Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5566 Die Gesogte

God het gesê:

Somtyds is jy honger, tog weet jy nie presies waarvoor jy honger is nie. Jy mag dink aan sjokolade poeding. Jy is lief vir sjokolade poeding, Tog sjokolade poeding mag jou dalk nie satisfaksie gee vandag nie. Jy mag dink aan piesang room pastei, tog is dit ook nie dit nie. Jy mag al jou gunsteling nageregte voorstel, en nie een van hulle sal jou bepaalde verlange wat jy nie eintlik jou vinger op kan sit bevredig nie. 'n Smaak is op soek vandag, maar jy weet nie wat dit is nie.

Jy mag voel dat iets kort is in jou lewe as 'n geheel, en jy weet nie wat dit is nie. Jy begin om te voel dat daar is niks wat jou sal bevredig nie, of, as iets bestaan wat jou sal bevredig, jy weet nie die naam daarvan nie. Jy kan nie seker wees of hierdie diep en diep versteekte begeerte wel bestaan nie, en as dit bestaan, bestaan dit op hierdie vlak van bestaan, en, verder, bestaan dit vir jou?

Tog alles wat jy sien op hierdie Vlak van Aard Bestaan kom van iewers dieper. Alles heerlik hier het begin van 'n dieper hoër plek as die Aarde. Lewe vanself is nie regtig gemaak van grond nie. Dit is gemaak van 'n wese. Dit het begin van 'n saad wat kom van dieper as die grond. Neem kennis van die gemeenskaplikheid van die Engelse woorde -- grond (soil) en siel (soul). Ongeag, dit is van die subtieler onsigbare wat al die sigbare gesien word.

Daar is altyd meer wat jy nog nie gesien het nie. dalk is dit nog nie gebore nie, of, dalk, het jy dit nog nie as gebore gesien nie. Dit is meer as moontlik dat jou naamlose eetlus die ongesiende vir jou sal vind.

Eintlik, tog nie altyd nie, is daar 'n smag, 'n soort van soeke, voor jy vind waarna jy soek. Somtyds, beslis, mag jy dalk net val oor iets heerliks wat jou 'n welbehae gee. Selfs so, op 'n manier het jy die pad gemaak, of die pad was vir jou gemaak. Jy het nie gesien wat jy soek totdat jy op die regte plek was waar jy dit gesien het. Dit kon altyd daar gewees het onbekends aan jou.

Wat ookal jy soek, maak nie saak hoe duidelik of onduidelik, jou soeke kom van binne jou. As jy oor 'n 5 karaat diamand val, kan jy weet dat 'n gelyke karaat-gewig en lig is binne jou. Daar is 'n diamant myn binne jou van ewe briljanse. Jy is die Lig van Jou Eie Lewe.

In terme van jou bewustelike soeke om skatte buite jou in die wêreld te bekom -- soos uitstekende lang geleefde romanse, 'n fantastiese loopbaan, wêreld roem ens. -- jy mag hulle wel vind in die wêreld, maar die skatkis van geluk sal jy vind lê binne jou die heeltyd.

Op die ander kant, as jou onmiddelike drome en begeertes en selfs hongers nog nie vervul is nie, moet jy nie dink deur nie te kry nie is 'n soort van merk teen jou. Dit kan bedoel of nie bedoel enige nommer van dinge. Nieteenstaande, die verlange is van binne jou, en die antwoord lê ook binne jou.

Jy weet, dit is 'n hartseer ding om jou hart op iets te sit en dan verwoes te word wanneer jy jouself steeds met leë hande bevind.

Dat jy goud begeer en al die goud binne jou het bedoel nie dat jy moet die goud het en dit nou het en presies soos jy dit wil hê en afgelewer aan jou soos jy wens. Herken die verskil tussen benodig, , moet het, absoluut moet hê om te hê, en, aan die hoër kant, ontvang.

Moet nooit dink die wêreld skuld jou nie. Jou gelukkigheid is nie afhanklik van jou wense wat vervul moet word in die manier wat jy dit visioneer nie. Jy mag wel 'n prins wees, en tog het jou prinses nog nie gekom nie. Die seëning van jou gelukkigheid is nie iemand anders s'n om te vervul nie. Jy is verantwoordelik vir jou gelukkigheid met of sonder jou prinses. Al wat nodig is vir jou gelukkigheid lê binne jou asof die wêreld dit vinnig genoeg vir jou bring of koninklik genoeg of glad nie.

Die gesogte is nie die vermiste sleutel tot jou gelukkigheid nie.