Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5567 En As Al Jou Wense Nie Waar Word Nie...

God het gesê:

Jy hoef nie al jou wense vervuld te het vir jou om gelukkig te wees nie. Lees weer wat Ek sopas gesê het. Luister na dit. Jy kan ook gelukkig wees sonder dat jou drome vervul moet word.

Meesal lyk dit dat jy, geliefdes, gelukkigheid vergelyk met die ontvang van dit wat jy wil hê. Te veel, vergelyk jy ongelukkigheid met nie-ontvangs wat jou hart begeer en wat jy op staat gemaak het. Jy word omgekrap of doodreg kwaad. Jy voel dat die lewe het geen reg om jou op hierdie manier te behandel nie. Jy mag die lewe opvat as 'n persoonlike beledeging.

Verseker, die bron van kortstondige gelukkigheid kom van jou uitgesproke begeertes wat waar word en somtyds vergesel met dalk selfs meer wonders as wat jy waag voor vra.

Geliefdes, as jy jou lewe leef afhanklik van dat die lewe volgens jou sal gaan, lewe jy jou lewe afhanklik van gelukkige belonings asook teleurstellings. En, so, jou hart gaan onvoorspelbaar hoog, en, dan, gaan jou hart onvoorspelbaar laag. Op hierdie manier lyk dit jou gelukkigheid word aan en af geskakel. Jy is die een wat dit aan en af skakel. Moenie die lewe blameer nie.

Dit is moontlik dat, jou hele lewe lank, het jy gedink jou geluk was afhanklik van buite gebeure. Die Lewe gaan jou baie verwelkome gebeure in jou lewe gee, tog is daar dieper hulpbronne binne jou en meer tot jou lewe as verwagtinge van jou dominasie.

Jy hoef nie geruk te wees deur teleurstelling nie.Jy kan aanpasbaar wees en, wel, goed geaard, oor jou lewe soos dit na jou toe kom. Wat ookal die lewe jou gee, jy hoef nie so hoog te gaan, en so moet jy ook nie so laag val nie.

Jou hele lewe hoef nie af te hang van jou wil wat gedoen moet word nie. Beslis, jy is lief vir jou drome om waar te word, tog jou lewe maak nie staat op die winde wat waai nie. Hoe ookal die lewe verskyn, dit is steeds lewe, en die lewe is goed.

Maak 'n ooreenkoms met die lewe wat sê dat jy wel vaardig is om jou weg deur alle soorte waters te stuur. Jou lewe, hoe dit ookal mag lyk, hoef nie deur sulke uiterstes te gaan soos jy dit sien nie.

Stadig deur die vlak waters. Hulpbronne binne jou het 'n geleentheid om na vore te styg. Jy hoef nie so geintimideerd te wees met gebeure in jou lewe in die eerste plek nie. Jy is in staat om die lewe met gemak aan te vat ongeag van wat jy maak van die lewe.

Ongeag van wat ookal gebeur, jy het steeds die elke dag plesiertjies. Geniet dat jy lewendig op Aarde is. Jy hoef nie so verskriklik oorgeneem te word deur gebeure buite jou nie. Jy het meer as twee keuses verby lief of ongelief, in of uit, sterk of swak.Jy kan 'n groot repertoire het.

Daar kom 'n tyd wat jy vir jouself kan sê: "Wag 'n bietjie. Ek onthou God. Ek kan 'n goeie sport wees en my eie kanoe dryf. So wat as ek rowwe waters bereik. Ek dra my eie gelukkigheid binne my. My boot kan ruk van kant tot kant, tog bly ek regop. Ek dink nie meer dat ek veronderstel is om die wêreld te herstel nie."

Gelukkigheid is nie meer tref of mis nie, omdat nou dra jy jou eie gelukkigheid binne jou. Knoppe maak jou nie meer skrik nie. Emosionele storms affekteer jou nie meer soos dit eens gedoen het nie.

Krag styg op in jouself vanself. In siekte of in gesondheid, jy waardeer jou lewe en geniet die wille blou horisonne. Jy is 'n heerlike gas tot lewe op Aarde. Kom wat wil, jy is in die middel van die lewe, en jy druk al die sap uit dit uit. Jy hoef nie die lewe te sien asof dit 'n opponent is wat geen reg het om inbraak op jou te maak nie. Nou is dit tyd vir jou om 'n koninklike te wees.

Hierdie verandering van persepsie kom nie van moeite nie, verstaan jy. Hierdie is nie 'n probeerslag om 'n goeie vertoning te gee nie.

Nou het jy 'n bewustheid van wat God bewerk het.

Jy begin om jou lewe en jouself in 'n nuwe lig te sien. Jy is 'n geseënde siel om hier op Aarde te wees. Die Lewe, in ieder geval, soos jy dit begeer of nie begeer nie -- die lewe is die moeite werd om geleef te word. En, so, in plaas van protesteer, geniet jouself in die lewe. Jy is nie 'n suurkat nie. Jy is in die geselskap van engele, en jou hart bars uit in lig, omdat jy lig is.