Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5584 Binne Jou Lê Die Gees Van God

God het gesê:

Jy verwag die meeste van jouself, en, meeste van die tyd, vind jy te kort met jouself, asof jy te min het en nooit bo sal uitkom nie. Somtyds, lyk dit dat maak nie saak wat jy doen nie of hoeveel jy gee nie, sien jy jouself as te min het. Wat 'n ingeburgerde vergeefse gewoonte dit is, spesiaal wanneer, in aktualiteit, alles wat jy soek is alreeds reg hier binne jou.

Wat as jy jouself sou sien as vorentoe beweeg? Wat as jy jouself sal krediet gee vir alles wat jy reeds gedoen het? Wat as jy al klaar georden is?

Verseker, dit mag lyk dat in sekere gevalle vergewe jy jouself te veel, jy maak ledige verskonings, byvoorbeeld. Aan die ander kant, is jy 'n reus van 'n taakmeester wanneer jy eintlik jouself taakmeester. Dit lyk of jy 'n onversadigbare eetlus het om ontevrede met jouself te wees of selfs onmoontlik is om tevrede te stel wanneer dit kom by jou.

Beslis, jy is ver weg om net te raak dit wat jy die meeste begeer. Dit is steeds voor jou. Jou kan nog nie eens wys daarna nie. Jy hou aan om jou plek te verloor soos jy jou plek in 'n boek verloor. Jy weet nie waar jy begin het nie. Jy mag selfs vergeet waarheen jy gaan.

Laat Ek jou iets vertel. Jy hoef nie nirvana of enige van die woorde wat jy gebruik om jou Staat van Wese te bereik wat jy so vurig begeer nie. Dit is nou genoeg dat jy verlang na groter en jou hand uitreik na dit. Somtyds reik jy vir dit waar dit nie is nie. Verseker, wat jy na soek is nie iewers buite jou nie. Jy mag wel weg gelok word, tog is jy nooit ver nie.

Alles wat jy na soek is binne jou. Enige iets anders wat jy dink jy moet besit, asof essentiaal, is net 'n vermeerdering soos 'n Gucci beursie of 'n hangertjie of selfs 'n kroon op jou kop of 'n titel langs jou naam.

As jy op die Aarde gebore is, wat jy mees sekerlik is, is jy goed-gekwalifiseerd. Niemand is meer gekwalifiseerd as jy nie. Jy is ewe gekwalifiseerd mat almal. Daar is geen manier wat jy gebore was sonder die Gees van God nie. Maak nie saak wat jou fisiese of geestelike form kort nie, jou kapasiteit om uit te breek en te reik na My en My te vind as jou Self is gevestig. Daar is geen wegkom van jou vermoè om My te vind binne jou nie.

Jy hoef nie die woord nirvana te ken of verstaan nie. Dit is alreeds joune. Jy mag dit dalk nie sien nie, tog is dit joune. Jy mag dalk deur 'n gordyn moet loer, tog wat is 'n gordyn as 'n stuk lap? 'n Stukkie lap is nie yster nie. En selfs al is My Gees binne jou eenkant gesit agter 'n yster deur van gelowe, My Gees binne jou is steeds lewendig en toeganklik. In Waarheid, dit is steeds die meeste in jou. My Gees in jou is onafwendbaar.

Daar is geen beperkings wat kan voorkom dat jy My nie kan bereik nie. Gelowe kan onklaar gemaak word. Hulle word elke dag onklaar gemaak. Jy kan 'n groot skurk wees wat My bedek het met 'n swaar kombers, steeds, is Ek binne jou, en Ek verklaar Myself as jou Self. Ja, beslis, jy kan jouself flous, maar, moenie jouself mislei nie. Al die uitgeslape truuks in die wêreld is nie die finale sê van jou nie.

Maak nie saak hoe erg jy My wil vee onder die mat in nie, jy kan nie. Geen besem of fancy stofeerder kan die vermindering of verdwyning van My van uit jou hart bereik nie.

Ek is geduldig, en Ek kan wag. Perde kan My nie weg hou van jou nie. Hordes van rowdies wat raas of stil skurke kan nie die Gawe van Myself een sentimeter weg vat van jou nie. Jy is vatbaar vir My, die ware skoonheid van My, Ek is onweerstaanbaar vir jou. Dit is ingebou. Jy sal oorgee. Jy mag net sowel die geveg opgee nou, omdat jy net jou Self veg en jouself veg vir geen goeie rede nie, en, geliefdes, jy kan nie die een wen nie. Die kaarte is gestapel.