Heavenletter #5534 Jou Gemoeds Toestand
God het gesê:
As jy kan aanvaar dat jy My Geliefde is, wat sal daar wees vir jou om ooit oor te kommer?
As jy My manier van dink kan kies, wat kan fout wees?
Wanneer julle, My kinders, wat glo in julle eie kloppende harte so baie in My hart kan glo, watter vrese sal julle het en hoeveel sal julle op reageer?
Wanneer jy meer vertroue het in jou eie gedagtes en die wêreld se gedagtes as wat jy het in My denke, wat dink jy, en wat voorspel jy, en wat kultiveer jy?
Jy sal hou daarvan om op God te kan vertrou. In God, sal jy lief wees om te vertrou, maar wanneer jy vrees meer vertrou as wat jy My vertrou, wat verwag jy?
Beslis, jy sal graag eerder vertroue in My aanvaar as jy net kon. Sonder vertroue in My, geliefdes, vertrou jy die chaos van die wêreld, dit wat jy sien, en dit wat jy hoor van en van lees. Oor die algemeen is chaos meer opmerkbaar as vrede. Vir jou oë, is vrede meer soos 'n skoon begin of 'n sekere soort nie-entiteit. Vrede hou nie die hindernisse wat skermutselings doen nie, so dit is nie so maklik om vrede uit te wys nie.
Na die laaste Wêreld Oorlog - die wêreld was onskuldig nietemin- toe vrede verklaar was, was daar dansery in die strate! Wat 'n Heerlike Dag dit was van oorlog na vrede. Vrede het uitgestaan.
Alas, vrede het 'n ou hoed geword en was nie so dinamies soos dit eens was nie. Alas, ander probleme het gegroei en die momentum van vrede het afgewyk en was nie so duidelik om te sien nie.
Kan dit moontlik wees dat My kinders soek vir moeilikheid meer as wat hulle Vrede soek? Kan dit wees?
Hoe kan jy pyn-vry word sonder om jou toon te stamp om die gevoel van pyn wat jou verlaat te voel en so die vryheid van pyn te waardeer?
As die aandag tot die lewe in die wêreld omgekeer kan wees. Wat as dit nie nodig was vir woede om gelos te moet word vir die ervaring van die besluit wat vrede en vreugde bring? Wat as jy 'n dieper asem kon haal sonder om die rook van 'n sigaret in te trek?
Hoekom nie begin met vrede nie? Hoekom moet My kinders eers lyding het om dan hoër te kan styg? Dit blyk die geval te wees, dat daar een of ander onsekerheid eers moet wees en dan geseënde verligting daarna, en hierdie bevryding van vrees word genoem blydskap.
Die wêreld mag trots het in gesonde verstand, tog wat se verstand is dit om pyn te bevoordeel voor die vrede wat jy eintlik soek in die eerste plek? Of, bevoordeel My kinders opgewondenheid oor die kalmte van vrede? Moet hulle? Moet jy?
Ek vra vrae vanoggend om jou wenkbroue 'n bietjie te laat lig en jou laat sien hoe gereeld en hoe baie jy pyn verwag , asof jy vir dit leef, asof pyn en die vrystelling van pyn jou eie Ware Liefde is.
Is jy verbaas om te ontdek dat jy gunsteling gespeel het met een of ander soort lyding of iets soortgelyks?
Ek vra jou om uit jou manier van dink te klim wat jy gereeld in is. Daar is ander hoeke om van te kom. Moet jy geheg wees aan vrees vir verlies? Wie sê dit is onafwendbaar? Nie Ek nie.
Die punt is dat drome wel waar word, en jy mag droom en skud meer vir 'n sin van verlies as wat jy aangaan met die drome wat jou hart die meeste begeer. Dalk is dit jou gewoonte om meer te fokus op wat jy vrees as dit wat jy wil hê.
Daar is baie moontlikhede in die wêreld. Enige iets is moontlik. Dit is ook moontlik dat vrees hoef nie voor vreugde te kom nie.
Dink meer aan vreugde en roep dit na jou. Okkupeer jou gedagtes met dit wat jy wil hê. Dink aan wat jy voor sal lief wees, en verbeel jou hierdie liefde uitspeel voor jou en outomaties meer liefde inbring en gee dit ook uit.
"Geskryf deur Gloria Wendroff
Vertaal deur Dawie Steyn"