Heavenletter #5542 Die Stuurwiel Van Die Lewe
God het gesê:
Jou hart is bedoel om die stuurwiel van jou lewe te wees. Jou vrese moet nie jou lewe stuur nie. Vrese is van die wêreld. Dit is asof die wêreld jou in-ent met vrees. Jy hou vas aan vrees asof vrees jou op 'n manier sal beskerm van wat jy sien as teenspoed wat dalk oppad na jou kan wees.
Inderdaad, Lewe op Aarde is 'n ervaring. Jy is bedoel om te ervaar. Jy is hier om hoër en hoër te gaan. Die lewe sal jou stimuleer op een of ander manier.
Jy mag sê dat jy avontuur begeer, tog mag jy eerder begeer om dieselfde te bly in 'n verbeelde gemakzone. Dit is 'n manier wat jy die lewe op 'n afstand van jou kan hou. Jy wil eerder die lewe terug hou. Eendag sal jy die lewe leef hart en siel, tog , nou, mag jy dalk eerder alles in die lewe in 'n hoek hou, oorgeskuif na die kant, om nie in die pad te kom van dit wat jy huidiglik dink is goed vir jou.
Jy mag dalk bewe aan die idee om die lewe te leef. Jy mag dit skaars waag om uit te gaan. Verstaan My. Ek sê nie jy moet die Lewe van die Partytjie wees nie. Ek sê nie jou lewe moet oproerig wees of dat jy 'n parade moet lei nie. Jy hoef nie 'n groot ekstrovert te wees nie. Jy hoef nie 'n groot handskudder te wees nie, tensy dit is wat jy is. Wanneer jy is soos jy is en jy probeer nie om 'n anderste prentjie van jou Self te wees nie, hou jy jou lewe en jou hart bymekaar.
Ek vra jou om die lewe te verwelkom en oop te wees tot dit. Moenie weg kyk nie. Moenie weier om geleentheid te sien of dit te aanvaar nie.
Ek sê aan jou:
Moenie jou oë afhaal van die lewe en wat die lewe jou offer. Laat vaar die idee dat die lewe jou sal storm en jou karnuffel. Jy mag dalk die verlede en ou wonde en sere in die wêreld uitwys en kapsie maak teen die lewe. Jy mag dalk Nee sê vir die lewe oor die algeheel. Jy mag dalk die lewe weier en probeer om apart van dit te staan. Of jy mag hier en daar gaan en oral op 'n vinnige trant in 'n poging om weg te hardloop van die lewe.
Wees eerlik. Jy mag wel die lewe voor jou sien as 'n gevaarlike afgrond waar enige iets kan gebeur. Hou in gedagte dat groot goed en vreugde kan ook gebeur. Dink aan dit. Jy is nie gedoem in die lewe nie. Jy is geseënd in die lewe, selfs al mag jou lewe lyk of dit teenstrydig is met jou wil. Die Lewe is ryk.
Huidiglik, gaan jy verouder maak nie saak wat jy daarvan dink nie. Die beste plastiese chirurgie hou nie, en, in elk geval, voorkoms is net voorkoms.
Veroudering in die wêreld maak verwysing van jou fisiese liggaam. Veroudering is getuienis van tyd in die wêreld. In Oneindigheid, is daar nie so iets soos veroudering nie, tog, op Aarde, is 'n vorm 'n vorm. Nogtans, vorm is nie wie jy is nie.
So, wie is jy? Watter prentjie van jouself verf jy in die wêreld? Ek het jou nie gemaak vanuit 'n koekie-snyer nie. Eenheid beteken nie dat jy die perfekte beeld van almal is en moet maak net soos die res doen nie. Wanneer jy bereid is om die skare te volg, wat mis jy? Volg My, geliefdes.
Jy is nie soos al die ander, soos bewys is in die wêreld. Jy het die geleentheid om die wêreld te sien vanuit jou eie venster. Dit is vir jou om die lewe te aanvaar soos jy dit sien. Leer wat jy kan van al die ander, tog al die ander moet jou nie stuur nie. Jy is jou eie God Wese. Wat inspireer jou? Daar is 'n reënboog vir jou, en dit mag wel nie die reënboog wees wat al die ander sien of selfs een ander persoon sien soos jy dit sien nie. Somtyds is jy die enigste een in die wêreld wat die wêreld sien soos jy die wêreld sien. Dit is 'n goeie ding, tog lyk dit of die wêreld uitskreeu: Wees soos al die ander. Wees dieselfde, of, ten minste, kom voor om soos al die ander te wees.
Die wêreld mag jou vertel: "Moenie uitgaan in die diversiteit van die wêreld nie. Die wêreld is 'n gevaarlike plek. Vermy om jouself te onthul ten alle koste. Wees net soos die res."
Ek sê verskillend. Ek sê gaan gaan uit. Vind uit wie jy is en wees wie jy is, selfs al is jy die enigste een. Wie moet jy wees as nie jouself nie? Of, selfs verder, jou Self?
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"