Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5553 'n Paleis Van Wonders

God het gesê:

Jou siel is soos 'n gedig in die sin dat jou siel is magtig selfs al kan jy nie jou vinger daarop plaas nie. 'n Lyn in 'n gedig mag jou diep raak. Dit mag net 'n paar woorde wees wat krag en diep gevoel oor jou hou. Jy vang nie heeltemal die woorde of hoekom op Aarde jy so geraak is nie. Jy weet nie hoekom nie, maar, daar is jy, onder die towerspel van 'n paar eenvoudige woorde. Die poësie van jou siel trek jou aan. Jou siel is onweerstaanbaar. Dit lei jou na My. Selfs al weerhou jy enige steun vir My, ongeag, jy kom nader na die God binne jou.

Dit is al gesê musiek is die poësie van die siel. In elk geval, jou siel raak jou aan soos dit. Dit is buite jou limiet van kennis om pragtige musiek in woorde te vertaal, en, tog, hier is jy aangeraak, dalk selfs oorgevat deur die musiek, dalk vanuit die wêreld. Jy en die musiek is verby woorde. Woorde is nie nodig nie. Woorde gespreek, dalk, en verduidelikings van dit wat nie beskryf kan word nie mag dalk die krag weg vat, beperk die effek, selfs al was woorde moontlik.

Laat My dit sê: Die letterlike verstand kan eenvoudig nie ver genoeg reik nie. Die brein kan net so ver gaan. Die menslike hart, alhoewel, kan ver en wyd en naby reik en kan oor die beperkings van die geleerde verstand spring. Die intellek kan net so ver gaan, en dit is nie ver genoeg nie.

Daar is geen woorde vir jou siel soos dit jou hulp gee in tye van nood. Daar is geen woorde nie. Jy word vervoer verby woorde. Jy kom nader aan My. Beslis, hierdie is net een manier wat jy nader aan my kom.

'n Baba se gebabbel kan jou nader aan My bring. 'n Voël op die vleuel. Stilte in die woud. 'n Gesig in die skare. Die son, die horison, die onuitwisbare naglug mag jou omhels, en jou nader aan My bring. Die siel binne jou op die Aardse Reis wat jy op is nou sal jou onvermydelik nader bring aan My asof jy dit nou bewustelik herken, of nie.

Wat Ons van praat gaan verder as die uiterlike wêreld reg tot by die uitspansel diep binne in asof jy ge-teleporteer word na die sterre en verby die Melkweg al die pad na Oneindigheid - asof Oneindigheid 'n plek is wat op 'n kaart geteken kan word. Daar is geen kaart nie. As daar 'n kaart was, sal die kaart 'n vordering binne jou wees.

"'n Paar woorde in 'n gedig of 'n stukkie musiek vat my na Oneindigheid?" vra jy. Beslis, dit is waar jy was wanneer ookal jou verstand nie kan volg nie, waar jou verstand in die stof gelaat word, om so te praat.

Daar is groot krag in alles. Die tafel wat jy by sit. Die posisie van jou voete. Die wind wat waai. Die son op jou gesig. Die verlange van jou hart. Jy soek na jouself, jouself as hierdie wilde wese wat jy ken wat vind en nie vind nie en soek en soek, selfs nie eens weet wat hy of sy na soek nie, tog, in die soeke, lei jou vorentoe en hoër.

Die siel wat so diep en omvattend is binne jou soek om geken te word. Jou siel sal jou na die stille waters lei. Ja, regtig en waarlik het jy 'n siel wat na jou roep in die Stilte en sal jou ver vat verder as waar jy jou kop neerlê teen 'n kussing. Jy hoor 'n klanklose Stem wat jou weg roep en vat na 'n Paleis van Wonders waar individuele siele, insluitend joune, saamkom in Eenheid.

Kom, hoor My musiek. Dit sing in jou hart. Kom, hoor my poësie. Dit is woordloos. My poësie vloei deur jou are. Jou siel is volledig. Dit is nie jou siel wat afdwaal nie. Dit is jou verstand.

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"