Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5555 Groen Weivelde En Berg Olympus

God het gesê:

Kom saam My na die Groen Weivelde, en Ons sal op Ons rûe lê en opkyk na die blou lug. Dalk kou Ons aan 'n gras halm. Ons knik, en Ons sê: "Dit is lekker."

Ons sink na die Middel van die Aarde soos Ons terselfde tyd op die punt van Berg Olympus is. Jy mag vra: "Wat is die betekenis van Berg Olympus?"

In die Griekse mitologie, was Berg Olympus die ontmoetings plek van die Gode. Figuurlik, is dit waar Ons ontmoet. En, soos Ons die Inner Aarde en die Hoogste Hemelryk bekyk, sê Ons: "Dit is goed."

In Oneindigheid, is daar net Virewig wat geen tyd is nie. Daar is geen deadlines nie. Daar is geen ding wat gedoen moet word nie en dan die volgende ding in 'n lang lyn om by te kom in tyd en van die pers af moet rol. Daar is geen mal gehardloop waar Ek bly nie.

"Produseer," sê die wêreld maar is onbewus dat gewoel is nie nodig nie en dat Bedoeling en Visie is die voorgangers tot aktiwiteit.

Vergeet nou die veronderstelde verlede, vir wat is die punt om jou verlede na jou te roep asof die verlede betower was? Beslis, die verlede is 'n tipe betowering. Die verlede wens om Ons terug te lei sodat die verlede vereer en in geglo kan word.

My advies is: Wanneer die verlede sy storie vertel het, laat dit rus.

Watter nut is die verlede nou behalwe as 'n boekmerk of as 'n staaltjie. Die verlede is 'n soort van betowering wat jy van hou om te herroep en te oordink. Jy wil of die verlede hernu, of jy wil dit verwyder. Hey, laat vaar dit net. Maak die betowering ongedaan. Maak nie saak hoe belangrik vir jou nie, los die verlede agter jou. Loop weg van dit. Dit sal verdwyn in elk geval. Dit sal ook herhaal dat die verlede is 'n illusie wat jy yl is oor.

Dit is 'n feit dat die verlede wat jy koester en die verlede wat jy mee fout vind sal als verdwyn. Jy sal dit agter laat saam al die besittings wat jy dierbaar hou. Die verlede is dun lug. Jy, jouself, sal nooit verdwyn in dat jy sal onuitwisbaar bestaan, onuitwisbaar die Waarheid van Jou sal aanhou bestaan, hierdie Ewige Wese Kern van jou. Hierdie Toer van Aarde sal verby wees, en jy sal oppad na My wees direk.

Wese is altyd reg nou. Dis dit! Jy is Wese. Waar bestaan Wese as daar geen plek is nie? Daar is al die geglo-in ruimte in die wêreld, tog net Wese is. Jy is Wese. Jou Wese word tydelik gehuisves in 'n vorm. Ja, jy is net 'n vorm, 'n formulering. In die wêreld, is jy 'n formatiewe. In Waarheid, jy is Wese en niks behalwe Wese nie.

Jy is nie leeg nie, omdat Wese is alles. Wese kan nie geplaas word nie, en dit kan nie aangeraak word nie. Wese is verby die sintuie, elke liewe een van hulle. Jy is Wese, en Ek is Wese. Wese wees in die wêreld kan nie vasgehou word soos 'n grashalm nie. Al wat Ons regtig kan doen is om te wees, en om te wees is nie doen nie. Slegs mense hardloop rond in 'n mal gewoel. Die wêreld sê dat doen is alles, tog is doen die minste van als, net iets wat fiktiewe tyd vul. 'n Soort van drukking gaan rond in die lewe, druk, druk, druk.

Soos Ons terug lê hier in die veld van groenigheid afgewissel met madeliefies en paardenbloem, IS Ons, jy en Ek. Ons wees. In hierdie non-tyd is waar die lewe gebeur en vanwaar lewe kom. Hier is waar die Stilte die gebeure op Aarde skep. Vanuit die stilte. Al die ewige woes aktiwiteite is veel te doen oor niks nie.

Geliefdes, nou, staan op van die groen weivelde. Jy staan op, stof jouself af, en gaan terug na die randsteen en mens-gemaakte geluide en pogings waar, op die oppervlak, prestasie voor gevra word.

"Wat het jy vandag gedoen?" vra die wêreld. "Wat het jy gedoen die naweek?"

Wat jy doen is nie wat jou maak nie. Wat jy is, is die maak van jou.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"