Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5554 Jy Is 'n Pendelaar In Die Lewe

God het gesê:

Daar is kere wat jy eerder alleen wil wees as in die teenwoordigheid van ander. Daar is kere wat jy belemmer of terug gehou word deur die teenwoordigheid van selfs vriende. Daar is kere wanneer ander jou gedagtegang breuk of lyk inbraak op jou lewe te maak deur hul teenwoordigheid.

Inteendeel, wanneer jy alleen voel en nie alleen wil wees nie, dan mag jy hopeloos en ongeliefd voel. Jy mag nie eens weet wie se kameraadskap jy benodig nie en, tog weet jy jy is sonder dit. Jy is seker dat jy bedoel is om dit te hê. Iets is kort in jou lewe wat hier moet wees vir jou. Somtyds voel jy soos die eensaamste mens in die wêreld.

Somtyds mag jy voel dat Ek, God, is 'n swak plaasvervanger vir 'n lewendige persoon behalwe vir jou. Jy mag smag na My teenwoordigheid, tog wil jy hê Ek moet die initiatief neem. Jy sal wil hê dat Ek gunstig teenwoordig is in jou lewe en Myself bekend maak. Jy huiwer. Somtyds voel Ek nie waar vir jou nie. Vir jou, is Ek ver weg, ander-wêrelds, dalk nie regtig hier nie.

Wat somtyds in die lewe gebeur is dat jy wil alleen pruil en al die wense wat jy bedink het, wense wat nie vervuld is nie en wat jy besluit het moet eers wag. En so wil jy hê en ook nie hê terselfde tyd nie. Jy stoot en trek, trek en stoot. Jy kla oor dit wat jy weg stoot. Jy wil dalk hartseer ontduik ten alle koste.

Jy soek 'n versekerde ding, of jy soek dit nie. Jy wil nie hê die lewe moet deurmekaar wees nie, en so gaan jou gedagtes vorentoe en agtertoe. Dit lyk of jy jouself in 'n kokon vou om jou te beskerm. Wat die kokon eintlik doen is om jou terug te hou. Beslis, dit is jy wat jouself terug hou wanneer jy eintlik moet vorentoe gaan.

Geliefdes, as iemand op Aarde omring is met hart rykdom wat jy wil hê, dan hoekom nie jy nie? Liefde, harmonie, en vrede is beskikbaar vir jou. Jy mag dink liefde, harmonie en vrede is nie vir jou bedoel nie. Jy trek styf, en jy sal eerder die werk van die lewe wil verlaat as om dit te druip.

Wat jy opgee op is die lewe en al sy bruisende en geleenthede wat wink vir jou. Dalk is jy te besig om die lewe te probeer voorkom voor dit jou kan bereik in volle-blom.

Jy het waargeneem dat dit wat die lewe jou stuur is nie jou koppie tee nie. Beslis, daar is ook daardie moontlikheid dat jy nie bewus kan wees van wat jou koppie tee is nie.

Grotendeels, daar is regtig geen manier om die lewe te vermy en op die kantlyn te hou nie. Op een of ander manier, sal die lewe na jou kom. Die lewe mag jou selfs bombardeer en jou in jou sokkies ruk.

Geliefdes, gaan vir die lewe. Gee die lewe 'n goeie kans. Jy kan nie regtig uit die lewe tree terwyl jy lewendig is nie. Die lewe gaan jou in elk geval gryp.

Jy is die oortreder van jou eie visie. Moenie langer ligloop nie.

Die lewe gaan uitpan in elk geval. Beter dat jy die lewe gryp by sy lapelle. Jy het gekies om lewendig te wees op Aarde, anders sou jy nie hier gewees het met die lewe wat wink nie.

Soos 'n pendelaar wat die bus na werk toe ry, is jy 'n pendelaar in die lewe. Jy ry tussen die gedagte om op die bus te klim of die gedagte om van die bus af te klim. Asof jy daarvan hou of nie, jy ry die Bus van die Lewe solank jy in die vorm van 'n liggaam op Aarde is. Jou bestemming is verseker, net soos jou aankoms op Aarde 'n sekerding was.

Jy is bestem om te ry af in die blykbare kronkelende pad van die lewe wat eintlik 'n droom is. Dit is jou verstand wat reis, geliefdes, in hierdie vrugbare opgemaakte geleentheid van jou Lewe op Aarde. In die droom, is jy die Bestuurder van die Bus asook die Ryer. Dus, jy is verantwoordbaar aan die Lewe. Die Lewe is nie verantwoordbaar aan jou nie.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn