Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5583 Ek Is Altyd Met Jou

God het gesê:

Jy weet, Ek net nooit enige iets op my gedagtes soos julle die uitdrukking "iets op my gedagtes" gebruik. Ek het verantwoordelikheid, tog hang niks oor My nie. Niks druk neer op My nie.

Eerstens, Ek weet dat als is wel. Als is wel is nie net opgemaakte woorde wat Ek gebruik om jou of My te gee nie. Dat als wel is is 'n letterlike feit. Als is wel nou ongeag van wat jy dink.

Wat ookal jy aan mag dink of sertifiseer as tragies, jy sien nog nie soos Ek sien nie. Jy moet nog deur die vermomming en bander van die wêreld sien.

Jy mag my gereeld hoor soos Ek sê dat als wel is, tog, is jy onder stres en spanning. Geliefdes, eintlik, sit jy jouself deur stres en spanning. Jy roep die stres en spanning. Jy sê dat wat jy sien is waar. Jy sê vir jouself, "Hoe kan Ek nie gespanne wees in die situasie waarin ek is nie."

En so stel jy die rigting van jou lewe volgens stres en spanning.

Selfs al verskyn jou lewe as heeltemal amazing en wonderlik, glo jy nie in jou goeie geluk nie. Jy sê dit is te goed om waar te wees. Jy glo nie dat jy Cinderella is en op 'n ferm fondasie staan nie, tog glo jy ernstig, selfs heftig, in slegte nuus. Beslis, jy noem een laag van die bestaan as realisties, asof jy nie op 'n diep fondasie staan waar die idee van moeilikheid 'n wanbenaming is.

Jy is geheg aan jou liggaam met jou hele hart. Jy glo en maak staat op die fisiese, joune en ander s'n, asof liggaamlike bestaan die evangelie is waarvolgens jy leef.

Net soos die letterlike oseaan op Aarde woelinge kan hê, die Oseaan Diep bly ook die Oseaan Stil. Daar is 'n stabiliteit dieper en sterker as enige monsoon wat ooit van gedroom was. Jy mag dalk nie vandag die Hemel waarvan Ek praat bereik nie. Steeds, jy kan glo dat Hemel bestaan en vir jou is, en eendag, dalk gou, dalk met eens, of dalk met 'n klein bietjie op 'n tyd, sal jy 'n Staat van Bewustelikheid bereik waar letterlik niks jou opeet nie.

Dit is nie dat jy meestervol word oor jou emosies en swak gedagtes nie. Nee, die dag kom wat jy net nie meer vrees het om te bemeester nie. Jy kom waar jy in die Oseaan Diep teruglê, en jy ken vrede ongeag van oppervlakkige gewoontes. Jy word 'n verbyganger solied op jou voete. Jy weet eenvoudig dat jy ferm staan op die steierwerk van die lewe. Jy maak nie meer plek vir opgeblaaste vrees nie. Jy weet jy is solied soos 'n rots in My Oseaan van Liefde. Vrees kan jou nie meer van jou voete af slaan nie, en so ook kan die winde van verandering nie jou hare deurmekaar maak nie.

Wanneer ookal jy emosioneel bewerk is en jy vrees die dood en die lewe ook in jou hart, het jy steeds 'n keuse. Jy hoef nie jouself op te sluit in die staat van vrees asof jy geen keuse het nie. Jy het die keuse van 'n rigting om in te gaan, geliefdes. Kom saam my, en jy sal die hang van dit kry. Jy sal letterlik vrees vergeet en nie meer in die kloue wees van hierdie opgeblaaste anonieme boogeyman genaamd vrees nie. As die boogeyman jou ware krag ken, sal hy in sy skoene ruk, en jy sal uitermatig lag.

As vrees aanhou om jou onder te kry en jy sidder, dan moenie kommer nie, omdat Ek by jou bly, en jy sal saam My kom waar vrees nie kan binne gaan nie. Intussen, is Ek by jou sy. Ek wag vir jou. Ek verlaat jou nie.