Heavenletter #5568 Luister, Geliefdes
God het gesê:
Ek sê dat jy is die Liefde van My Lewe. Jy, alhoewel, mag nie My verklarings ernstig vat nie. Jy mag afgooi wat Ek sê. Jy mag dit minderwaardig ag asof wat Ek sê nie noemenswaardig is nie. Elke woord wat Ek sê is waar, en Ek bedoel elke woord wat Ek sê. Dit is jy wat My nie hoor nie, en dit is jy wat My nie glo nie en wat nie in My glo nie. Ek glo in jou met My Hele Hart.
Jy kan nie sien hoe Ek jou moontlik kan lief hê wanneer Ek nie na jou idees en ideale kyk nie of hoe 'n Liefdevolle God moet optree nie. Ek kom nie heeltemal by jou standaarde nie. Volgens jou standaarde, sal 'n Ware God jou nie in die steek laat nie. 'n Ware God sal leiding heeltemal voorkom. Niemand sal lei nie. Daar sal geen verlies van geliefdes wees nie. Daar sal geen verlies wees van dit wat jy wil vashou nie.
Jy sal kies en keur volgens jou gunsteling op enige bepaalde dag. Wat sal jou plan wees vir ander, geliefdes? Sal jy dit als uitgewerk het. As daar geen liggame was wat doodgaan nie, wat sal jy met die surplus doen? Wat sal jy doen met die verdwaalde of die in pyn? Sal jy een Wet van die Natuur het vir diegene wat jy goedkeur en 'n ander Wet van die Natuur vir diegene wat jy onwaardig of nie noodsaaklik ag nie?
As jy die Skepping oor vat, glo jy dat jy almal se goedkeuring sal hê in hulle waardering van jou? Hoe lank dink jy sou dit wees voor hulle jou uit die dorp sou gooi!
Geliefdes, met al My liefde vir jou, al My aanbidding, alle vreugde in jou, alle vreugde selfs in jou onverenigbaarheid, in jou domheid, in jou bysiendheid, in jou weerstand, in jou hardkoppigheid, in jou fatalisme, in jou agtertoe en vorentoe gaan, in al jou omswerwinge, in al jou volg van ou patrone waaraan jy vashou, selfs al erken jy nie of sien jy selfs nie die ou patrone wat jou verhoed om jou instorting te sien terwyl jy ander blameer of selfs My vir jou lot wat jy die direkteur van is.
Hoe is dit moontlik vir My om jou te vergewe of Myself wanneer Ek na jou kyk met My volle liefde en Ek niks sien om jou voor te vergewe nie? In die eerste plek neem Ek nie aanstoot nie.
Die lewe is nie presies 'n les nie, tog is dit waar jy jou bekendheid met die Lewe maak en jy jou pad op die Aarde vind. Hier verkry jy wysheid. Hoe vinnig of hoe stadig hang af van jou openheid. Hoe meer jy oop is om meer wys te word, hoe vinniger sal jy. Jy sal wys word wanneer jy nie so styf vashou aan jou huidige siening van jouself as iemand wat als weet nie. Somtyds, geliefdes, vat jy regtig die koek!
Op hierdie huidige stadium van ontwikkeling, te veel van My geliefde kinders dring daarop aan dat hulle als weet. Dit mag dalk nie net al die ander wees nie, maar sluit jou ook in. Te veel van My kinders hang aan vir hul lewens aan die vreemde idee dat hulle altyd korrek is wanneer hulle reg wees die verste van die Waarheid mag wees! Dit is selfs moontlik dat jy, jouself, mag in aanmerking wees vir 'n trofee vir die hou van 'n rekord getal van wanpersepsies! Dosyne! Dalk duisende!
As jy als moet weet, onthou asseblief dat jy My Geliefde Weet-Dit-Als is. Ek hou jou naby in My arms ongeag van hoe jy vashou aan onkunde.
Ek is Onveranderd. Soos jy groei in bewustheid, sal jy in Waarheid wees en jy sal onveranderd bly in jou Waarheid vir ewig.
Tot dan, is dit wyser om oop te wees en in staat wees om te bely dat jy nie nog nie so baie weet as wat jy van sou hou nie.
Luister, geliefdes.