Please read the Guidelines that have been chosen to keep this forum soaring high!

Heavenletter #5540 Vergewe Ander Vir Jou Persepsie Van Hulle

God het gesê:

Om te vergewe is om te laat vaar. Om onvergifnis te het, is om vas te hou met al jou krag as of 'n oortreding noodsaaklik is vir jou lewens pad. Jy hou vas om nie te laat vaar nie. Om vas te hou is 'n aanhangsel. Wie is jy om nie te laat vaar van dit wat jy dink is 'n oortreding op jouself?

Iemand het op jou toon getrap. Op 'n sekere punt, wie dit ookal was, het opgehou om op jou toon te trap. Hy mag wel selfs verskoning gevra het. In ieder geval, hy het sy voet van joune afgehaal en weg geloop. Waarskynlik onthou hy die voorval wat jy as 'n geleentheid onthou glad nie meer nie, 'n groot geleentheid van hartseer vir jou, en jy onthou dit oor en oor. Selfs al was dit 'n klein oortreding, het jy dit ingebrand op jou hart. Iewers langs die pad, het jy hierdie tydsverloop as onvergeeflik aangekondig, en jy is nie in staat om dit te laat vaar nie, so jy hou dit lewendig en vir ewig rou, jy leef en herleef dit, en jy vryf jou hart op 'n rasper.

Dalk die een wat jy nie kan vergewe nie het skeef gekyk vir jou, en jy het nooit daardie kyk vergeet nie. Hy mag dalk nie eens vir jou gekyk het nie. Hy mag dalk van iets totaal anders gedink het. Jy het gedink hy het vir jou gekyk. In elk geval, jy hou aan om so te dink.

Wie is die oortreder hier? Wie hou dit aan die gang en wil dit nie laat vaar nie? Hoekom, dit is jy wat aan die hef hou.

Daar is ongelooflike stories van mense wat van oorttedings laat vaar het, ernstige oortredings, nie die klein voorvalle wat so dikwels My kinders pla nie.

Groot of klein, jy pla jouself. Wanneer jy laat vaar, doen jy nie 'n guns vir 'n ander nie. Wanneer jy laat vaar, stop jy om jouself te pla.

Bewustelik, nou onmiddellik, laat jouself van die hoek af. Vergewe almal vir alles. Doen dit in een aksie. Kom nou, laat vaar die aasvoëls van die verlede wat aan jou hang vir hul lewens. Namens jou liewe lewe, laat vaar dit.

Iemand anders is werklik nie die maker van jou nie. Jy is die maker van jou. As iemand se kyk of aksie jou aanstoot gee gebaseer op werklike gebeure van groot omvang of jou eie opgeblaaste sensitiwiteit, wil jy dit regtig hou vir die nageslag? Dalk het iemand belowe om jou lief te hê vir ewig, en het nie, en jy plaas hom in 'n grot van jou hart.

Geliefdes, as jy aan die verlede vas hou, wanneer gaan jy dit laat vaar. Wanneer gaan jy jouself vry maak?

Vat twee tree vorentoe. As een voet van jou aan die verlede vas hou, is dit een voet te veel. Behou jou drome. Verseker, behou jou pragtige drome en laat vaar slegte drome van wat ander gedoen of nie gedoen het wat impak maak op jou.

Spring verby die verlede, spring, los die verlede agter jou. Sê, "Vaarwel, Nuttelose Verlede."

Jy is bewus dat jy moet van ou truie ontslae raak wat jy in 'n tas weggebêre het.Jy moet eenvoudig net van als van die verlede laat gaan en vandag se sonskyn kies. Wolke gaan berby. Daar is 'n goeie rede vir dit, sodat jy die lewe kan seën vir ander en jou lewe open vir moontlikhede.

Dit is nie vir jou om ander mense op te som en hulle te kram aan die Lot van Jou Lys van die Harte se Onvergifnis. Dit is jou hart waarmee Ons gemoeid is. Vergewe jouself vir jou oortredings.

Kom uit die hard-geharte vorm. Hard-gehartheid is nie krag nie. Dit is swakheid.

Hoor Ek jou sê dat jy nie 'n ander kan vergewe vir jou persepsie van hom? Verander dan jou persepsie van hom.

Jy hoef nie te aanvaar om te vergewe nie. Jy gee niks op nie behalwe 'n oortteding wat jy in jou hart gestoor het. Gee dit op met graagte.

Kap jy dat jy net nie kan vergewe nie, probeer soos jy wil?

Dan vergewe jouself dat jy onvergeeflik is. Moet net nie so hard probeer nie. Net soos jy gemorspos weggooi in 'n weggooi mandjie sonder 'n tweede kyk, gooi af wat jy rond gedra het wat regtig nie joune was om te dra nie.

Gooi die verlede af en skreeu, "Halleluja!"

"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"