Heavenletter #5541 Hier Is God se Advies
God het gesê:
Daar is 'n momentum in die lewe. Somtyds hardloop jy opdraende, en somtyds vlieg jy afdraende. Jy het 'n sekere momentum in die lewe. Somtyds hoe meer opdraende jou reis is, hoe hoër lig jou energie jou. Dalk laat struikelblokke jou aanbeweeg en kry jou om te hop.
'n Maklike lewe is dalk wat jy mag hou van vir net so lank, vir weerstand in jou lewe kry jou aan die gang. As alles jou weg sou gaan, dalk sou jy soos 'n luiaard sit met jou voete op, wagtend vir al die goeie dinge om na jou te kom sonder dat jy 'n vinger lig.
Te dikwels lyk dit of jou lewe nie jou keuse is nie, tog, vir alle praktiese doeleindes, mag jy dalk presies kies wat jy kry. Jy mag voorprente sien. Jy mag dalk deels weet wat kom as jy bly soos jy is, en tog bly jy. Jy het die waarskuwings tekens gesien, tog het jy voort gegaan in elk geval. Jy het self-determinasie beoefen en jy was gefnuik.
Moenie spyt wees nie. As jy een pad in plaas van 'n ander gekies het, maak nie saak wat nawete sê nie, jy het iets vervul. Verseker, jy het dalk jouself in 'n penarie gekry, en nou het jy 'n presiese pad voor jou wat jy moet los skud.
Jy het gehoor daar is 'n rede vir alles. Somtyds kan jy 'n rede of moontlike redes sien, en somtyds kan jy eenvoudig net nie. Jy weerstaan die draai in die pad wat jy gevat het, en vergeet dat jy keuses het, selfs al het jy gekies wat jou enigste opsie was. Niemand het jou teen die muur geplaas nie.
Om jouself verantwoordelik te hou beteken nie dat jy jouself moet laat skuld-belaaid voel nie. Skuld gevoel is 'n veel minder staat van bewustelikheid as verantwoordelikheid. Verantwoordelikheid hou jou tot rekenskap. Op een of ander manier is jy hier, en nou is dit jou keuse om 'n pad uit te vind, of, as nie uit nie, 'n manier om 'n keuse te akkommodeer wat jy vroeër gemaak het sonder om die gevolge te verstaan. Nietemin, jy het veroorsaak om op een plek te land in plaas van 'n ander. Jy is jou eie voorskip.
Op 'n manier, is almal blind. En, almal, vroeër of later, begin om meer duidelik te sien. Vir die meeste gedeelte, mag jy die sondebok in jou lewe wees, en jy dra die verantwoordelikheid vir jou skrape en kneusplekke.
Volg jou hart. Voor jy jou hart kan volg, word jy opgeroep om die rigting te vind wat jou hart regtig in wil gaan. Vat verantwoordelikheid voor die feit.
Jy het onbeperkte keuses voor jou. Twee adviese is: Kyk voor jy spring. 'n Ander is: Gooi versigtigheid voor die wind. Geliefdes, in terme van die wereld, kan jy vertrou-gebaseer of vrees-gebaseer wees. Wat veronderstel jy werk beter?
Kyk altyd voor jy die straat oorsteek. Elke keer. Omdat jy die vorige keer gekyk het is dit nie van toepassing hierdie keer nie. Jy is verantwoordelik om te weet wat jy doen en waar jy gaan. Nie van die gewig van vrees nie, egter.
Wie ookal jy is, en waar ookal jy is, asof jy jouself sien as waardig of onwaardig, hierdie is My advies aan jou:
"Moenie oor jou skouer kyk nie. Moenie terug kyk nie. Vergeet die verlede, en gaan vorentoe."
Jy mag wel wil weet wat jou toekoms is voor die feit. Jy mag begeer om te weet met presiesie alles wat gaan gebeur. Jy mag dink hoe lieflik dit sal wees vir jou om jou toekoms te weet, selfs al mag jou toekoms nie wees wat jy wil gehad het nie. Jy wil gereed maak vir alles wat gaan kom, asof jy regtig kan gereed maak voor die tyd vir alles wat in jou lewe gaan gebeur.
Kyk na die goeie, geliefdes. Wed op die goeie. Berei voor vir die goeie. Stel jou hart in vir die rigting wat jy wil gaan, en eenvoudig vaar vorentoe.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"