Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5585 Wat Sal Jy Hou Van Om Te Hoor Wat Gesê Word Van Jou?

God het gesê:

As die wêreld een ding gehad het om te sê van jou, wat sal jy wil hê moet dit wees? Wat sal jy die meeste wil hoor wat die wêreld sê? Wat sal jy graag van jouself wil sê?

Onthou, jou antwoord hoef nie heilig te wees nie. Dit word nie van jou vereis om 'n heilige antwoord te gee nie soos: "Hy of sy was 'n heilige."

Wat jy van sal hou gesê word van jou is iets wat jy vir jouself begeer. Dis moontlik dat jy met dit gelukkig sal wees. Sal jy graag wil weet dat jy beteken meer vir Myself as wat jy weet?

Soos jy jou lewe leef, wat sal jy meeste van als oor jou gesê wil he? Wat regtig? Wil jy gesê hê dat jy die rykste persoon in die wêreld was? Of die slimste? Of die mooiste van almal? Dat jy smart klere gedra het? Dat jy groot winskope gevind het? Dat jy met min geleef het? Miskien sou jy. En dis ok.

Kyk, dis regtig vir jou om te kies en moenie pretensieus wees nie. Dit is goed as jy van dit sal hou: "Sy het pragtige bruin oè." Dit mag dalk regtig iets vir jou beteken. Wat Ons voor soek is iets betekenisvol vir jou.

"Ek het harte gelukkig gemaak."

"Mense het van my gehou."

"Ek het harte verlig."

"Ek het reg in mense se oè gekyk."

"Ek het mense laat lag."

"Wanneer ek 'n kamer betree het, het oè verlig as hulle my sien."

"Niemand was meer gelief as ek nie."

"Ek het die lewens van ander verander."

"Ek was die Hemele aangebied."

Dit lyk vir My dat 'n klein ding beteken meer vir jou hart as al die juwele in die wêreld, of die beste lyf, of die mooiste vel, en, tog, sekere van die klein menslike gawes kan lekker en verwelkomend wees vir jou.

Wat beteken baie vir jou? Wat maak saak vir jou?

"Ek hou van my."

"Ek is iets werd."

"Ek sal gemis wees."

"Ek beteken die wêreld vir iemand."

"Ek het oè oop gemaak."

"Ek het harte oop gemaak."

"Ek was altyd reguit met almal."

"Ek het iets in ander gesien wat baie ander nie het nie."

"Mense het van my gehou."

"Ek het kanse gevat."

"Ek was lief vir die wêreld."

"Daar is niemand in die wêreld soos ek nie."

"Ek het altyd ja gesê."

"Ek het altyd hallo gesê."

"Ek het mense geleer dans."

"Ek het ander gehelp met nuwe oè sien."

"Ek net nie die lewe te ernstig opgeneem nie."

"Ek het nie myself te ernstig opgeneem nie."

"Waar ookal ek gegaan het, het ek reènboè gesien."

"Ek het vriende na die maan gevat."

"Ek het baie verstaan."

"Ek was hier langs jou, God."

Nou, beeindig jy hierdie Heavenletter vir My. Wat sal jy baie graag oor jou gesê wil hê? Wat sal jy baie graag van jou gesê wil hê vandag? Of more? Wat sal baie vir jou hart beteken? Sê dit, en maak dit waar.