Heavenletter #5569 Glo In Jou Eie Waarde
God het gesê:
Jy verdien al die Goud in die Koninkryk. Net omdat jy gebore is op Aarde, doen jy. Jy verdien alle goed en genade, net soos jy is reg in hierdie oomblik. Die wêreld sien jou nie altyd soos jy werklik is nie, so ook dien die wêreld jou ook nie altyd goed nie. Jy ontvang nie noodwendig wat regmatig joune is nie.
Die ding is om nie so betrokke te raak in wat jy eens ontvang het nie asof dit sover is as wat jy kan gaan. Gee jouself meer meriete as wat aan jou oorhandig was. Kerf uit jou eie geluk en lok na jou wat altyd joune was -- jou plek in die son.
Moenie inkoop in die prys wat eens op jou geplaas was nie. Die waarde was nie hoog genoeg gesit nie, glad nie hoog genoeg nie. Jy nou, kan nederig wees en terselfde tyd jou waarde ken. Waarlik, nederigheid is om jou waarde te ken. Dan is jy so vol vertroue in jou waarde dat jy nie hoef jouself eerste te sit of 'n stap of twee op nie. Om jou waarde te ken is genoeg. Van nou af, moenie glo dat jy ander nodig het om jou te gee dit wat jy wil hê nie. Jy is solied genoeg om ander te gee wat hulle verdien.
Jy benodig nie bohaai oor jou nie. Jy kyk om punte te gee meer as om punte te ontvang. Jy vereis nie tekens nie. Jy hoef nie verwys te word of gesiene te wees nie. Niemand hoef meer jou waarde aan jou te bewys nie.
Ek ken jou waarde. Jy is die een wat jou waarde moet ken. Ken jou meriete, en jy sal die wêreld en almal in dit geniet. Wat 'n verligting om nie meer jouself hoef te bewys nie. Dit was altyd aan jouself wat jy jouself moes bewys het. Dit is hoekom jy aangedring het dat ander jou herken sodat jy kon glo in jou eie waarde. Glo dit. Glo in jou waarde nou.
Ongelooflik, soos jou eie waarde duidelik word vir jou, hoeveel meer vrygewig en liefdevol ander vir jou word. Wat kort is in jou lewe is jou eie gevoel van waarde. Waardevol is jy. Jy het dit. Ek het dit vir jou gegee. Ken jou eie waarde, en die lewe is die moeite werd. Ken jou eie waarde, en jy is lief vir die wêreld en bring meer gemak na die wêreld en jouself.
Dit is nie presies selfbeeld wat Ons van praat nou nie. Jy hoef nie jouself te ag nie. Jy hoef nie jouself te stroop nie. Jy hoort hier op Aarde. Jy is veronderstel om hier te wees. Jy is veronderstel om die spasie op te vat wat jy doen. Wat Ek van praat is, jou hoef dit nie te verdien nie. Jy was gebore tot dit, en dit is joune. Jy is nie bedoel om 'n bedelaar van liefde en respek te wees nie. Jy is hier op Aarde om te leer om jouself te lief en te respekteer.
Eens op 'n tyd, was jy magteloos. Jy is nie meer magteloos nie. Hoe kan 'n kind van My homself onteien? Maak jy foute? Dit maak nie saak nie. Is jy misverstaan? Dit maak nie saak nie. Verstaan jouself.
Sien wat Ek sien, omdat wat Ek sien is die Waarheid van jou. Dit kan lyk of jou lewe in 'n gemors is, tog kan 'n gemors nooit die Waarheid van jou wees nie. Gemors kan net die oppervlak wees, en oppervlak is nie wie jy is nie. Jy mag nie weet hoe om na jou DNA te kyk nie en hoef ook nie. My DNA is 'n wettige deel van jou.
Jy kom van edelheid.
In ieder geval, brei jou visie van die wêreld uit en van jouself. Jy is hier om uit te brei. Begin nou.