Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5556 So Wat As Die Lewe Jou Laat Strek

God het gesê:

Die heeltyd beskerm jy jouself, en jy dink dit is die weg om te vat. Wat jy heel moontlik doen is om jouself te voorkom. Voorkom jouself van wat? Van die Lewe! Word Wakker!

Wanneer jy wegkruip van die lewe of jouself wegsteek van jouself, verdun jy jouself. Jy steek vas in 'n ou prentjie van jouself. Jy verminder jouself. Jy sny jou voete af om te pas in 'n smal bed wat jy vir jouself gemaak het. Jy soek vir gemak, en jy kies styfheid.

Jy is gemaak om aan te beweeg. Jy is nie gemaak om te bly op dieselfde trappie van die leer nie. Jy is bedoel om aan te hou beweeg en aan te hou groei. Wees bly jy kan opgaan om sodoende verder te kan sien. Dit is nie tot jou voordeel om dieselfde te bly nie. Die Lewe sal jou uit jou kort bed kry op een of ander manier. Die Lewe sal jou 'n uitdaging gee.

Wat ookal die lewe mag doen, dit sal nie dieselfde bly nie maak nie saak hoe hard jy jou voete stamp nie.

Hoekom stil staan wanneer jy kan soepel wees en saam rol? Hoekom styf wees as jy jou spiere kan wys? Hoekom jou verstand toe hou wanneer jy jou verstand kan oopmaak en nuwe moontlikhede kan ontdek? As jy net maklike keuses gegee was, sou jy nooit gewaag het nie.

Jy sal deur die lewe kom. Hoe jy geniet wat jy sien en hoe jy die wêreld laat verbreed vir ander is op tot jou. Sekerlik wil jy nie in 'n koma wees vir die res van jou lewe nie? Hoekom ophou groei wanneer jy kan blom en bolla-makiesies maak?

Goeie genugtig, het jy vir jouself 'n vier-voet lank kus gemaak jare terug? Hoe jou lewe op Aarde hierdie besoek gaan eindig, weet jy nie. Jy mag net sowel afgaan in die verre blou horison terwyl jy dans, en ontdek, en jouself verheug in die nuwe. Geliefdes, wil jy regtig jou kaarte ingooi lank voor die tyd?

Daar is geen voordeel om jouself toe te druk nie. Jy is in die lewe om jouself uit te druk en om hoër en hoër te gaan. So wat as die lewe jou laat strek? Strek jouself. Jy mag na die gymnasium gaan om jou spiere te strek. Gaan na die lewe en strek jouself om te verbreed en die wêreld wat jy in leef. Jy is ver meer as om net spasie op te vat in 'n wêreld wat glo in tyd en ruimte.

Verbreed jou hart. Verbreed jou verstand. Jy was nooit beperk nie. Jy beperk jouself. Dit is jou stem wat sê: "Nee." Dit is jou stem wat sê: "Dit is beter om te hurk waar ek is." Dit is jou stem wat sê: "Dit is beter om 'n vlieg op die muur te wees as om my horison te verbreed."

Jy mag dalk vir jouself gesê het dat jy moet wegkruip vir die lewe so bes jy kan, dat dit beter is vir jou om te parkeer in die lewe, asof avontuur die laaste ding is wat jy moet aanvat. Terselfde tyd, jy stry met die lewe en ander vir als wat jy werd is. Wat doen jy hier, geliefdes, as jy nie wil opstyg nie? Wees lig van voet en lig van verstand. Geen meer debateer nie.

Jy het na groot lengtes gegaan om jouself te beperk om jou verantwoordelik te maak vir die lewe wat jy lei. Jy lei jou lewe. Waar sê dit dat jy net 'n volger moet wees, net te volg en die heel pad te kla? Jy moenie 'n dud wees wat nooit afgaan nie!

Maak jouself wakker. Dalk is dit tyd dat jy wakker word van die vermindering wat jy op jouself plaas. Watter probleem jy tans in is, jy het jouself daarin gekry. Nou moet jy jouself uit kry, maar nie deur die gewoonlike stryery en om iemand anders die skuld te gee nie. Genoeg van opponerend wees. Stop om aan jouself dieselfde ou geskille te bewys.

Wat bedoel Ek wanneer Ek aan jou sê, "Staan op." Wat bedoel Ek wanneer Ek sê, "Staan op tot jou natuurlike statuur." Wat bedoel Ek wanneer Ek sê:

Selfs al is jy vreesbevange, staan op. Staan op in elk geval.

Ek bedoel, Staan op.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"