer en weer ontmoet sit jou terug. Niemand kan sy voete inskop en vorder nie. Jy is bedoel om vorentoe te gaan. Wees welwillend teenoor ander en aan jouself. Die een voor jou is jouself of 'n weergawe van jouself wat op onvaste bene staan.